Right2Know eis identiteit van aanhitsers binne Staatsveiligheidsagentskap - July 15, 2021
Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie, Right2Know, wil hê President Cyril Ramaphosa moet die name bekend maak van die lede van die Staatsveiligheidsagentskap wat na bewering betrokke was by die aanhitsing tot geweld, verwoesting en plundering in Gauteng en KwaZulu-Natal. Dit volg nadat die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, onthul het dat sommige agente verbind kan word […]
Brasiliaanse President hik tien dae aaneen - July 15, 2021
Brasiliese President, Jair Bolsonaro, moet dalk ‘n noodoperasie kry nadat hy in die hospitaal opgeneem is omdat hy al tien dae lank hik. Die 66-jarige president het die gehik blameer vir sy gesukkel vroeër die maand om tydens ‘n radio-onderhoud en ‘n regstreekse Facebook-gesprek te praat. Bolsonaro is tydens die 2018 presidensiële veldtog in die […]
Namibiese veiligheidsminister besoek padblokkades - July 15, 2021
Die Namibiese minister van binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, is op ‘n missie om verskillende padblokkades te besoek om te verseker dat beamptes op diens by padblokkades bewus is van hul pligte, asook of hulle veilig is. Hy het vandag padblokkades suid van Windhoek op die B1-hoofweg besoek.
Covid-19: 571 nuwe gevalle, 30 sterftes - July 15, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 30 Covid-sterftes in vier distrikte bevestig, asook 571 nuwe gevalle uit 2 384 toetsuitslae. In die groep is 32 leerders, sewe gesondheidswerkers, ses studente en vier onderwysers. Daar is nou 24 670 aktiewe gevalle, waarvan 532 pasiënte in hospitale is en 97 in intensiewesorgeenhede. Die adjunk-gesondheidsminister, Esther Muinjangue, gee die jongste […]
Namibiese eerste minister: SA kan eie probleme oplos - July 15, 2021
Die situasie in Suid-Afrika is kommerwekkend, sê die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alhoewel die Suider-Afrikaanse streek gereed is om saam met Suid-Afrika te werk, is daar geen twyfel dat die buurland en sy mense daartoe in staat is om self ‘n oplossing vir die probleem te […]
Duitse kanselier besoek laaste keer die Withuis - July 15, 2021
Die Duitse kanselier, Angela Merkel, gaan later vandag die laaste keer in die Withuis verskyn wanneer sy die Amerikaanse president, Joe Biden, in Washington ontmoet. Sy verlaat haar posisie in Oktober na meer as 15 jaar. Merkel en Biden gaan volgens berigte ‘n wye verskeidenheid onderwerpe bespreek, insluitend klimaatsverandering, Covid-entstof en Russiese kuber-aanvalle. Merkel sal […]
Nampol vernietg N$10 miljoen se dwelms - July 15, 2021
Die Namibiese polisie het dwelms van byna 10 miljoen Namibiese dollar by die Namibiese polisie se nasionale forensiese wetenskapsinstituut vernietig. Dit sluit onder meer dagga, kokaïenepoeier, Crack kokaïene, heroïne, Mandrax-tablette en metamfetamien in. Volgens Nampol is al die sake van die dwelms wat vernietig is, vanaf die tydperk 2015 tot 2020 en reeds in howe […]
Capitec Bank bekommerd oor vernietiging van kitsbanke - July 15, 2021
Capitec Bank in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die vernietiging van kitsbanke te midde van die voortslepende geweld en plundering in die land. Die bank moedig die publiek aan om veilig en waaksaam te bly, en doen verder ‘n beroep op sy klante om hulle kaarte vir aankope te gebruik aangesien baie takke moes sluit. […]
SA Landbou-sakekamer voorspel stygende insetkoste - July 15, 2021
Die Suid- Afrikaanse Landbou-sakekamer waarsku stygende insetkoste kan winste gemaak uit hoër graanpryse beïnvloed. Die hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê die hoë landbou-kommoditeitspryse was ‘n meevaller vir graan- en oliesade-produsente. Hy sê oor die jongste wêreldwye landboumarkte, die stygende insetkoste vir olie, onkruiddoders en kunsmis kan hierdie winste ondermyn wanneer boere die 2021-2022 produksieseisoen betree.
Britse moordbeskuldigde Harvey Boulter uit op borg van N$500 000 - July 15, 2021
Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, die 51-jarige Harvey Boulter, is op borgtog van 500 000 Namibeise dollar vrygelaat. Hy staan tereg op die moord van sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk, wat op 27 Februarie aan ‘n skietwond beswyk het, glo ná ‘n onderonsie op Boulter se plaas Kaross, in die Kamanjab-distrik. Sy aansoek vir die […]