EU tree in met hulp na vloede - July 16, 2021
Die Europese Unie se Burgerlike Beskermingsmeganisme is geaktiveer, in antwoord op die Belgiese regering se versoek om hulp ná oorstromings in Europa. Minstens 70 mense het in ernstige oorstromings in België en Duitsland gesterf, na wat kenners beskryf as die swaarste reënval in ‘n eeu. Die EU het ‘n reddingspan en ‘n helikopter gestuur om […]
Publiek moet paraat wees - July 16, 2021
Daar is kommer dat die onluste en plundery in Suid-Afrika na Namibië kan oorspoel en Nampol het reeds verskeie waarskuwings in die verband uitgereik en ook patrollies verskerp. Die sekuriteitsmaatskappy G4S het ook sy kliënte ingelig dat hy deurentyd die kwessie met die Khomas-bevelvoerder kommissaris Ismael Basson bespreek en die situasie monitor. Die direkteur van […]
Olimpiese Verdrag eis skietstilstand tydens Spele - July 16, 2021
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, doen ‘n beroep vir die handhawing van die Olimpiese Verdrag tydens die Olimpiese en Paralimpiese Spele in Tokio. Die Spele begin volgende Vrydag. Die ooreenkoms het in Griekeland ontstaan en waarborg die veilige reis van atlete, families en ander wat die Olimpiese Spele bywoon. Guterres sê die […]
Sasria dek openbare onrus - July 16, 2021
Baie sakeondernemings in Suid-Afrika het die afgelope paar dae finansiële verliese gely as gevolg van die verwoesting van eiendom, plundering van goedere en ontwrigting van handelsure. Dit laat eienaars van ondernemings wonder of hul versekering hierdie verliese sal dek. Die uitvoerende hoof van die versekeraars Hippo.co.za, Bradley du Chenne, sê die Suid-Afrikaanse Risiko Versekeringsvereniging bestaan […]
St George’s se baan vereis goeie gholf - July 16, 2021
Louis Oosthuizen van Suid-Afrika het nog ‘n sterk aanslag vir ‘n tweede Major van stapel gestuur en op dag een van Die Ope op Royal St George’s bo-aan die vroeë puntelys geëindig. Hy loop voor met ses-onder-baansyfer op 64, een hou voor die Amerikaner Jordan Spieth en Brian Harman. Intussen sê Oosthuizen se landgenoot Justin […]
Zuma soek net geregtigheid - July 16, 2021
Die Jacob Zuma-stigting sê die voormalige president wil dit duidelik maak dat sy stryd vir geregtigheid was en dis al wat hy wil hê. Zuma het sy regspan gister in die Estcourt Korrektiewe Sentrum in KwaZulu-Natal ontmoet, waar hy 15 maande gevangenisstraf uitdien. Die stigting sê die span het al die regsaspekte tydens ‘n marathon-sessie […]
Kontrakteur beskuldig van N$1,8m se diefstal van Chinese sakevrou - July 16, 2021
‘n Kontrakteur, Marthinus du Toit, het in die hof op Rundu verskyn op klagte dat hy 1,8 miljoen Namibiese dollar se bouvoorraad by die omstrede Chinese sakevrou Stina Wu gesteel het. Volgens die klagstaat het Du Toit na bewering vragte sement, stene, bouklippe, draad en meer by Wu se Divundu-aanleg gesteel. Die staat sê hy […]
Jongste ruimtevaarder is diep opgewonde! - July 16, 2021
Die 18-jarige Oliver Daemen gaan die wêreld se jongste ruimte-toeris word wanneer hy saam met die stigter van Amazon, Jeff Bezos, sy broer Mark Bezos en die legendariese ruimte-pionier Wally Funk tot op die rand van die ruimte sal vlieg. Daemen sal aan boord van Blue Origin se New Shepard-ruimtetuig wees wanneer dit soos beplan […]
Klimaat, China en Rusland is deur Biden en Merkel bespreek - July 16, 2021
Die Amerikaanse President Joe Biden en die Duitse kanselier Angela Merkel het ooreengekom om saam te werk teen Russiese aggressie en die anti-demokratiese optrede van China. Die twee leiers het gister bilaterale vergaderings in die Withuis gehou. Biden sê beide lande sal demokratiese beginsels en universele regte verdedig, indien hulle sien dat China of enige […]
Jongste ruimtevaarder is diep opgewonde! - July 16, 2021
Die 18-jarige Oliver Daemen gaan die wêreld se jongste ruimte-toeris word wanneer hy saam met die stigter van Amazon, Jeff Bezos, sy broer Mark Bezos en die legendariese ruimte-pionier Wally Funk tot op die rand van die ruimte sal vlieg. Daemen sal aan boord van Blue Origin se New Shepard-ruimtetuig wees wanneer dit soos beplan […]