Zuma se besluit om tronk toe te gaan sy eie - July 16, 2021
President Cyril Ramaphosa sê oudpresident Jacob Zuma se besluit om tronk toe te gaan moet gerespekteer word. Ramaphosa besoek vandag KwaZulu-Natal om die skade na te gaan wat deur die onlangse geweldpleging en plundery aangerig is. Hy meen daar is buiten Zuma se aanhouding talle ander onderliggende oorsake vir die onrus:
KwaZulu-Natal se skole afgebrand - July 16, 2021
Die onderwys-aktivis in Suid-Afrika Hendrick Makaneta het die plundering van 32 skole net in KwaZulu-Natal, ten sterkste veroordeel. Volgens die provinsiale Departement van Onderwys is ten minste drie skole afgebrand. Makaneta sê plundery as sulks moet veroordeel word. Hy sê dis egter verrassend dat dit by skole ook gebeur het, waar daar slegs boeke en […]
Openbare vervoer moet maatreëls nakom - July 16, 2021
Volgens die jongste maatreëls mag openbare vervoer net 50 persent van hulle toegelate passasierlading vervoer. Dit sluit langafstand bussies in. Op die oomblik word die bussies deeglik deursoek en alle passasiers moet die nodige permitte hê om tussen streke te beweeg. Hoofinspekteur Rozario Coetzee van Nampol se verkeersafdeling het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Oshikoto het daadwerklike water-uitdagings - July 16, 2021
Talle landelike inwoners van die Oshikoto-streek het geen toegang tot veilige, skoon water nie. Berigte lui dat meeste van die boorgate wat vir verskeie nedersettings daargestel is, reeds ‘n geruime tyd gelede opgedroog het en inwoners grawe self putte om water te bekom. Gronddamme wat tydens die reënseisoen water ingeneem het word ook benut maar […]
14 Chinese werkers steeds in tonnel vasgekeer - July 16, 2021
Ongeveer 14 werkers is steeds vasgekeer in ‘n hoofwegtonnel nadat dit Woensdag oorstroom het. Die tonnel word onder ‘n reservoir gebou en water het skielik in die tonnel begin vloei. Reddingswerkers is op die oomblik ongeveer 400-meter binne die tonnel maar die werkers is ‘n kilometer in vasgekeer. Die reservoir is volgens owerhede reeds leeg […]
Botswana se derde vlaag styg vinnig - July 16, 2021
Botswana het al sy skole vandag gesluit en die land se onderwysministerie sê hulle sal eers weer op 17 Augustus oopmaak. Botswana betree op die oomblik ‘n derde vlaag van infeksies wat volgens die jongste syfers baie vinnig toeneem. Daar is op 8 Julie 1 411 nuwe infeksies bevestig en teen 15 Julie was daar […]
WGO sê China moet deursigtig wees - July 16, 2021
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Dr Tedros Adhanom Ghebreyesus, het ‘n beroep vir meer toegang en deursigtigheid op China gedoen. Dit kom terwyl die organisasie besig is om voor te berei vir die tweede deel van die ondersoek na die oorsprong van die koronavirus. Die eerste menslike gevalle van Covid-19 het in Wuhan in China […]
Onluste: blameer die wat dit nie verwag het nie - July 16, 2021
‘n Militêre sosioloog van die Stellenbosch Universiteit, Lindy Heineken, sê dis moeilik om te bepaal wie agter die onrus in die land sit. Sy sê daar was aansprake dit is Zuma-ondersteuners in die regering se sekerheidsgeledere. Sy voeg by ‘n gekoördineerde strategie met Umkhonto we Sizwe as Zuma se persoonlike wagte was deel van ‘n […]
Oppas vir aanlynbedrog - July 16, 2021
Met die heersende pandemie en talle werkers wat tuis werk, neem aanlynbedrog aansienlik toe. Internasionaal kom dieselfde uitdagings voor. Daar is algemene praktyke wat deur die swendelaars gebruik word soos Arthur Goldstuck van Worldwide Worx in Suid-Afrika verduidelik.
Onluste: blameer die wat dit nie verwag het nie - July 16, 2021
‘n Militêre sosioloog van die Stellenbosch Universiteit, Lindy Heineken, sê dis moeilik om te bepaal wie agter die onrus in die land sit. Sy sê daar was aansprake dit is Zuma-ondersteuners in die regering se sekerheidsgeledere. Sy voeg by ‘n gekoördineerde strategie met Umkhonto we Sizwe as Zuma se persoonlike wagte was deel van ‘n […]