SA-onluste is geleentheid vir Namibië – Hangala - July 16, 2021
President Hage Geingob het gesê die huidige situasie in Suid-Afrika is ‘n les vir Namibiërs, want Namibië verkies om afhanklik van Suid-Afrika te wees met basiese items wat plaaslike geproduseer kan wees. Hy het bygevoeg dat sakelui, die jeug en werkloses hierdeur geleenthede moet raaksien en plaaslik moet begin produseer. Kundiges stem saam en sê […]
Kos, vervoer dra meeste by tot hoë inflasie - July 16, 2021
Inflasie syfers vir Junie is 4,1 persent, die hoogste syfer in amper ‘n jaar. Ontleders meen vervoer en voedsel het die meeste tot die syfer bygedra. Vervoerkostes het met 2,5 persent op ‘n maandgrondslag, en 9,6 persent op ‘n jaargrondslag gestyg. Voedselpryse het met 0,3 persent teenoor verlede maand gestyg maar kos is tans 7,3 […]
Staatsbegrafnisse: begroting uitgeput - July 16, 2021
Plaaslike media berig dat die regering se begroting vir staatsbegrafinisse uitgeput is. President Hage Geingob sê meer as 4 miljoen Namibiese dollar is reeds op die begrafnisse bestee. Die regering het reeds talle staatssbegrafnisse gehou en oor die naweek is nog een, die van die Ovambanderu hoof, Kilus Nguvauva wat in Okahandja begrawe word. Talle […]
Voedselvoorsiening kry aandag in buurland - July 16, 2021
Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê gerugte dat Suid-Afrika se kosvoorraad binne 24 uur uitgeput sal wees, is vals. Die land ondervind ernstige tekorte na dae van gewelddadige onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng. Volgens die Verbruikersraad van Suid-Afrika het handelaars na raming reeds sowat 5 miljard Namibiese dollar as gevolg van die plundery verloor. Die waarnemende minister […]
Inflasie sal verder styg - July 16, 2021
Die Namibiese makelaarsfirma Cirrus Data berig dat die jaarlikse inflasie vir Junie vanjaar 4,1 persent is. Dit is die hoogste vlak sedert Mei 2019. Junie 2021 se inflasiekoers vergelyk teen 2,1 persent in Junie verlede jaar en 3,8 persent in Mei 2021. Namibiese ekonoom, Cheryl Emvula, plaas dit in perspektief vir Kosmos 94.1 Nuus.
Onluste kan suurstofvoorraad plaaslik bedreig - July 16, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het bevestig dat die onrus in Suid-Afrika ‘n bedreiging kan inhou vir die verskaffing van suurstof aan Namibië. Dit volg ná Afrox in Suid-Afrika ook force majeure verklaar het met die firma wat sê hy moes noodgedwonge weens die gewelddadige oproer alle gas-aflewerings in Suid-Afrika staak. Aangesien dit onveilig […]
Olimpiese atlete kuier vandag by Hage - July 16, 2021
Die Namibiese Olimpiese afvaardiging vir die Tokio Olimpiese Spele gaan vanoggend om elf-uur ‘n welwillendheidsbesoek aan President Hage Geingob by Staatshuis bring. Die Olimpiese Spele begin volgende Vrydag.
The Russian Partner Guide – Is it A legitimate Good Better half Guide? - July 16, 2021
The Russian Good Wife Lead is not do-all manual on how to be considered a perfect wife. It could not even a workbook or maybe a how-to publication on bringing up your family. Simply no, this Russian wife help is all about being your individual best friend, a true friend on your husband, with whom […]
The way to get a Sugar Daddy That Only Really wants to Talk to You - July 16, 2021
It is quite common for fresh women looking males to methodology them requesting how to get a sugar daddy. In fact , it has become such a common practice that many females are seeking the actual right sugardaddy to start a relationship with. Of course , not every sugar baby has the excellent profile or […]
Wes-Kaap sowat twee weke weg van piek van derde Covid-vlaag - July 15, 2021
Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê die provinsie is nou slegs twee tot drie weke weg van die piek van sy derde Covid-vlaag. Die provinsie meld tans tot 2 000 nuwe infeksies per dag aan, met naastenby 3 000 mense wat nou vir Covid-verwante komplikasies in hospitale behandel word. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt is aan die […]