Gasvryheidsverniging van Namibië spog met eerste vroulike voorsitter - July 14, 2021
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië spog met sy eerste vroulike direksievoorsitter, Janet Wilson Moore van Legacy Hotels. Die nuwe uitvoerende raadslede van die vereniging is Ally Karaerua van Natural Selection, Herman Kalipa van Kali Guesthouse, Shuttle & Tours en Suzanne Bonitz Reservation Destination. Hulle sal ondanks die uitdagings van die Covid-pandemie, die Namibiese toerismesektor op die […]
Almal is rolspelers om teenkorrupsie te beveg - July 14, 2021
Die rol van belanghebbendes om die teenkorrupsie-agenda te bevorder is baie belangrik. Om korrupsie in of die regering of in die samelewing te beveg, moet alle rolspelers betrokke wees. Wie is hierdie rolspelers almal in die stryd teen korrupsie? Die Namibiese ombudsman, John Nakuta het vandag tydens ‘n bespreking oor die bevordering van die teenkorrupsie-agenda, […]
Navorsing oor teenkorrupsie en -bedrog in maatskappye - July 14, 2021
Tot onlangs nog was talle maatskappye nog nie bewus van die belangrikheid om teenkorrupsie- en teenbedrogprogramme te ontwikkel om hierdie probleme te vermy, op te spoor en daarop te reageer nie. BDO, ‘n wêreldwye netwerk van openbare boekhoufirmas, doen navorsing om uit te vind wat tans in maatskappye gebeur en relevante oplossings teen bedrog en […]
Informele handelaars verloor inkomste weens oproer - July 14, 2021
Die South African Informal Traders Alliance sê honderde informele handelaars het enige hoop op inkomste verloor te midde van die voortslepende oproer en plundery. Die alliansie doen ‘n beroep op die regering om sy belofte van geldelike hulp aan die informele sektor na te kom en die aanvanklike bedrag tot een-duisend-rand per persoon per maand […]
SAMA sê dokters brand uit - July 14, 2021
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het ‘n beroep op die regering gedoen om aandag te gee aan die hoë vlakke van uitbranding onder dokters en ander mediese personeel. SAMA sê hospitale sukkel om tred te hou met die toestroming van pasiënte weens ernstige personeeltekorte. Ingryping vanaf beide die nasionale en provinsiale regering is gevra. SAMA sê […]
Action SA stel regstappe teen Ramaphosa in - July 14, 2021
ActionSA sê hy gaan regstappe instel teen President Cyril Ramaphosa, die minister van Polisie Bheki Cele, en ministers in die veiligheidsgroepering. Dit volg ná die verwoesting van eiendom en wydverspreide plundery in Gauteng en KwaZulu-Natal. ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die regering het nie behoorlike wetstoepassing voorsien om lewens, sakeondernemings en eiendom te beskerm […]
Huldeblyke stroom in vir ontslape Namibiese akteur - July 14, 2021
Huldeblyke stroom steeds in vir die Namibiese veteraan-akteur, dramaturg en regisseur David Ndjavera. Ndjavera het vanoggend in die hoofstad gesterf, vier dae na die dood van sy vrou, Helena Ndjavera. Die talentvolle akteur wat deur talle as die John Khani of Denzel Washington van Namibië genoem is, word deur sanger, liedjieskrywer en aktrise Lize Ehlers […]
Wes-Kaap wil wyn en drank aanlyn verkoop - July 14, 2021
Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, het ‘n beroep op die nasionale regering gedoen om toe te laat dat wyn en drank aanlyn verkoop en per afleweringsdiens by kliënte se huise afgelewer word. Meyer sê in ‘n verklaring hierdie aanpassing van vlak 4 sal in ooreenstemming wees met die verbod op byeenkomste terwyl dit […]
Sensus tot Augustus 2022 uitgestel - July 14, 2021
Die Namibië Statistieke-agentskap het aangekondig dat die 2021 Bevolking en Behuisingsensus wat vir Augustus 2021 geskeduleer was, tot Augustus volgende jaar uitgestel is. Die statistikus-generaal, Alex Shimuafeni, het in ‘mediaverklaring gesê die uitstel is weens mededingende prioriteite soos die huidige Covid-pandemie. Hy het gesê die huishoudelike deel van die sensus is afgehandel en hulle is […]
Geen gevalle van plundery in Wes-Kaap - July 14, 2021
Die Wes-Kaap se provinsiale noodrampbestuursentrum het bevestig dat vanaf vanoggend daar geen bevestigde voorvalle van plundery in enige streek van die provinsie aangemeld is nie. Daar was ‘n berig van taxi-verwante geweld op die N2, maar geen ander voorvalle is aangemeld nie. Die woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en omgewingsake, James Brent-Styan […]