Cyril-Trump ontmoeting reeds voordelig vir Suider-Afrika - May 21, 2025

Suider-Afrika, Namibië ingesluit, se oë is vandag op die Withuis, waar Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa en Amerikaanse president Donald Trump sal ontmoet. Professor Jannie Rossouw van die Wits Sakeskool sê die samesprekings plaas Suider-Afrika as ontwikkelingstreek weer op die internasionale toneel. Dit sal positief vir die streek wees as die twee presidente sekere handelsooreenkomste kan […]

Read More

Nasionale Raad hoor van nalatigheid, geldvermorsing by Nida-projekte - May 21, 2025

Die opvolgverslag van die Nasionale Raad se staande komitee oor Openbare Rekeninge en Ekonomie oor sy besoeke aan die Karas-, Otjozondjupa-, Zambezi-, Kavango Wes- en Oshana-streke oor landbouverwerkingsprojekte is hersien. Die projekte sluit in die van die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida. Een van die bevindinge is dat die nalatigheid en vermorsing van regeringsprojekte en -eiendomme […]

Read More

WGO neem globale pandemie-verdrag aan - May 21, 2025

Lede van die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n ooreenkoms aanvaar om voorbereiding vir moontlike toekomstige pandemies te verbeter na die onsamehangende wêreldwye reaksie op Covid-19. Na drie jaar van onderhandelinge is die wettige verdrag deur die Wêreldgesondheidsvergadering in Genève aangeneem. Die verdrag word beskou as ‘n oorwinning vir lede van die wêreldgesondheidsagentskap in ‘n tyd waar multilaterale […]

Read More

NNN ontmoet Tanzaniese eweknie in Dar es Salaam - May 21, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Dinsdagmiddag in die Tanzaniese hoofstad Dar es Salaam aangekom om haar streeksverbintenisse voort te sit. Sy en haar afvaardiging is op die Julius Nyerere Internasionale Lughawe ontmoet deur die Tanzaniese buitelandse sake-minister en Oos-Afrikaanse samewerkingsambassadeur, Mahmoud Thabit Kombo. Die president het by Staatshuis met Tanzaniese president Samia Suluhu Hassan vergader voordat […]

Read More

SA immigrasiekrisis raak buite beheer: Action SA - May 21, 2025

ActionSA sê Suid-Afrika worstel met ‘n immigrasiekrisis wat buite beheer raak. Lerato Ngobeni van die party sê die land het ‘n grens vol gate, ‘n binnelandse sake-departement wat ineenstort en ‘n regering wat die politieke wil verloor het om op te tree. Sy sê ActionSA het lankal gewaarsku dat onbeheerde en ongedokumenteerde immigrasie wetteloosheid aanwakker, […]

Read More

VK skort vrye handel-gesprekke met Israel op - May 21, 2025

Betrekkinge tussen die Verenigde Koninkryk en Israel het die laagste vlak in dekades bereik nadat die Britse buitelandse sake-minister, David Lammy, onderhandelinge oor ‘n nuwe vrye handelstransaksie opgeskort het. Hy sê dat breër gesprekke oor ‘n toekomstige bilaterale strategiese padkaart met Israel ook hersien word. Lammy het in die parlement gesê dat Israel se behandeling […]

Read More

EU stel nuwe sanksies teen Rusland in - May 21, 2025

Die Europese Unie het formeel ‘n nuwe stel sanksies teen Rusland aanvaar wat op sy “skaduvloot” olietenkskepe gemik is, en het Moskou met meer strafmaatreëls gedreig omdat hulle nie ingestem het tot ‘n wapenstilstand in Oekraïne nie. Die hoof van buitelandse beleid van die Europese Unie, Kaja Kallas, het op X geskryf meer sanksies word […]

Read More

Afrika Biblioteek en Inligtingverenigings konferensie skop in Windhoek af - May 20, 2025

Die 6de Afrika Biblioteek en Inligtingverenigings en -Instellings konferensie het in Windhoek begin. Ellen Namhila, pro-visekanselier van die Universiteit van Namibië, het by die amptelike opening gepraat en sê dit is ‘n groot eer vir Namibië om die konferensie asook die 8ste Afrika-biblioteekberaad aan te bied. Sy het die belangrikheid van die konferensie vir die […]

Read More

Nissan se aanleg-sluit planne bekommer Numsa - May 20, 2025

Numsa sê hy neem met kommer kennis van mediaberigte dat Nissan planne het om van sy aanlegte, insluitend die in Suid-Afrika, te sluit as deel van ‘n kostebesparingsplan. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het geen formele kommunikasie of bevestiging ontvang nie en die inligting is slegs op mediaberigte gebaseer. Sy sê indien hierdie […]

Read More

Minstens 44 mense in Israelse aanvalle dood: Gaza-agentskap - May 20, 2025

Gaza se burgerlike verdedigingsagentskap sê Israelse aanvalle het vandag minstens 44 mense regoor die oorloggeteisterde Palestynse gebied se lewens geëis. Israel het sy militêre offensief teen Hamas verskerp. Hulp het gister vir die eerste keer in meer as twee maande die Gaza-strook binnegegaan, na wye veroordeling van Israel se algehele blokkade wat tot tekorte aan […]

Read More