Rhino Resources wikkel in Oranjekom - May 21, 2025
Rhino Resources meen hulle kan Namibië se eerste olieprodusent word ná die teenwoordigheid van ligte olie in die aflandige Capricornus 1X-eksplorasieput in die Oranjekom bevestig is. Kosmos 94.1 Nuus het Paulo Coelho, die woordvoerder van Namcor, om meer inligting oor die eksplorasie genader.
SA begroting: Finansminister briek BTW-verhoging - May 21, 2025
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het ekonomiese groei sonder besuinigingsmaatreëls belowe, ten spyte van Suid-Afrika se toenemende fiskale uitdagings. Hy het in sy derde begrotingstoespraak gesê die regering sal besteding oor die volgende drie jaar met 5,4 persent verhoog, terwyl hy die verhoging van BTW of die instel van groot nuwe belastings uitstel. Godongwana […]
Stadspolisie, informele verkopers opnuuts slaags - May 21, 2025
Reaksie word ontvang op konflik tussen die Windhoek Stadspolisie en informele handelaars voor ‘n groot kettingwinkel in die stad se sentrale sakekern. Video’s op sosiale media wys hardhandige optrede deur beamptes in uniform teenoor vroue-verkopers. In November verlede jaar het informele handelaars naby ‘n supermark in die stad ook gekla dat die Stadspolisie hul handelsware […]
Doktor Zapiro vang ere-graag by Tuks - May 21, 2025
Die Universiteit van Pretoria het ‘n eredoktorsgraad in opvoedkunde toegeken aan Suid-Afrika se mees gevierde en veelbekroonde redaksionele spotprenttekenaar, Jonathan Shapiro, beter bekend as Zapiro. Die universiteit sê sy spotprente hou die afgelope vier dekades ‘n boeiende, insiggewende spieël op van gebeure in Suid-Afrika. Shapiro sê dis vir hom uiters aangenaam om te sien dat […]
Geopolitiese spanning ‘n vonk in olieprystenk - May 21, 2025
Oliepryse het versterk na ‘n verslag van Amerikaanse intelligensie wat aangedui het dat Israel ‘n aanval op Iranse kernaanlegte beplan. Dit sal geopolitieke spanning die hoogte laat inskiet en vrese vir streekskonflikte aanwakker. Terwyl die goudprys met byna twee persent gestyg het, het die nuus van CNN blykbaar min nadelige uitwerking op Asiatiese aandele gehad. Beleggers hou […]
Nuwe kinkel in Tour de France-kabel - May 21, 2025
Die Tour de France sal in sy laaste skof drie rondes deur die historiese Montmartre-distrik van Parys aflê. Die nuwe formaat van die laaste skof op 27 Julie sal waarskynlik nie die wenner van die 21-dae lange wedren bepaal nie, maar dit voeg ‘n nuwe kinkel by. Die fietsryers sal 16,8 kilometer in Montmartre jaag […]
Groenwater ‘n inspuiting vir ekonomie - May 21, 2025
Die 2025 Buitelandse Direkte Beleggingsverslag identifiseer belangrike gebiede wat die land se ekonomiese diversiteit sal aandryf. Dit sluit onder andere die voedselbedryf, dienste, mynbou en toerisme in. Die verslag sê Namibië het 14 agtereenvolgende groeiperiodes beleef weens groot beleggings in die mynbou- en eksplorasie-sektore. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Mnyupe, die groenwaterstof-kommissaris en […]
Storms, wind looi KwaZulu-Natal - May 21, 2025
Gure weer het ‘n provinsiewye rampreaksie in KwaZulu-Natal veroorsaak. Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het spanne geaktiveer nadat donderstorms en skadelike wind vroeg vanoggend tot ‘n vlak twee-weerwaarskuwing gelei het. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê rampspanne het ook ‘n veldbrand naby Vryheid in bedwang gebring:
Ferrari se Vasseur maak vuur onder span - May 21, 2025
Ferrari se spanhoof, Fred Vasseur, sê hulle moet hul kwalifiserende uitslae verbeter voor die naweek se Monaco Grand Prix. Charles Leclerc se beste kwalifiserende uitslag tot dusver die seisoen was derde op die wegspringrooster en Lewis Hamilton vyfde. Albei jaers is in die tweede kwalifiserings-ronde uitgeskakel in verlede naweek se Emilia Romagna Grand Prix. Vasseur […]
Kenner skepties oor rob-produkte fabriek op Henties - May 21, 2025
Die Tender Bulletin berig dat belanghebbende partye by die omgewingministerie moet registreer as deel van die omgewingsklaringsproses vir die beplande rob-olie en rob-produkte aanleg op Hentiesbaai. Vigor Biotechnology wil volgens berigte ‘n fabriek van meer as 250 miljoen Namibiese dollar vestig, met die doel om ‘n langtermyn oplossing vir die groeiende rob-bevolking te bied. Die […]