Nanso wil skoolkinders help beskerm - May 22, 2025
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ‘n veldtog van stapel gestuur om die veiligheid van kinders by skole te verseker en geslagsgebaseerde geweld landwyd te takel. Dit volg ná ‘n vlaag moorde en aanvalle onlangs op leerders op Okahandja. Die veldtog, onder die vaandel #ProtectingTheNamibianChild, begin môre amptelik op dié dorp. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Hoop vir Musk se Starlink-drome - May 22, 2025
President Cyril Ramaphosa sê die moontlikheid dat Elon Musk se Starlink na Suid-Afrika kom, is nie Woensdag tydens die ontmoeting met president Donald Trump van Amerika bespreek nie. Die regering beplan om wette oor plaaslike swart eienaarskap te omseil sodat die Starlink-internetdiens in die land gebruik kan word. Ramaphosa het aan die media gesê hulle […]
VN se Guterres vra vir harmonie met natuur - May 22, 2025
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het gewaarsku dat die verlies aan biodiversiteit ‘n wêreldwye krisis is wat geen land kan ignoreer nie. Vandag is Internasionale Biologiese Diversiteitsdag met die tema, harmonie met die natuur en volhoubare ontwikkeling. ‘n Miljoen spesies staan die gevaar om uitgewis te word terwyl menslike aktiwiteite 75 persent van landelike […]
Rugby: Dis vasvattyd vir die Bokke! - May 22, 2025
Die Springbokke begin vandag hul tweede en laaste belyningskamp vir die internasionale seisoen in Kaapstad. Altesaam 36 spelers sal die kamp fisies bywoon, en 18 oorsese spelers sal virtueel aansluit. Suid-Afrika se eerste toets van die jaar is op 28 Junie teen die Barbarians in Kaapstad. Dit word gevolg word deur toetse teen Italië in […]
NR roep hokaai met hookah - May 22, 2025
Lede van die Nasionale Raad wil ‘n algehele verbod op hookah-pype en vapes in Namibië hê en het ‘n beroep op die regering gedoen om die wetgewing op die beheer van tabakprodukte te hersien. Die stap volg op besoeke aan die Hardap-, Khomas- en Erongo-streke laas Augustus. Volgens die Nasionale Raad is die gebruik van […]
SA-soldate in DRK more oor toelae - May 22, 2025
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die onduidelikheid uitgeklaar oor die toelaestruktuur vir troepe wat op buitelandse sendings ontplooi is. Dit volg op berigte dat die weermagsoldate wat as deel van die sending van Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in die DRK ontplooi is, na bewering slegs 34 000 rand per maand ontvang het. Dít ten spyte daarvan dat […]
Selfdoodaanval op skoolbus in Pakistan - May 22, 2025
Drie leerders en twee volwassenes is dood, en minstens 38 mense gewond in ‘n selfdoodaanval op ‘n skoolbus in die suidweste van Pakistan. Amptenare sê die jongste aanval beklemtoon die verslegtende veiligheidsituasie in die gebied. Die ontploffing in Khuzdar in die provinsie Balochistan het ‘n skoolbus met militêre amptenare se kinders geteiken. Pakistan se Weermag […]
Sokker: Mamelodi Sundowns, Pyramids in CAF-eindstryd - May 22, 2025
Mamelodi Sundowns en Pyramids van Egipte speel Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar in die eerste wedstryd van die CAF-Kampioeneliga-eindstryd. Sundowns, wat pas sy agtste agtereenvolgende Premierliga-kroon ingepalm het, mik na sy tweede Afrika-titel. Pyramids, wat in sy eerste eindstryd speel, kom voor ‘n ervare Sundowns-span te staan wat Al Ahly in die […]
Gobabis reg vir NLU se Agribraai - May 22, 2025
Die jaarlikse Agribraai van die Namibiese Landbou-unie begin môre op Gobabis, met 12 boereverenigings en sewe sosiale spanne wat dinge vir mekaar gaan warm maak. Die Kalahari-Oos Boerevereniging, verlede jaar se braaikampioene, is vanjaar die gasheer. Die fokus van die naweek is om jong boere te ondersteun en te inspireer. Kosmos 94.1 Nuus het met […]
Fietsry: Holtrup trap flink in Mallorca - May 22, 2025
Nina Holtrup van Swakopmund en haar Duitse spanmaat Verena Walter was Woensdag goed geplaas om die kompetisie vir spanne van twee in die Termes53 bergfietsresies op die Spaanse eiland Mallorca te wen, berig Sport Wrap. In dié ultra-resies moet ryers hul eie voorraad en toerusting saamdra en kan hulle nie op enige ondersteuning staatmaak nie. Hul […]