SA Raad van Kerke vra vir amnestie-tydperk vir plunderaars - July 16, 2021
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke wil hê die polisie moet ‘n amnestie-tydperk van een week verklaar om plunderaars in Gauteng en KwaZulu-Natal aan te moedig om gesteelde goedere terug te gee. Die raad vra die polisie om niemand in hegtenis te neem wat bereid is om dit te doen nie. Die SARK sê die amnestietydperk […]
Een miljoen Suid-Afrikaners tussen 35 en 49 jaar registreer vir inenting - July 16, 2021
Met Suid-Afrika se inentingstrategie wat gister vir mense in die 35 tot 49 jaar ouderdomsgroep geopen het, het meer as een miljoen mense nou reeds in die afgelope 24-uur, vir hul inspuiting geregistreer. Die land se nasionale gesondheids-departement sê mense in dié groep sal van 1 Augustus hul inenting ontvang. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, […]
Gauteng se plunder-skade word nog bereken - July 16, 2021
Die premier van Gauteng, David Makhura, sê die omvang van die skade aan ondernemings weens plundering word nog bereken. Hy het gepraat tydens ‘n opruimingsveldtog by Tembisa Plaza. Die veldtog vorm deel van die provinsiale regering se pogings om in samewerking met sakeondernemings kleinhandelwinkels weer aan die gang te kry. Makhura sê meer as 80 […]
PDM sê leier se staatsvoertuigkwessie is opgelos - July 16, 2021
Reaksie is van die PDM-leier, McHenry Venaani se woordvoerder, Roberto Dirkse, ontvang oor Venaani se goedgekeurde staatsvoertuie wat glo stof opgaar. Venaani wil glo sy eie lyfwag en motorbestuurder kies. Venaani is glo twee polisiebeamptes vir die poste aangebied, maar het hulle van die hand gewys en daarop aangedring om sy eie lyfwag en motorbestuurder […]
Ugandese gewigopteller skoonveld in Japan - July 16, 2021
Japanse owerhede soek na die Ugandese gewigopteller, die 20-jarige Julius Ssekitoleko ná hy nie vir ‘n Covid-toets opgedaag het nie, berig internasionale media. Die gewigopteller wat by ‘n oefenkamp in Osaka is, was nie in sy hotelkamer nie. Hy is in Japan vir die Olimpiese Spele.
Ramaphosa spreek vanaand half-nege land toe - July 16, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa spreek vanaand half-nege sy burgers toe. Die verwagtinge is dat hy oor die afgelope twee weke se ekonomiese sabotasie en aanhitsing wat deur misdadigheid gesteun is, sal praat.
Windhoek se strate normaal ná plundery-boodskappe - July 16, 2021
Met die dreig-boodskappe op sosiale media van beplande plundering by Windhoek se groot inkoopsentrums, het niks van gekom nie. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alles normaal in die hoofstad se strate is, maar dat Nampol nie hierdie bedreigings ligtelik opneem nie.
SA onrus het impak op Namibiese vervoerbedryf - July 16, 2021
Die voortslepende onrus en plundery in Suid-Afrika het veral ‘n impak op Suider-Afrikaanse lande gehad wat afhanklik van Suid-Afrika is vir talle goedere wat hulle invoer. Namibiese vragmotors gaan op ‘n daaglikse basis na Suid-Afrika om goedere op te laai. ‘n Kenner in die Namibiese logistieke bedryf, Stefan Terblanche, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe […]
Torra-bewaringsgebied vertel hoe hulle Covid-pandemie te bowe kom - July 16, 2021
Sommige gemeenskappe in Namibië is heeltemal afhanklik van die toerismebedryf. Een so ‘n gemeenskap is die Torra-bewaringsgebied in die Kunenestreek. Kosmos 94.1 Nuus het die voorsitter van die kommunale bewaringsgebied, Tommy Adams gesels en gevra hoe hanteer hulle die uitdagings tydens die Covid-pandemie. Adams is aan die woord.
Ohorongo Cement skenk suurstof aan Otavi-gemeenskap - July 16, 2021
Ohorongo Cement, deur die Ohorongo Otavi Gemeenskapstrust, het vinnig gereageer toe George Garab, streeksraadslid van die Otavi-kiesafdeling laat weet het die Otavi-kliniek se suurstof is besig om op te raak. Vyf suurstofsilinders is van Afrox op Tsumeb gekry en vanoggend by die kliniek afgelewer. Rudolf Coetzee, administratiewe bestuurder van Ohorongo Cement en die trust, het […]