Sensus tot volgende jaar uitgestel - July 15, 2021

Die Namibië Statistieke-agentskap het aangekondig dat die 2021 Bevolking en Behuisingsensus wat vir Augustus 2021 geskeduleer was, tot Augustus volgende jaar uitgestel is. Die statistikus-generaal, Alex Shimuafeni, het gesê die uitstel is weens mededingende begrotingsprioriteite tydens die huidige Covid-pandemie. Shimuafeni gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Hier is inentings vandag beskikbaar - July 15, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het te kenne gegee dat entstowwe vandag in verskeie distrikte beskikbaar is. Walvisbaai, Omaruru, Rehoboth, Rundu, Tsumeb, Omuthiya, Grootfontein, Otjiwarongo, Katima Mulilo en Mariental het steeds voorraad van die Sinopharm-entstof. Oshakati, Okakarara, Nankudu en Windhoek het geen entstof voorraad nie. Alle ander distrikte het steeds voorraad van beide Sinopharm en AstraZeneca. Lede […]

Read More

‘Groen’ bankkaarte sal 161t se uitlatings verwyder - July 15, 2021

Die wêreldwye finansiële reus HSBC stel volhoubare bankkaarte bekend wat sal wegdoen met enkel-gebruik plastiek en dit teen die einde van 2026 sal vervang met herwinde plastiek. Dit is deel van die bank se strategie om sy koolstofuitsendings te verminder. Gegrond op die huidige volume kaarte wat jaarliks deur HSBC uitgereik word, sal die skuif […]

Read More

Handelskamer vra ingryping in buurland se chaos - July 15, 2021

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid doen ‘n beroep op die ingryping in die veiligheidskrisis in die Suid-Afrikaanse streek. Die Kamer sê as dit onopgelos gelaat word, dit ernstige ekonomiese en maatskaplike gevolge sal hê. Die uitvoerende hoof, Charity Mwiya, sê die burgerlike onrus kan lei tot ‘n invloei van immigrante na buurlande en […]

Read More

Oopkop Suid-Afrikaners maak skoon - July 15, 2021

Die organisasie NotInMyName doen ‘n beroep op oopkop Suid-Afrikaners om vandag te help om inkopiesentrums, spaza-winkels en sakeondernemings in Tshwane skoon te maak sodat hulle weer hul deure kan open. Lede het gister by taxi-verenigings in Mamelodi aangesluit om die Denlyn-winkelsentrum teen plundering en vandalisme te beskerm. Die organisasie se sekretaris-generaal, Themba Masango, sê hulle […]

Read More

Malema vee hom af aan Cyril se vergadering - July 15, 2021

Die leier van die EFF, Julius Malema, het President Cyril Ramaphosa se vergadering met opposisieleiers geïgnoreer. Ramaphosa het met die partyleiers vergader oor oplossings vir die plundering, geweld en vernietiging op plekke in die land. Malema sê hy het hom onttrek aan vergaderings met Ramaphosa omdat die president partyleiers slegs gebruik om besluite te wettig […]

Read More

Kimberley, Durban Curriebeker-kragmetings afgestel - July 15, 2021

Twee Curriebeker-wedstryde wat die naweek gespeel sou word, is afgestel. SA Rugby sê Vrydag se kragmeting tussen die Haaie en die Pumas in Durban is gekanselleer weens die onrus in KwaZulu-Natal. Saru het slegs verwys na buitengewone omstandighede as die rede waarom Saterdag se wedstryd tussen die Griekwas en die Bulle in Kimberley ook nie […]

Read More

IUM pas net afstandsonderrig toe - July 15, 2021

Die Internasionale Universiteit vir Bestuur, oftewel IUM, is bekommerd oor die voortdurende situasie in die land met die Covid-pandemie wat ‘n verwoestende impak het. Die stigter van die universiteit, dr. David Namwandi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat al hul programme aanlyn aangebied word en hulle ten volle gehoor aan die regulasies gee.

Read More

Werkloosheid deels verantwoordelik vir onluste - July 15, 2021

Die stigter van MySocialLife in Suid-Afrika, Dean McCoubrey, sê op Wêrelddag vir Vaardighede wat vandag herdenk word is werkloosheid deels verantwoordelik vir die onrus in Suid-Afrika. Die buurlandland se jeug-werkloosheidsyfer het ‘n nuwe rekord-hoogtepunt van 32,6 persent bereik, die hoogste sedert die kwartaallikse arbeidsmag-opname in 2008 begin het. Meer as 7 miljoen mense is sonder […]

Read More

5,4 ton kokaïne in Colombia gevind - July 15, 2021

Owerhede in Colombia, in samewerking met owerhede in die VSA en Panama, het beslag gelê op 5,4 metrieke ton kokaïne met ‘n beraamde waarde van 185 miljoen Amerikaanse dollar. Die dwelms is op ‘n snelboot gevind en deur die kuswag ingejaag. Owerhede sê die dwelms was op pad na die VSA en kenners meen die […]

Read More