Space X Dragon op pad vanaf IRS met vol vrag - May 22, 2025

Die SpaceX Dragon keer môre van die Internasionale Ruimtestasie terug aarde toe met meer as 3 000 kilogram wetenskaplike proefnemings, hardeware en voorraad. Die ruimtetuig is geskeduleer om vanaand ses-uur vanaf die ruimtestasie te vertrek na sy sending van 30-dae. Die vrag sluit materiale in wat aan die ruimte blootgestel is, robotika wat ontwerp is […]

Read More

Rooikaart hou Willemse uit 2 Stormers-wedstryde - May 22, 2025

Rugby: Die Springbok-agterspeler Damian Willemse sal die Stormers se volgende twee Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryde misloop na sy rooikaart teen Cardiff verlede week. Sy skorsing van ses wedstryde is gehalveer en hy sal ook ‘n afslag van een wedstryd ontvang as hy Wêreldrugby se afrigtings-ingrypingsprogram bywoon. Dit beteken Willemse sal nie beskikbaar wees vir die Stormers se […]

Read More

Oyo span kuns op Keetmans in  - May 22, 2025

‘n Uitvoerende kunstefees vir die //Kharas-jeug, geborg deur Horizon Trust, vind vandeesweek plaas. Dit word gereël deur die Ombetja Yehinga-organisasie, Oyo, wat kuns inspan om ‘n kollig op maatskaplike kwessies te plaas. Dié groep het met die jeug op verskeie dorpe in die Suide gewerk en hulle gehelp om op Keetmanshoop vir die fees saam […]

Read More

Mboma, Masilingi nael eersdaags in Rusland  - May 22, 2025

Onsekerheid heers oor die deelname van Namibië se naellopers, Christine Mboma en Beatrice Masilingi, teen maandeinde aan die Kip Keino Classic Continental Tour Gold in Kenia. Volgens afrigter Henk Botha wag hulle nog vir die groenlig van die organiseerders, berig plaaslike media. Die twee atlete vertrek wel volgende week na Rusland om aan ‘n ander […]

Read More

Lüderitz gewild by waterstofberaad in Nederland  - May 22, 2025

‘n Afvaardiging van Namibië wat tans die World Hydrogen 2025 Summit & Exhibition in Rottemdam in Nederland bywoon, sê lewendige belangstellings heers om met die land saam te werk. Die beraad word as die invloedrykste ter wêreld beskou en is bekend vir groot transaksies en vennootskappe wat daartydens beklink word. Kosmos 94.1 Nuus met die burgemeester […]

Read More

Regering huur motors, eerder as koop  - May 22, 2025

Die regering het in April vir die twee opeenvolgende maand geen nuwe voertuie aangeskaf nie, ondanks die opheffing van ‘n moratorium op die verkrygings van amptelike motors. In hul ontleding van die jongste voertuigverkope, sê Simonis Storm die regering beskik wel oor nuwe voertuie, maar dit is waarskynlik gehuurde motors. Volgens die ontleders kan dié […]

Read More

Entstof teen servikale kanker môre in Namibië  - May 22, 2025

‘n Besending van die entstof teen die menslike papillomavirus, of HPV, kom môre op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aan. Dié entstof, ‘n verkryging van die regering, help om servikale kanker te voorkom. Die gesondheidsministerie sal besonderhede oor die veldtog bekendmaak, wat in samewerking met Unicef geskied. Kosmos 94.1 Nuus het met Walters Kamaya, die woordvoerder […]

Read More

Rand, Namibiese dollar bly water trap - May 22, 2025

Die Suid-Afrikaanse rand, en dus ook die Namibiese dollar, het vanoggend bestendig verhandel terwyl markte tot verhaal kom ná Woensdagaand se ontmoeting tussen president Cyril Ramaphosa en sy Amerikaanse eweknie Donald Trump, wat by tye onstuimig was. Een rand kos tans 18,03 Amerikaanse dollar, effe swakker as Woensdag se sluitingsprys.

Read More

Maak geld uit rommel!  - May 22, 2025

Die Windhoekse munisipaliteit het ‘n nuwe opleidingsveldtog vir afvalbestuur in die hoofstad van stapel gestuur. Rommel kan nou vir kontant ingeruil word in ‘n poging om herwinning te bevorder en ‘n skoon stad te verseker. Herwinbare rommel soos blikkies, plastiek, bottels en papier word per gewig by die munisipaliteit se sentrum in Hans-Dietrich Genscherstraat in […]

Read More

Kinders toenemend bysiende, maan kenners - May 22, 2025

 Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Pediatriese Oftalmologie sê miopie of bysiendheid neem teen ‘n kommerwekkende tempo toe en kan teen 2050 die helfte van die wêreldbevolking raak. Die toename word gedryf deur verhoogde skermtyd, binnenshuise aktiwiteit en beperkte buitespel. Tydens Miopie-bewustheidsweek waarsku die organisasie se president, Helga Abrahamse-Pillay, dat kinders veral in gevaar is, met swak visie […]

Read More