Hoërhof beveel NDF om rekruut op werwingslys te sit - May 22, 2025
Die Windhoekse hoërhof het die Namibiese Weermag beveel om die 19-jarige Joel Jacob weer in sy Mei-inname werwingsprogram in te stel nadat hy aanvanklik nie op die lys was nie. Dit was ten spyte daarvan dat hy aan al die werwingskriteria voldoen het. Jacob het ‘n dringende aansoek teen die Weermag gebring na hy uitgesluit […]
FNB Namibië verwag laer inflasie-tendens sal voortduur - May 22, 2025
FNB Namibië het ‘n oorsig van en vooruitskouing vir die inflasiekoers vrygestel, wat volg op die Namibië Statistiek-agentskap se onlangse Verbruikersprys-indeks. Jaarlikse inflasie het in April tot 3,6 persent verlaag. FNB Namibië ekonoom Helena Mboti sê die tendens sal na verwagting voortduur.
Brandstofpryse tans ‘stil’, maar oppas vir Trump-effek - May 22, 2025
Die aankondiging van die brandstofpryse vir Junie word volgende week verwag. Terwyl daar aanduidings in Suid-Afrika is dat veral dieselpryse skerp kan daal, het internasionale oliepryse versterk na Amerikaanse intelligensie aangedui het dat Israel ‘n aanval op Iranse kernaanlegte beplan. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gepraat.
55 vermeende Telegram-pedofiele in Frankryk aangekeer - May 22, 2025
Vyf-en-vyftig mans is hierdie week in Frankryk in hegtenis geneem as deel van ‘n operasie om ‘n vermeende pedofielring op die Telegram-boodskaptoepassing te ontbloot. Die verdagtes tussen 25 en 75 sluit ‘n priester, ‘n paramedikus en ‘n musiekonderwyser in. Die mans het boodskappe op Telegram uitgeruil en was in kontak met pedofiele wat reeds sedert […]
Fernandes bied aan om ManU te verlaat - May 22, 2025
Sokker: Kaptein Bruno Fernandes het aangebied om Manchester United te verlaat as die klub die geld nodig het om te herbou na die teleurstellende nederlaag in die Europa Liga-eindstryd. United het gisteraand met 1-0 teen Tottenham verloor, om ‘n reeds ellendige seisoen vir die klub te vererger. Hoofafrigter Ruben Amorim het gesê as die klub […]
Beskerm biodiversiteit, dit gee lewe - May 22, 2025
Namibië vier saam met die wêreld Internasionale Biologiese Diversiteit-dag, wat elke jaar op 22 Mei herdenk word. Kenners benadruk die belangrikheid daarvan om biodiversiteit te bewaar, aangesien dit bedreig word deur klimaatsverandering en menslike aktiwiteite. Omgewingminister Indileni Daniel het by die amptelike herdenking in Otjiwarongo gesê Namibië is tans besig om sy derde nasionale biodiversiteitstrategie […]
Bibi stel strenger sekerheid by Israel-ambassades in - May 22, 2025
Eerste minister Benjamin Netanyahu het verhoogde sekerheidsmaatreëls ingestel by Israelse diplomatieke sendings wêreldwyd nadat ‘n gewapende man wat “free Palestine” geskree het, twee ambassadepersoneellede voor ‘n Joodse museum in Washington doodgeskiet het. Die minister van Buitelandse Sake, Gideon Saar, het die moorde toegeskryf aan ‘n vlaag anti-Semitiese en anti-Israelse aanhitsing en sê Europese regerings moet […]
Man in ‘n Pak’ wil wêreldrekord opstel om para-atlete te steun - May 22, 2025
James McCallum van Kaapstad, bekend as die “Man in ‘n Pak”, maak gereed om die wêreldrekord vir die vinnigste halfmarathon in ‘n volle pak klere by die komende 21 kilometer Kaapstad-hardloopfees te probeer oortref. McCallum se waaghalsige wedloop ondersteun Jumping Kids, ‘n organisasie sonder winsoogmerk wat gestremde atlete bemagtig. Hy hoop om gewone mense te […]
Bousektor sal na verwagting opbloei sien in 2025 - May 22, 2025
Goedgekeurde bouplanne in Windhoek het in April met 28 persent op ‘n maandelikse basis gedaal, en jaar-tot-datum was goedkeurings 10 persent laer. In Swakopmund is daar in April net een bouplan meer as in Maart goedgekeur, maar jaar-tot-datum het goedkeurings met 69 persent gestyg. Simonis Storm verwag egter ‘n opbloei in die sektor in 2025. […]
SA skuldkoste skiet die hoogte in - May 22, 2025
Suid-Afrika se skuldkoste styg skerp, met skuldbetalings wat nou 22 sent van elke rand wat ingevorder word, insluk. Ekonoom, Phelisa Nkomo, waarsku dat dit kommer wek oor ‘n potensiële skuldstrik. Terwyl baie lande skuld produktief gebruik om infrastruktuur soos paaie en telekommunikasie te bou, sê sy dat Suid-Afrika uitdagings in die gesig staar oor hoe […]