ReconAfrica soek steeds groter stuk van Kavango-kom - May 22, 2025
ReconAfrica en Namcor spook steeds om ‘n transaksie te voltrek ingevolge waarvan die Kanadese olie- en gasmaatskappy die helfte van Namcor se belange van 10 persent in ‘n eksplorasielisensie in die Kavango-kom in die noordooste van Namibië sal verkry. ReconAfrica het Woensdag gesê onderhandelinge met dié transaksie, wat reeds sedert 2022 voortsleep, is steeds aan die […]
NNN praat met Mosambiek, Zimbabwe en Tanzanië - May 22, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdagaand teruggekeer van ‘n werksbesoek aan Mosambiek, Zimbabwe en Tanzanië. Die bevordering van handel, veiligheid en ontwikkeling was op die president se agenda. Die woordvoerder van Staatshuis, Alfredo Hengari, het die reis as suksesvol beskryf.
Motorbedryf in rat vir toerismeseisoen - May 22, 2025
Namibië se toerismebedryf is in rat vir die komende seisoen met motorverhuringsmaatskappye wat in April 149 nuwe voertuie aangeskaf het. Die meeste hiervan, altesaam 131, was passasiersmotors, sê Simonis Storm in hul ontleding van die jongste verkoopsyfers. Volgens Simonis Storm dui dit op veral buitelandse toeriste wat toenemend verkies om self deur die land te […]
Geen wit volksmoord in SA, sê Ramaphosa wéér - May 22, 2025
President Cyril Ramaphosa het herhaal dat daar geen wit volksmoord in Suid-Afrika is nie. Hy het Woensdag met president Donald Trump in die Withuis vergader, na maande van kritiek deur Amerika, insluitend bewerings van volksmoord teen wit boere. Ramaphosa het gesê mense wat in die land vermoor word, is nie net wit nie. Hy het […]
Wêreldrampe knou ook plaaslike versekeringsbedryf - May 22, 2025
Die Namibiese Toesighoudende Owerheid van Finansiële Instellings, Namfisa, sê wêreldverwikkelinge soos reuse-rampe wat die koste van herversekering raak, het ‘n impak op die plaaslike versekeringsmark en –premies. Die uitvoerende hoof van Namfisa, Kenneth Matomola, het in ‘n onderhoud met The Brief gesê oorsese katastrofes soos orkane, aardbewings en veldbrande kan ‘n invloed hê op herversekeringkoste […]
AfriForum: ‘Finansminister op regte pad’ - May 22, 2025
AfriForum het die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede verwelkom as ‘n stap in die regte rigting en prys besnoeiings aan staatsbesteding. Die groep waarsku egter dat hoë belastingkoerse en onaangepaste belastingkategorieë steeds groei belemmer. Die woordvoerder van AfriForum, Louis Boshoff, sê die opgeblase kabinet en stygende salarisrekening moet aangespreek word. Hy voeg by […]
Trump lei Ramaphosa in lokval in Withuis - May 22, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump het president Cyril Ramaphosa gister tydens ‘n vergadering in die Withuis in ‘n lokval gelei deur video’s te speel wat volgens hom verband hou met bewerings van volksmoord in Suid-Afrika. Die geredigeerde videomontage wys die EFF-leier Julius Malema wat “Kill the Boer” sing. Trump sê wit Suid-Afrikaners vlug weens die […]
Krieket: Laaste groepwedstryd in IPL komende Dinsdag - May 22, 2025
Die laaste groepswedstryd van die Indiese Premierliga word Dinsdag gespeel. Die eerste vier spanne gaan dan deur na die uitklopronde, wat volgende Donderdag begin met die eerste kwalifiseerder tussen die voorste twee spanne. Die wenner dring regstreeks deur na die eindstryd op 3 Junie. Die verloorder wag op die wenner van die elimineerder om te […]
Swapo-LP vurig oor ECB, kragtariewe - May 21, 2025
Swapo-LP Andreas Amundjindji het tydens ‘n sitting van die Nasionale Raad teen die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) uitgevaar en gesê die goedgekeurde tariefverhoging van 3,8 persent wat in Julie in werking tree, plaas geweldige druk op die verbruiker. Amundjindji het voorts die salarisse en bonusse van die ECB skerp gekritiseer en gevra dat die regering moet ingryp:
Belastingnuus vir suiker stroopsoet - May 21, 2025
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging verwelkom die minister van finansies, Enoch Godongwana, se besluit om nie die gesondheidsbevorderingsheffing, algemeen bekend as die suikerbelasting, in sy jongste begroting te verhoog nie. Die handhawing van die huidige koers vermy verdere skade aan werksgeleenthede in landelike gebiede in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die organisasie se voorsitter, Higgins Mdluli, sê die belasting […]