Afrika vat klimaatstryd ruimte toe - May 21, 2025
Afrika het amptelik sy eerste kontinentale ruimteagentskap onder die Afrika-Unie bekendgestel, met die hoofkwartier in Kaïro, Egipte. Die Afrika Ruimteagentskap beoog om gefragmenteerde pogings nasionaal te koördineer, satelliete te lanseer en die deel van klimaatsdata te verbeter. Met 63 satelliete wat reeds deur 18 Afrikalande gelanseer is, sal die agentskap voortbou op bestaande pogings om […]
Cornal Hendricks Sondag op Wellington begrawe - May 21, 2025
Die voormalige Springbok-vleuel Cornal Hendricks sal Sondag vanuit die NG Kerk Moedergemeente in Wellington in die Boland ter ruste gelê word. Die 37-jarige is verlede week oorlede, vermoedelik aan ‘n hartaanval. ‘n Hartkwaal het hom in 2015 op die kantlyn gelaat nadat hy 12 toetse vir Suid-Afrika gespeel het, maar hy het vier jaar later […]
Sterk winde stook risiko vir veldbrande - May 21, 2025
Die omgewingsministerie het ‘n beroep op waaksaamheid teen veldbrande gedoen en gevra dat die nodige voorsorg daarteen getref word. In ‘n verklaring vandag sê die ministerie die risiko vir veldbrande in Namibië is tans baie hoog. ‘n Goeie reënseisoen het vir welige veld gesorg en brandgevaar verhoog met sterk winde wat tans waai, waarsku die […]
SA sny begroting vir soldate in DRK - May 21, 2025
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het die begroting vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se vredesending in die DRK verminder. Die begroting om die soldate veilig te onttrek, het egter tot R3 miljard gestyg. Godongwana het in sy begrotingsrede gesê hierdie verskuiwing weerspieël die beplande gefaseerde onttrekking uit die DRK, met meer fokus op kostedekking […]
Israelse weermag skiet op diplomate - May 21, 2025
Italië en Spanje het uitgevaar nadat skote gevuur is op diplomate wat die brandpuntstad Jenin aan die Wesoewer besoek het. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Kaja Kallas, het Israel versoek om ondersoek in te stel en diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik te hou. Die Israelse weermag sê soldate het waarskuwingskote afgevuur nadat […]
Krieket: Engeland se ‘onfikse’ vrouespan gaan les opsê - May 21, 2025
Die nuwe afrigter van Engeland se vrouespan, Charlotte Edwards, sê sy gaan volgende jaar minimum fiksheidstandaarde instel. Spelers se fiksheidsvlakke is gekritiseer tydens die nederlaag in die reeks om die As teen Australië, wat die vorige afrigter, Jon Lewis, sy pos gekos het en Heather Knight haar kapteinskap. Die span speel vandag in die eerste […]
Agra, SwiftVEE span saam vir aanlyn mark - May 21, 2025
Agra Limited het ‘n vennootskap aangegaan met SwiftVEE, Afrika se grootste aanlyn veilingplatform vir vee en wild. Die samewerking kombineer Agra se dekadeslange ervaring in plaasveilings met SwiftVEE se gevorderde tegnologie en kontinentale kopersnetwerk. Boere sal nou baat vind by tradisionele veilings met breër aanlyn blootstelling, regstreekse aanlyn bod, beter pryse en doelgerigte bemarking. Die […]
Sokkerspanne het steeds kans op premierliga - May 21, 2025
Verskeie sokkerklubs kan nog die Suidelike Stroom Eerste Divisie-liga wen en tot die Debmarine Namibië Premierliga bevorder word. Punteleerleiers Blue Birds kon slegs een punt uit ‘n moontlike ses oor die naweek optel en verskeie ander spanne is nou terug in die titelwedren. Blue Birds het 33 punte na 15 wedstryde, gevolg deur Friends op […]
Lening van N$1,5 miljard vir water onderteken - May 21, 2025
Die Namibiese regering, NamWater en die Duitse bank KfW het ’n leningsooreenkoms van 1,5 miljard Namibiese dollar onderteken om kritieke waterinfrastruktuur in noord- en noordoos-Namibië op te gradeer. Die projek sluit ’n nuwe 130-km pyplyn in wat meer as 27 000 mense van skoon water sal voorsien. Ander planne behels ontsoutingsaanlegte, verbeterde reservoirs en pyplyne, […]
Skokfonds in Katutura-rivierbedding - May 21, 2025
Die liggaam van ‘n 35-jarige vrou is vanoggend omstreeks 06:00 in die rivierbedding tussen Frans Hoesemab- en Fillemon Eichebstrate in Katutura gevind. Volgens omstanders was Delysia Garoës nog lewendig hul op haar afgekom het, maar het sy later beswyk. Volgens die polisie het die oorledende ligte snymerke aan haar voete gehad en was haar rok halflyf […]