Indiese skrywer wen Booker-prys - May 22, 2025
Die Indiese skrywer, prokureur en aktivis, Banu Mushtaq, sê haar Internasionale Booker-prys vir fiksie bevestig dat die wêreldgemeenskap kan gedy wanneer dit verskeidenheid omhels. Sy het die prys gewen vir haar kortverhaal-bloemlesing, Heart Lamp, met 12 kortverhale wat oor ʼn tydperk van meer as 30 jaar geskryf is. Dit is die eerste keer dat die prys […]
Rugby: Wêreldwyse proeflopie met rooikaarte - May 22, 2025
Wêreldrugby se raad het die wêreldwye proeflopie van die 20-minute-rooikaart goedgekeur, ondanks weerstand van verskeie internasionale unies, insluitend Frankryk en Ierland. Die kaart is die afgelope seisoen in die noordelike halfrond getoets. Die reël laat toe dat ‘n speler wat vir ongeoorloofde spel gestraf is, ná 20 minute deur ‘n ander speler vervang kan word. […]
Windhoek skitter op StartupBlink-indeks - May 22, 2025
Namibië het sy beste vertoning nóg op die Global Startup Ecosystem Index gelewer met ‘n styging van twee plekke op StartupBlink se 2025-rangleer. Dié indeks meet hoe gunstig die sake-omgewing is vir besighede om te begin. Namibië lê nou 85ste uit 100 lande wêreldwyd en tweede hoogste in Suider-Afrika. Windhoek het uitstekend gevaar en met 104 plekke […]
Limpopo-polisie slaan slaag met oorgrens-operasie - May 22, 2025
Die polisie in Limpopo het 12 gesteelde voertuie teruggevind in ‘n weeklange teensmokkel-operasie waarin oorgrens-sindikate geteiken is. Een verdagte is in hegtenis geneem tydens twee belangrike optredes in Musina en nog een in Polokwane. ‘n Polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba, sê die voertuie, wat in Gauteng gesteel is, is by Beitbrug, Mokopane en Witbank onderskep:
Trump: ‘Sonder Amerika is G20 niks’ - May 22, 2025
President Donald Trump sê die G20-leiersberaad wat in November in Johannesburg plaasvind, sal betekenisloos wees as Amerika nie deelneem nie. Hy het in April gesê daar kan nie verwag word dat hy die beraad bywoon terwyl die Suid-Afrikaanse regering volgens hom grond in wit besit onteien en die nasate van wit setlaars vervolg nie. Trump […]
Krieket: Mumbai Indians in IPL-uitspeelronde - May 22, 2025
Die Mumbai Indians het die Delhi Capitals met 59 lopies verslaan vir ‘n plek in die Indiese Premierliga se uitspeelronde. Suryakumar Yadav het ʼn onoorwonne 73 van 43 balle behaal en Mumbai het 180 vir vyf in hul 20 boulbeurte aangeteken. In antwoord daarop het Mitchell Santner en Jasprit Bumrah met die bal beïndruk en elkeen drie paaltjies platgetrek. Delhi is op 121 […]
Nasionale strategie vir rehabilitasie in wording - May 22, 2025
Die gesondheidsministerie is besig met die saamstel van ‘n nasionale stategie om mense wat met gestremdhede saamleef, met hul rehabilisasie te help. Dit sluit mense in wat in ongelukke betrokke was en diegene met geestesversteurings. Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie, Penda Ithindi, is terugvoering van belangehebbers noodsaaklik vir die doeltreffendheid van die strategie.
‘SA het ‘n probleem met landelike veiligheid’ - May 22, 2025
Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika het ʼn probleem met landelike veiligheid. Hy sê kleinskaalse boere waarvan baie swart is, word lukraak geraak. Steenhuisen was Woensdag by die Withuis deel van die ontmoeting tussen president Cyril Ramaphosa en die Amerikaanse president Donald Trump. In reaksie op die video van die EFF-leier Julius Malema wat […]
Dodelike aanval by Joodse museum in Washington - May 22, 2025
Twee personeellede van die Israeliese ambassade is Woensdagaand buite ‘n geleentheid by die Capital Jewish Museum in Washington doodgeskiet. ‘n Man is buite die museum gesien rondloop voordat hy losgebrand het en ‘n man en ‘n vrou getref het. Die vermeende aanvaller het “bevry Palestina” geskree terwyl hy in hegtenis geneem is.
Sokker: Tottenham wen Europese Liga - May 22, 2025
Tottenham Hotspur het Manchester United in Bilbao, Spanje, met 1-0 geklop om die Europese Liga-eindstryd te wen. Brennan Johnson se doel in die eerste helfte was bepalend en Tottenham het hul eerste trofee in 17 jaar gewen. Met hul sege in die Europese Liga, kwalifiseer Ange Postecoglou se manne vir volgende seisoen se Kampioeneliga. United sal vir die […]