Redakteur verduidelik verskil tussen waninligting en misleidende inligting - July 15, 2021

Die veteraanjoernalis Gwen Lister bied gesprekke oor joernalistiek in haar #FreeSpeak-sessies aan. Die redakteur van die dagblad Namibian Sun, Toivo Ndjebela, het wenke aan joernaliste gegee hoe om die verspreiding van waninligting, veral op sosiale media, te voorkom. Ndjebela verduidelik die verskil tussen waninligting en misleidende inligting.

Read More

Vloede in Duitsland, België: 20 dood, 70 vermis - July 15, 2021

Minstens 20 mense is dood en meer as 70 word vermis nadat swaar reën hewige oorstromings veroorsaak het in die weste van Duitsland en die naburige België. Baie huise het verspoel en duisende is sonder krag gelaat. Die Duitse deelstaat Rheinland-Pfalz is een van die gebiede wat die ergste geraak is. Die premier, Malu Dreyer, […]

Read More

Namibiese omgewingsministerie veroordeel Okonjima se renostervideo - July 15, 2021

Die Namibiese omgewingsministerie het ook die renostervideo van die Okonjima Private Reservaat veroordeel. In ‘n mediaverklaring sê die woordvoerder, Romeo Muyunda, Okonjima gebruik emosionele afpersing en is oneties. Hy sê die video skep ook die indruk dat Namibië se trofeejagbedryf nie volhoubaar is nie. Muyunda beklemtoon dat die regering nie sal toelaat dat ‘n hele […]

Read More

DA bekommerd oor verbod op draagbare brandstofhouers - July 15, 2021

Die DA se skaduminister vir minerale bronne en energie, Kevin Mileham, is bekommerd oor die verbod op draagbare brandstofhouers. Hy sê hoewel dit die opgaar van brandstof en die gebruik van petrol by brandstigting sal verhoed, sal dit ‘n uitwerking hê op mense wat kragopwekkers gebruik, en veral die landbousektor. Mileham het minister Gwede Mantashe […]

Read More

SA polisieminister: Honger is g’n rede om ammunisie te steel - July 15, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê wetstoepassers kan nie die verskoning aanvaar dat mense honger is as rede om ammunisie in KwaZulu-Natal te steel nie. Die polisie het 10 000 rondes ammunisie teruggevind wat tydens plundering in Mobeni buite Clairemont in Durban gesteel is. Cele sê die plunderaars is mense wat hulself bewapen.

Read More

Reisigers in Kuba welkom, maar bring voedsel, medisyne - July 15, 2021

Kuba se eerste minister, Manuel Marrero Cruz, het aangekondig dat reisigers na die land toegelaat sal word om voedsel, medisyne en ander noodsaaklikhede saam te bring sonder om invoertariewe te betaal. Daar sal geen beperking op die hoeveelheid goedere wees nie. Cruz sê egter dis ‘n tydelike maatreël en sal op 31 Desember heroorweeg word. […]

Read More

Aandklokreël vir KwaZulu-Natal, Gauteng gevra - July 15, 2021

Business Unity South Africa het ‘n 24-uur aandklokreël gevra vir KwaZulu-Natal en Gauteng. Dit volg te midde van die geweld en skade aan eiendom wat dele van die land oorweldig. Busa is van mening ‘n aandklokreël wat streng afgedwing word sal spesifieke gebiede help om die strate te ontruim en wetstoepassing weer beheer gee. Busa […]

Read More

Namibiese Kamer van Mynwese gee jaaroorsig van 2020 - July 15, 2021

Die Namibiese Kamer van Mynwese se jaarlikse oorsig toon die hoogtepunte, prestasies en nuwe ontwikkelings in die bedryf aan. Dit bied gee ook volledige toegang tot bedryfs- en omgewings-, maatskaplike en bestuurs-aspekte en hul finansiële inligting. Die uitvoerende hoof, Veston Malango, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die 2020-jaaroorsig. Hy het gesê dat die mynbedryf […]

Read More

Saara sê Namibië onnodig afhanklik van invoere - July 15, 2021

Sedert die Covid-pandemie uitgebreek het, bestudeer die Namibiese regering pogings om die Namibiese ekonomie veerkragtig te maak en die onnodige afhanklikheid van die invoer van goedere wat hier geproduseer kan word, te verminder. Die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila gesels met Kosmos 94.1 Nuus. Die eerste minister het ook gemaan teen Namibiërs wat vrede en […]

Read More

Venaani se staatsvoertuie gaar stof op - July 15, 2021

Staatsvoertuie wat vir private en amptelike gebruik van die opposisieleier McHenry Venaani geoormerk is, versamel al vir byna ‘n jaar stof nadat dit goedgekeur is. Venaani wil glo sy eie lyfwag en motorbestuurder kies. Venaani is glo twee polisiebeamptes vir die poste aangebied, maar het hulle van die hand gewys en daarop aangedring om sy […]

Read More