Huur: indeks krimp maar dit dra meer by tot inflasie? Ekonoom verduidelik - July 14, 2021
Reaksie word ontvang op die inkrimping van FNB se residensiële huur-indeks. Die indeks het einde Maart 2021 ‘n jaarlikse inkrimping van 3,1 persent getoon, teenoor nul persent ‘n jaar gelede. Huur- en voedselpryse was egter die hoofbydraer tot inflasie vir Mei 2021. Cons Karamata, ‘n plaaslike ekonoom, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Daar sal geen brandstoftekorte wees in Nam nie - July 14, 2021
Daar is geen rede tot kommer in verband met brandstof voorraad nie. Immanuel Mulunga, besturende direkteur van Namcor het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die situasie wat homself op die oomblik in die buurland afspeel, met tekorte wat reeds in KwaZulu-Natal aangemeldis, nie hier sal plaasvind nie. Hy verduidelik.
Sikunga-wagte looi Zambezi-stropers - July 14, 2021
Stropery neem toe in die Zambezi-rivier en volgens die jongste berigte is daar in die afgelope paar dae verskeie nette en makoros gekonfiskeer. Die Sikunga Veldwagters wat die gebied op die oewer van die Zambezi-rivier in die Sikunga bewaringsgebied patrolleer sê Maandag is ‘n stroper gevang en daar is beslag gelê op sy makoro en […]
Reeds 3 676 tienerswangerskappe die jaar - July 14, 2021
Die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds sê al hoe meer tieners in Namibië word swanger met 3 676 wat tot dusver vanjaar swanger geword het teenoor ‘n totaal van 2 962 in 2016. Daar word bespiegel dat Covid ‘n noemenswaardige impak op toegang tot seksuele gesondheidsdienste gehad het en verlede jaar is meer as 3 000 […]
Onluste in SA is ‘n geleentheid vir Nam – Hangala - July 14, 2021
Die bekende Namibiese besigheidsman en voorsitter van die Hangala-groep, dr. Leake Hangala sê die onluste in Suid-Afrika is ‘n bedreiging vir Namibië maar weereens ‘n teken dat die land sy eie pad moet baan vir die produksie van goedere wat plaaslik verbruik word. Meer as 60 persent van kosvoorrade word ingevoer met die meerderheid wat […]
Botswana waarsku burgers oor reis na SA - July 14, 2021
Botswana het ‘n beroep op sy burgers gedoen om nie- noodsaaklike reise na dele van Suid-Afrika, veral KwaZulu-Natal en Gauteng, te vermy weens die voortslepende geweld. Botswana het ‘n verklaring uitgereik waarin sy ministerie van Buitelandse Sake en Samewerking sy burgers wat reeds in Suid-Afrika is, aanraai om uiters versigtig te wees, veral in Johannesburg […]
Nog beroepe vir noodtoestand in SA - July 14, 2021
Die Suid-Afrikaanse regering word toenemend oorval met versoeke om ‘n noodtoestand af te kondig. Die bierbedryf, AgriSA en die Suid-Afrikaanse Raad op Verbruikersgoedere het aangesluit by die oproep deur die Durbanse Kamer van Handel en Nywerheid. Die Biervereniging se woordvoerder, Patricia Pillay, sê meer as 600 kleinhandel- en drankwinkels is beskadig, en dit het enorme […]
Kapenaars gewaarsku oor fopnuus - July 14, 2021
Die burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, het ‘n beroep op inwoners gedoen om op te hou om vals berigte oor openbare geweld in die stad te versprei wat op ou beeldmateriaal gebaseer is. Hy sê dit maak dit moeilik om voorvalle op te volg. Hy het benadruk alle inwoners moet saamwerk om die stad se […]
Kommer oor toenemende trauma en angs in SA - July 14, 2021
Daar is kommer oor trauma in Suid-Afrika. Met ekonomiese uitdagings, werkloosheid en die impak van die pandemie en inperkings, was traumavlakke in die buurland reeds hoog. Met die huidige geweld en plundering in die buurland wat verdere onsekerheid skep, sê dr. Pixie du Toit, Suid-Afrikaners is nie emosioneel op ‘n goeie plek nie.
Whk-krematorium onder druk - July 14, 2021
Stad Windhoek se krematorium is onder druk weens die talle Covid-sterfgevalle en liggame wat veras moet word. Stad Windhoek se hoofskakelbeampte, Harold Akwenye, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê alhoewel die krematorium tans ‘n roetine-onderhoud ondergaan, is dit onder druk, want hulle help die gesondheidsministerie met die verassing van onopgeisde liggame. Stad Windhoek het ook […]