Vroue-Wêreldbeker lok 60 miljoen kykers - October 17, 2025

Die Vroue-Wêreldbeker het alreeds rekord-kykerstalle behaal met 60 miljoen aanhangers wat ingeskakel het om die eerste 13 eendagwedstryde te sien. Dit is die eerste vrouetoernooi waar die prysgeld meer is as die vorige mans-eendag-Wêreldbeker. Daar is agt spanne wat aan die 13de weergawe van die 50-boulbeurt-toernooi deelneem. Die skouspel, wat in Indië en Sri Lanka […]

Read More

Walvis-man deur vragmotor doodgery terwyl hy kos by stortingsterrein soek - October 17, 2025

Die voorkoms van mense wat kos soek op stortingsterreine het Woensdag tot die dood van die 27-jarige Tuhafeni Haufiku gelei. Die Erongo-polisie sê die bestuurder van ‘n munisipale stortingsvragmotor was op pad na die stortingsterrein om vullis te stort toe Haufiku, van die stortingsterrein af, saam met ander die vragmotor begin jaag het om op […]

Read More

Voedselsekerheid verbeter effe in SA – Shoprite - October 17, 2025

Die Shoprite-groep het ‘n effense verbetering in Suid-Afrika se voedselsekerheid vir die jaar gerapporteer. Volgens sy onafhanklik-saamgestelde Suid-Afrikaanse voedselsekerheidsindeks het dit landwyd tot 56,4 punte gestyg, teenoor 44,9 punte verlede jaar. Terwyl die meeste provinsies winste aangeteken het, het die Oos-Kaap agtergebly, en huishoudings met vroue aan die hoof bly meer kwesbaar. Sanjeev Raghubir van […]

Read More

John Bolton, Trump-kritikus, formeel aangekla - October 17, 2025

Die Amerikaanse Departement van Justisie het president Donald Trump se voormalige raadgewer oor nasionale sekuriteit, John Bolton, strafregtelik aangekla. Volgens die klagstaat, staar die 76-jarige Bolton agt aanklagte dat hy inligting oor nasionale verdediging versprei en tien aanklagte dat hy inligting oor nasionale verdediging verswyg het, in die gesig. Aanklaers beskuldig hom dat hy onwettig […]

Read More

Roar begin vier aande van gebed, vir die land se kinders - October 17, 2025

Roar Namibia, ‘n aanlyn gebedsgroep, begin vandag vier aande van gebed. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het groeplid Liesel Venter gesê die sessies sal gewy word aan gebed vir die land se kinders. Sy sê dat baie kinders by ‘n kruispad is en ernstige uitdagings soos dwelm- en alkoholmisbruik, sowel as misdaad, in […]

Read More

Holistiese jeuggesondheid onder die loep by #BeFree - October 17, 2025

Die One Economy Foundation, deur sy geassosieerde programme, die #BeFree-beweging en die #BreakFree Anti-Violence-veldtog, bied vandag die eerste SparkRx Jeuggesondheid-innoveringsberaad aan. Die inisiatief, wat plaasvind by die #BeFree Jeugkampus Spark-saal in Windhoek, sal regeringsleiers, jeuginnoveerders, akademici en die burgerlike samelewing bymekaarbring om die kruispunt van geslagsgeweld en vrouemoord, seksuele en reproduktiewe gesondheid, en innovasie te […]

Read More

Ministerie hersien jaarlikse toelaag van N$15, vir sanitêre doekies - October 17, 2025

Die geslagsgelykheid- en kinderwelsynministerie heroorweeg die beleid wat 15 Namibiese dollar per meisie per jaar vir sanitêre doekies toeken. Lynminister Emma Kantema-Gaomas het in die parlement gesê dat die ministerie saam met die ministeries van onderwys en finansies gaan werk om te kyk hoe om beide meisies en seuns die beste te help met persoonlike […]

Read More

Twee dogtertjies, 1 en 4, brand dood - October 17, 2025

‘n Tragiese voorval het Woensdagnag om middernag by die DRC-nedersetting in Swakopmund voorgekom. ‘n Man se huis het begin brand en toe hy buite kom het nog ‘n huis gebrand maar die deur was gesluit. Hy het die deur afgeskop en ‘n kind van sewe het ongedeerd uitgekom maar twee ander kinders, een en vier […]

Read More

NamPost ‘werk aan die probleme’ - October 17, 2025

NamPost se uitrol van toelaagbetalings het deurgeloop onder skerp kritiek, na pensioenarisse ure in die son moes staan, sonder toiletgeriewe of water. In die Epupa-kiesafdeling moes bejaardes twee dae wag en sommiges is steeds nie betaal nie, en in Rundu en Okahandja was daar ook reuse-uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Joseph Teofelus, NamPost […]

Read More

Bokke is volgende jaar gasheer vir All Blacks in Rivalry-toer - October 17, 2025

Rugby’s Greatest Rivalry-toer tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland is amptelik bevestig. Tydens die afwisselende vierjaarlikse toer sal die Springbokke in Augustus en September volgende jaar gasheer wees vir die All Blacks. Nieu-Seeland sal teen die Stormers, Haaie, Bulle en Leeus speel, asook ʼn reeks van vier toetse teen die Bokke. Drie toetse sal in Suid-Afrika plaasvind […]

Read More