Reisigers na SA mag 25 kg vleis uit Namibië saamneem - July 16, 2021
Enige persoon wat van Namibië na Suid-Afrika reis (uitgesluit in transito deur Botswana), mag tot 25 kilogram vleis saamneem vir eie verbruik, volgens die Namibiese Landbou-unie. Hierdie hoeveelheid bevat ’n maksimum van 10 kiloggram biltong en gedroogde wors. Biltong en droëwors moet droog genoeg wees om gebreek te word. Hierdie toelaag is per persoon ouer […]
Polisie ontvang 20 000 gesigmaskers - July 16, 2021
Die Namibiese polisie het vanoggend ‘n skenking van 20 000 gesigmaskers ontvang. Die bekende Namibiese sakeman met belange in veral die noorde en ooste van die land, David Hipondoka het die maskers vir die polisiebeampte bekom. Nampol se woordvoerder, hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê die skenking sal lede beskerm.
Innoverende manier om ‘n skikking te hanteer - July 16, 2021
Die skikking in ‘n hoërhofsaak waar die Okahandja munisipaliteit 54 erwe bewillig het vir skuld van 2 miljoen Namibiese dollar in ‘n skikkingsooreenkoms is in die nuus. Die aanbod word as hoogs kreatief beskryf veral met die geskiedenis van Okahandja se finansiële bestuur in gedagte. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die bestuurskomitee […]
Mosiehof: een eis van N$125m - July 16, 2021
Die mosiehofrol vir vanoggend se sittings was nie noemenswaardig groot nie, maar die uitstaande skuld was wel. Daar was 104 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan 16 reël 108 aansoeke was. ‘n Totaal van 63 aansoeke is deur kommersiële banke gebring waarvan 11 reël 108 aansoeke was. Vyf-en-dertig eiendomme is opgeëis met uitstaande skuld van 172,57 miljoen […]
Withuis vaar uit teen fopnuus - July 16, 2021
Die Withuis het hom sterk uitgespreek teenoor wat hy beskryf as Facebook se onvermoë om fopnuus op sy platform te beheer. Die Withuis se perssektretaris Jen Psaki het aan media gesê sosiale media platforms moet meer doen om veral onakkurate inligting oor die Covid-inenting te beheer.
Ons loer in by Save the Rhino-trust - July 16, 2021
Save the Rhino Trust Namibia se renosterwagters het die afgelope jaar ‘n afstand van 34 346 kilometer agter die Noordweste se vrylopende swartrenosters aangestap om hulle te beskerm. Dit is drie keer die afstand vanaf Swakopmund tot Londen. Die uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust Namibia, Simson Urikhob, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus tot […]
Stamselfondse verwelkom deur CAN - July 16, 2021
DKMS Africa, voorheen bekend as die Sonneblomfonds, het ‘n begroting van meer as twee miljoen Namibiese dollar vir die staatpasiënt-program goedgekeur om oorplantings vir agt pediatriese staatspasiënte onder die ouerdom van agt jaar moontlik te maak. Dit sluit in die verkryging van ooreenstemmende, nie-verwante skenker-stamselle, asook die soektog na skenkers en die vasstelling van die […]
Gebeurliksheidsplan is krities – PDM - July 16, 2021
Die PDM-party sê die onluste in Suid-Afrika hou so bedreiging vir Namibië in dat ‘n gebeurlikheidsplan noodsaaklik geword het. Die party se president McHenry Venaani sê alternatiewe verskaffers moet ondersoek word. Hy verduidelik…
ReconAfrica maak goeie vordering - July 16, 2021
ReconAfrica het sy omgewing klaringsertifikaat vir sy seismiese opnames ontvang. Die maatskappy maak vordering met sy bedrywighede op soek na olie in die Kavango-bekken. Ndapewoshali Shapwanale, ReconAfrica’s se direkteur vir kommunikasie het die jongste…
Okonjima sê weer jammer - July 16, 2021
Okonjima Privaat Reservaat het weer ‘n verklaring uitgereik, die keer om om verskoning vir die ministerie van die omgewing te vra. Dit volg na ‘n verklaring deur die ministerie oor die fondsinsameling-video vir die organisasie se wit renosters. Die woordvoerder, Romeo Muyunda, het gesê Okonjima gebruik emosionele afpersing en is oneties. Hy sê die video […]