Junie se inflasie hoogste sedert Mei 2019 - July 15, 2021

Die Namibiese makelaarsfirma Cirrus Data berig dat die jaarlikse inflasie vir Junie 2021 4,1 persent is. Dit is die hoogste vlak sedert Mei 2019. Junie vanjaar se inflasiekoers vergelyk teen 2,1 persent in Junie verlede jaar en 3,8 persent in Mei 2021.

Read More

Covid: armes word armer en rykes word ryker - July 15, 2021

Simonis Storm het in sy kwartaallikse verslag gesê dat mikro- en klein besighede ‘n groter impak tydens die pandemie beleef het. Die makelaarsfirma het ook bepaal dat ongelykheid ook in die Namibiese samelewing vergroot het. Kosmos 94.1 Nuus het met Bruce Hansen, besturende direkteur by Simonis Storm gepraat.

Read More

Kenner twyfel of MK-lede by onluste in SA betrokke is - July 15, 2021

Daar word berig dat die aanhitsers van wat die ANC-regering as ‘goed georkestreerde ekonomiese sabotasie’ beskryf, is na bewering voormalige senior uMkhonto we Sizwe-lede wat ook deel gevorm het van die land se intelligensie en sekuriteitstrukture. Die buurland se adunkminister van Staatsekuriteit Zizi Kodwa het die aankondiging gemaak. Daar is ook berigte dat verskeie aanvalle […]

Read More

Onluste: dieretuine het kos nodig - July 15, 2021

Die eThekwini-munisipaliteit in KwaZulu-Natal vra skenkings om diere by die plaaslike dieretuin en voëlpark te voer. Volgens berigte het die Mitchellpark-dieretuin en Umgenirivier-voëlpark nog net vir ‘n paar dae kos. Die dae lange onluste het daartoe gelei dat beperkte voorraad deur die metro kon beweeg terwyl brandstoftekorte ook ondervind word. Die stad doen nou ‘n […]

Read More

DRK premier beskuldig van US$140m se diefstal - July 15, 2021

Die voormalige premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo Matata Ponyo Mapon is vrygelaat van huisarres na hy ingestem het om vrae oor beweerde ongerymdhede te beantwoord. Aanklaers in die land beskuldig Matata van die diefstal van 140 miljoen Amerikaanse dollar terwyl hy as minister van finansies in die land gedien het. Hy ontken […]

Read More

Olieprys kan tot bo 80 Amerikaanse dollar styg - July 15, 2021

Kenners is dit eens dat oliepryse wel die jaar sal styg en dat dit op die oomblik onmoontlik is om vraag na ru-olie te voorspel. Die Suid-Afrikaanse ekonomiese ontleder Chris Bredenhann wat tans in die Midde Ooste vir Deloitte werksaam is het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die prys kan tot bo 80 Amerikaanse dollar […]

Read More

Dis net ‘n wet, dit kan verander word - July 15, 2021

Reaksie word ontvang op die immuniteit wat die president van Namibië, lewenslank geniet. Standaardpraktyk is normaalweg dat ‘n sittende president immuniteit van vervolging geniet maar die wet is deur die Nasionale Vergadering aangepas om dit lewenslank te maak. Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê dis net ‘n wet en die parlement kan […]

Read More

Onluste: wekroep vir Namibië sê Geingob - July 15, 2021

Tydens die Covid-perskonferensie vandag het President Hage Geingob melding gemaak van die onluste wat tans in die buurland voorkom. Hy sê dit moet as ‘n wekroep dien vir die Namibiese besigheidsmilieu om die geleenthede aan te gryp en self te vervaardig.

Read More

Geingob sê dankie aan donateurs - July 15, 2021

President Hage Geingob het tydens die aankondiging van die Covid-maatreëls verskeie lande bedank wat Namibië tot dusver bygestaan het tydens die pandemie. Talle skenkings is ontvang en entstowwe is ook belowe…

Read More

Verlenging was genoodsaak as gevolg van Covid-gevalle - July 15, 2021

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê die verlenging van die maatreëls is nodig omdat daar geen wesenlik verandering in die bevestigde Covid-gevalle in die afgelope twee weke was nie.

Read More