Buying a Wife? Below are great tips to Help You Find the Perfect Girl - July 18, 2021
There are several options for finding the perfect wife. A lot of methods are more effective than others. Here are several beautiful mexican girls suggestions to help you find a suitable woman. 1st, expand your social circle. You can reunite with former classmates, co-workers, and neighbors. You may also attend you are not selected events […]
Nog 1 052 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - July 17, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 052 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Windhoek het 201, Outjo 77, Tsumeb 65, Oshakati 61, Walvisbaai 60 en Swakopmund 57. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 22 273 aktiewe gevalle, met 565 in die hospitaal en 114 in intensiewe sorg. Die totale aantal sterftes staan nou […]
Biotegnologie in die landboubedryf bespreek - July 17, 2021
‘n Dosent by die Universiteit van die Vrystaat, Errol Cason, sê boere en die landboubedryf maak al lank onwetend van biotegnologie gebruik. Vir baie jare al kies mense in die sektor sekere diere vir teeldoeleindes sonder om te besef dat hulle eintlik biotegnologie gebruik. Cason sê biotegnologie is in die alledaagse lewe van toepassing, met […]
DA verwelkom Ramaphosa se oproep - July 17, 2021
Die DA in Suid-Afrika het die oproep van president Cyril Ramaphosa op landsburgers om te help met die skoonmaak van strate môre op Mandela-dag verwelkom. Die party wil hê die president moet in ruil sy kabinet skoonmaak. Die leier van die DA, John Steenhuisen, eis die onmiddellike ontslag van die minister van Polisie, Bheki Cele […]
Opperhoof van die Ovaherero advokaat Vekuii Rukoro sal môre ter ruste gelê word - July 17, 2021
Die opperhoof van die Ovaherero advokaat Vekuii Rukoro sal môre ter ruste gelê word in Okahandja. Die waarnemende opperhoof van die volk, Vepuira Kapuuo, het vroeër sy kommer uitgespreek oor ‘n moontlike oortreding van Covid-maatreëls soos Yanna Smith berig.
Nuustoneel in Suid-Afrika steeds oorheers deur geweld en plundering - July 17, 2021
Die nuustoneel in Suid-Afrika word steeds oorheers deur die onluste en plundering in die buurland. President Cyril Ramaphosa het bekendgemaak dat sy regering hom nou toespits op gebiede wat geplunder en vernietig is om hulp te verleen soos voedselkoopbewyse, kospakkies en kontantskenkings. Hy het ‘n beroep op skenkings vir die Solidariteitsfonds gedoen wat sal help […]
Ministerie van binnlandse sake maak verhogings vir dienste bekend - July 17, 2021
Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het ‘n verhoging aan dienste en dokumente uitgereik, aangekondig. Die woordvoerder van die ministerie, Margaret Kalo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die verhoging is om die aankoopkoste te dek, insluitend die byvoeging van bladsye by paspoorte en nuwe tegnologiese toevoegings..
Proteas klop Ierland - July 17, 2021
Krieket: Die Proteas het Ierland gisteraand in Dublin met 70 lopies geklop om die internasionale een-dag-reeks van drie wedstryde een elk gelykop te maak. Die openingswedstryd het uitgereën en Ierland het die tweede kragmeting met 43 lopies ingepalm. Suid-Afrika het gister 346 vir vier aangeteken. Quinton de Kock en Janneman Malan het in hulle openingsvennootskap […]
Zuma bly in die nuus - July 17, 2021
Die waarnemende minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê Jacob Zuma sal slegs op mediese parool vrygelaat word as hy daarvoor aansoek doen. Die minister het reageer op ondersteuners van die voormalige president se eis dat hy binne 14 dae vrygelaat moet word. Ntshavheni het sterk standpunt ingeneem oor die posisie van die regering […]
Nguvauva vandag begrawe - July 17, 2021
Die Ovambanderu hoof, Kilus Nguvauva word vandag in die Helde-akker op Okahandja begrawe. Yanna Smith het meer..