Tips on how to Impress Your Asian Foreigner Girlfriend - July 15, 2021
Finding a great Asian foreigner girlfriend can be tricky. You will discover two ways to approach the condition. If you’re not a indigenous speaker from the language, you can try to learn Chinese prior to trying to persuade your new absolutely adore interest to go out with you. This will likely also help in making […]
AmaZulu-koning vra vir vrede en kalmte - July 14, 2021
Die koning van die AmaZulu, Misuzulu kaZwelethini Zulu, het ‘n beroep gedoen vir vrede en kalmte in KwaZulu-Natal. Altesaam 39 vragmotors is by die Mooirivier-tolplaza aan die brand gesteek en honderde mense het sedertdien meubel- en koswinkels in die provinsie geplunder. Die koning sê die geweldpleging en plundery gaan die land se ekonomie verwoes.
Noodtoestand nog nie in SA afgekondig - July 14, 2021
Ondanks die plundery en onluste in die buurland, is die Suid-Afrikaanse regering nog nie bereid om ‘n noodtoestand af te kondig nie. Die bierbedryf in Suid-Afrika het sy stem gevoeg by ander wat pleit dat die regering ’n nasionale noodtoestand afkondig. Verskeie aanlegte, pakhuise en brouerye was die afgelope paar dae die teiken van plunderaars. […]
Voormalige Telecom-werker vas met koperkabels - July 14, 2021
Die Namibiese polisie het bevestig ‘n 45-jarige man is met 701 kilogram sakke koperkabels ter waarde van meer as 75 000 Namibiese dollar by Epako in die Gobabis-distrik in die Omaheke-streek in hegtenis geneem. Volgens Nampol is die verdagte ‘n voormalige werker van Telecom Gobabis. Hy is egter Covid-positief en is eers vrygelaat, maar sal […]
Nóg huldeblyke vir ontslape Namibiese akteur - July 14, 2021
Nóg huldeblyke stroom in vir die ontslape Namibiese veteraan-akteur, dramaturg en regisseur David Ndjavera. Ndjavera het vanoggend in die hoofstad gesterf, vier dae na die Covid-verwante dood van sy vrou, Helena Ndjavera, wat in die voorste linies gewerk het. Ndjavera was bekend vir sy spel in die rolprente Taste of Rain, Katutura en Hairareb. Verskeie […]
Namibiese President spreek land môre om 11:00 toe - July 14, 2021
Die Namibiese Presidensie het bevestig dat President Hage Geingob môreoggend om 11-uur die land sal toespreek oor die jongste maatreëls in verband met die Covid-pandemie. Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het bevestig dat die piek van die derde vlaag reeds bereik is, maar vandag is die hoogste getal van 150 nuwe Covid-verwante sterftes in […]
Polisiehoof stel Namibiese besighede gerus oor vermeende plundery - July 14, 2021
Die huidige onrus in Suid-Afrika het gelei tot dreigende boodskappe op sosiale media van beplande plundery en oproer wat glo Vrydag by inkoopsentrums in Windhoek sal plaasvind. Volgens Maerua Mall is die geldigheid hiervan onbevestig. Maerua Mall sê dit is saam met sy sekuriteitsmaatskappy en die Namibiese polisie op ‘n gereedheidsgrondslag en noodplanne is in […]
Gupta-medepligtige vry op borgtog van N$500 miljoen - July 14, 2021
Die voormalige Transnet-raadslid en vermeende Gupta medepligtige, Iqbal Sharma, is borgtog van 500 000 Namibiese dollar toegestaan. Sharma het vandag in die Hooggeregshof in Bloemfontein verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery in verband met ‘n tender van ongeveer 25 miljoen Namibiese dollar. Sharma is ook beveel om binne drie dae 600 […]
Skade van sowat N$1 miljard in KwaZulu-Natal - July 14, 2021
KwaZulu-Natal se premier, Sihle Zikalala reken die skade wat weens plundery, skade en sabotasie aan die provinsie se ekonomie aangerig is, gaan meer as een miljard Namibiese dollar kos om te herstel. Die meeste munisipaliteite is deur die plundery geraak, terwyl infrastruktuur vernietig en dienslewering ontwrig is. Zikalala skat die skade aan privaat en openbare […]
Covid-19: 150 sterfgevalle in 21 distrikte - July 14, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 150 Covid-sterfgevalle in 21 distrikte aangekondig, asook 730 nuwe gevalle uit 1 941 toetsuitslae. In die groep is 78 leerders, 18 onderwysers, 14 studente, 29 gesondheidswerkers en 11 werkers in die mynboubedryf. Daar is nou 26 113 aktiewe gevalle, waarvan 551 pasiënte in hospitale en 111 in intensiewesorgeenhede is. Die adjunk-gesondheidsminister, […]