Maatreëls onveranderd tot 31 Julie - July 15, 2021
President Hage Geingob het die huidige maatreëls verleng tot 31 Julie. Daar is geen aanpassings nie. Hy het pas die land toegespreek. President Hage Geingob het weer ‘n beroep op die publiek gedoen om die Covid-inenting te neem. Hy sê 1,5 miljoen Namibiërs moet geënt wees om kudde-immuniteit te bereik. Hy spreek op die oomblik die land toe […]
Mense ontruim, brandbestryder verdrink in vloede in Duitsland - July 15, 2021
‘n Brandweerman in Duitsland het verdrink en die land se weermag is ontplooi om gestrande inwoners te help nadat die ergste reën in 25-jaar tot oorstromings in die weste van die land gelei het. Nog twee mense word vermis. Internasionale media berig die storm het spoor-, pad- en riviervervoer in die stad Hagein in Duitsland […]
Onluste: eThekwini burgemeester wys sy ware kleure - July 15, 2021
Die DA glo die krisis in die eThekwini-metro in KwaZulu-Natal toon burgemeester Mxolisi Kaunda se ware gedaante nadat hy op Facebook boodskappe geplaas het soos “Free former President Jacob Zuma” en “Msholozi is for us”. Die DA se woordvoerder, Nicole Graham sê Kaunda het dit gedoen nadat dit duidelik was dat Zuma-ondersteuners geweld, plundery en […]
Kunene-polisie bring misdaadvlakke af - July 15, 2021
Misdaad het in die afgelope jaar in die Kunene-streek afgeneem. Veediefstal het afgeneem van 285 gevalle in die 2019-2020 finansiële jaar tot 104 in die 2020-2021 finansiële jaar. Intussen het dwelmmisdaad in dieselfde periode ook afgeneem van 106 gevalle tot 60. Die polisie se streeksbevelvoerder, kommissaris James Nderura sê dit is as gevolg van harde […]
Sonneblomfonds sit N$2m opsy vir kinder-pasiënte - July 15, 2021
DKMS Africa, voorheen bekend as die Sonneblomfonds, het ‘n begroting van meer as 2 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die staatpasiënt-program goedgekeur om oorplantings vir agt pediatriese staatspasiënte onder die ouerdom van agt-jaar moontlik te maak. ‘n Woordvoerder sê dit sal die koste dek wat nie deur die openbare gesondheidstelsel gedek word nie. Dit sluit in […]
Ministeries sukkel met straatkinders - July 15, 2021
Straatkinders is weer ‘n uitdaging in die hoofstad. Die twee lynministeries, jeug en sport en geslagsgelykheid werk reeds ‘n geruime tyd om die kinders van die straat af te kry en te huisves of, soos in die geval van die nou bekende Gobabis-groep, weer by die huis te kry. Maar, soos die minister van jeug […]
Bokke wei hulle trommeldik in Manhattan - July 15, 2021
Owerhede in New York het 24 bokke van ‘n landelike gebied net buite die stad ingespan en in Manhattan ingejaag om indringerspesies op te vreet in Riverside-park. Honderde inwoners het langs die pad met selfone saamgedrom om die skouspel, bekend as die ‘Running of the Goats’, af te neem. Owerhede sê indringerspesies, veral onkruid is […]
Voedselpryse nog duurder - July 15, 2021
Voedselpryse wek internasionaal kommer. Die VN se wêreld voedsel prysindeks is tans op 39,7 persent, die hoogste syfer sedert 2011. Die pandemie het volgens die VN voorsieningskettings onderbreek wat grotendeels die hoë pryse veroorsaak het. Plaaslik is daar ander uitdagings soos ‘n tekort aan vleis na die droogte en aanplantings van verskeie gewasse soos sonneblomme […]
DA sê parlement moet byeenkom - July 15, 2021
Die DA doen ‘n beroep op die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, om ná die ontvangs van sy brief dringend te versoek dat die Parlement onmiddellik weer moet byeenkom. Natasha Mazzone van die DA sê die hele Suid-Afrika moet sien dat sy openbare verteenwoordigers saamwerk om die situasie in Gauteng en KwaZulu-Natal te […]
‘Ons plunder want ons voel vry’ - July 15, 2021
Die onluste in Suid-Afrika is volgens sommige opinies ter ondersteuning van oudpresident Jacob Zuma om vrygelaat te word. Maar, op sosiale media het een lid van die publiek, wat op die video uit ‘n grootkleinhandelaar gekom het met fietse, ‘n televisie en talle meer goedere, sy redes verskaf vir sy deelname aan die plundery…