Tshwane belemmer plan om substasies te beveilig: AfriForum - May 21, 2025
AfriForum het die Stad Tshwane beskuldig dat hy die organisasie se plan om substasies in die metro te beveilig, verhinder. Talle gebiede in Centurion en Pretoria-Oos was gister sonder krag ná ʼn ontploffing by die Zwartkop-substasie. Verlede maand het ʼn transformator by die Waltloo-substasie aan die brand geraak. Arno Roodt van AfriForum sê verouderde infrastruktuur, […]
Rubio verdedig vlugtelingstatus aan wit Afrikaners - May 21, 2025
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het die Trump-administrasie se besluit om vlugtelingstatus aan wit Afrikaners toe te staan, verdedig. President Donald Trump beweer wit boere in Suid-Afrika loop deur onder volksmoord en verdien spesiale status. Dit ten spyte daarvan dat hy Amerika se vlugtelingsprogram in Januarie opgeskort het. Rubio het aan die […]
Maguire erken ManU ‘nie goed genoeg’ in EPL - May 21, 2025
Sokker: Harry Maguire erken Manchester United was nie naastenby goed genoeg nie. Sy sukkelende span hoop om hulle seisoen te red deur die Europa-Liga-eindstryd teen Tottenham te wen. United pak Tottenham vanaand in Bilbao in die hoop om die eerste trofee onder die bestuur van Ruben Amorim te verower. Amorim se span is 16de in […]
LPM kies opposisie-eenheid bo tussenverkiesing - May 21, 2025
Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, het aangekondig dat die party nie aan die komende tussenverkiesings in Junie in vier streke gaan deelneem nie. Swartbooi sê die party gaan eerder fokus op die versterking van eenheid onder opposisiepartye.
Lynministerie reageer op Amupanda se korrupsie-bewerings - May 21, 2025
Reaksie word ontvang oor AR-leier Job Amupanda se sosiale media-bewerings oor korrupsie met malaria-tablette. Hy sê ‘n ondersoekspan het tablette wat deur die Ngoma-grens gekom het onderskep. Volgens ‘n verkrygingsbestelling kos een pakkie 580 Namibiese dollar, maar Amupanda beweer die regering het 1 500 per pakkie betaal. ‘n Sogenaamde middelman maak glo 920 dollar per […]
Voertuigverkope effe af in April, maar 37,5% hoër jaar-tot-jaar - May 21, 2025
Maandelikse voertuigverkope het in April met 5,8 persent gedaal tot 1 243 eenhede, van 1 320 eenhede in Maart. Dit verteenwoordig egter ‘n noemenswaardige toename van 37,5 persent op ‘n jaargrondslag vanaf die 904 eenhede wat in April 2024 verkoop is. Passasiersvoertuig-verkope in April het die van kommersiële voertuie vir die eerste keer sedert Mei […]
Brandstofprys-komitee vergader eers volgende week - May 21, 2025
Die Sentrale Energiefonds in Suid-Afrika sê dieselpryse kan in Junie met tot 94-sent-per-liter daal, weens dalende wêreld-oliepryse en die rand wat sedert middel April met meer as tien-persent versterk het. Skommelinge in oliepryse en wisselkoerse sal die finale aanpassing beïnvloed. Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energieministerie.
Burgemeester verduidelik Walvisbaai-waterprobleme - May 21, 2025
Walvisbaai ondervind watertekorte wat die visbedryf ernstig beïnvloed. Verwerkingsaanlegte, soos Princess Brand Processing, meld dat hulle al twee weke lank nie genoeg water van die munisipaliteit ontvang nie, wat hul bedrywighede vertraag en finansiële verliese veroorsaak. Die munisipaliteit sê die probleem sal eers oor 60 dae opgelos wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Walvisbaai se […]
Vermiste Visrivier-canyon stapper veilig gevind - May 21, 2025
Die 63-jarige Suid-Afrikaner wat in die Visrivier-canyon vermis was, Jacobus Linteeze, is opgespoor en is veilig. Kharas se streekskoördineerder vir misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Nicodemus Mbango, sê hy is ‘n goeie toestand. Linteeze was laas op 16 Mei gesien toe hy saam met ‘n groep van 12 lede in die canyon gaan stap het, maar was nie […]
Geen borg vir toeris wat San-kinders na bewering betas - May 21, 2025
Die Britse toeris wat na bewering San-kinders by die Grashoek Lewende-museum by Tsumkwe betas en naak afgeneem het, is borgtog geweier in die Grootfontein landdroshof. Die 65-jarige Brooks Roberts staar 38 aanklagte in die gesig. Die Namibiese nuusagentskap Nampa berig Roberts is Sondag gearresteer nadat hy San-kinders gevra het om hulle klere uit te trek […]