Ramaphosa erken sy regering was nie voorbereid op onluste en plundering nie - July 17, 2021
President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika het erken dat die buurland se regering swak voorbereid was op wat hy beskryf as ‘n opstand. Hy het die land gisteraand oor sy regering se reaksie op die dodelike geweld toegespreek wat in dele van Gauteng en KwaZulu-Natal losgebars het. Ramaphosa sê die regering het nie die vermoëns en […]
Die Namibie Olimpiese span is gereed vir Tokio - July 17, 2021
Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee het meer besonderhede bekendgemaak oor die voorbereidings vir die Olimpiese span se vertrek na die Tokio Olimpiese Spele. Joan Smith, sekretaris-generaal van die komitee, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die atlete en hul afrigters is gereed vir die Spele.
Daar is 1 009 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - July 17, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat onder die 1 009 nuwe Covid -19 gevalle die positiewe koers tans 32% is, waarvan Khomas die meeste gevalle naamlik 21% het, gevolg deur Erongo met 16% en Oshikoto met 11%. Onder die nuwe gevalle is 77 leerlinge, 17 onderwysers, 12 studente en 31 gesondheidswerkers. Uit al die nuwe […]
Angula moedig moedig Namibiërs aan om ingeënt te word - July 17, 2021
Nadat talle Covid-inentingspunte in Namibië se entstowwe opgeraak het, het die land ‘n besending van 250 000 Sinopharm-enstowwe uit China ontvang. Die voormalige Namibiese eerste minister, Nahas Angula, moedig Namibiërs aan om ingeënt te word.
Ramaphosa praat met Suid-Afrikaners oor die geweld en plundering - July 17, 2021
President Cyril Ramaphosa het bekendgemaak dat vroeë verslae daarop dui dat groot skade aangerig is tydens die plundertogte en geweld van die afgelope tyd in dele van die buurland. Daar is volgens hom ernstige skade en selfs vernietiging aan 161 winkelsentrums, 11 pakhuise, 8 fabrieke en 161 drankwinkels en verspreiders aangerig. Dit sluit nie die […]
Die dodetal in Wes-Europa styg steeds na swaar reën - July 17, 2021
Die dodetal in die Wes-Europese vloede is steeds besig om te styg. Minstens 120 mense is reeds in Duitsland en België dood nadat uiterste weerstoestande in Wes-Europa tot rekord-reënvalsyfers en die ergste oorstromings in dekades gelei het. Baie mense word nog vermis en selfoonnetwerke is buite werking. Hewige oorstromings het ook in Nederland, Luxemburg en […]
Groot rugby in Kaapstad vandag - July 17, 2021
Daar is vandag lekker groot rugby in Kaapstad. Die Suid-Afrika A-span speel vanmiddag teen die Bulls en die Stormers pak die span van die Ierse en Britse Leeus .Springbok-afrigter Jacques Nienaber het 12 veranderings aan die A-span aangebring vir die wedstryd teen die Bulls. Hy het nege Wêreldbeker-spelers ingesluit nadat die span met 18 Bokke […]
Covid-19: 101 sterftes in 15 distrikte - July 16, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 101 Covid-sterftes in 15 distrikte, asook 1 009 nuwe gevalle uit 3 177 uitslae aangekondig. In die groep is 77 leerders, 17 onderwysers, 12 studente en 31 gesondheidswerkers. Daar is nou 23 370 aktiewe gevalle, waarvan 552 pasiënte in hospitale en 108 in intensiewesorgeenhede is.
Bykomende vlugte tussen Durban en Kaapstad ingestel - July 16, 2021
FlySafair se hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, sê die lugredery is oorval met versoeke om van Durban na Kaapstad te vlieg. Die redery sê hy moes bykomende vlugte instel. Gordon sê in ‘n YouTube-video die bykomende vlugte sal ook mense help wat geskenkte voorraad na die streek wil vervoer.
Drie kry drie jaar tronkstraf vir diefstal van renosterhorings - July 16, 2021
Drie beskuldigdes tussen die ouderdom van 28 en 30 is skuldig bevind op aanklagte van renosterhoringdiefstal en tot drie jaar tronkstraf gevonnis in die Gqeberha New Law-streekshof in die Oos-Kaap. Die Valke in die stad het in Februarie vanjaar ‘n operasie uitgevoer nadat inligting ontvang is dat Jonathan Perring, Keanon Terblanche en Christo Swartz kopers […]