Sien? Oefening kan jou lewe red! - July 14, 2021

Danksy ‘n aanlyn-fiksheidsessie op Zoom is drie verdagtes op kamera vasgevang en op Swakopmund in hegtenis geneem. Gisteroggend omstreeks agt-uur het mans ‘n huis in Agapanthusstraat in die Ocean View-woonbuurt op Swakopmund ingegaan om glo te steel. Na bewering het die verdagtes die bejaarde inwoners van die huis, Riaan Booysen en Elizabeth Rossouw, met ‘n […]

Read More

Pandor kom vandag aan - July 14, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, kom vanmiddag in Namibië aan om politieke en diplomatieke konsultasies tussen Namibië en Suid-Afrika te hê, het die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge in ‘n mediaverklaring bevestig. Pandor sou gister reeds Namibië toe gekom het, maar haar besoek is weens die onluste in Suid-Afrika tot […]

Read More

Aune is bewys dat enigiets moontlik is - July 14, 2021

Aune Angobe, ‘n Namibiër wat net 500 Namibiese dollar gehad het toe sy die eerste keer Suid-Afrika toe gegaan het, gaan vandeesweek haar meestersgraad in molekulêre selbiologie aan die Universiteit van Kaapstad behaal, berig Suid-Afrikaanse media. Sy het ‘n gemiddeld van 95 persent vir haar kursus behaal.

Read More

Wes-Kaap: Tot dusver geen geweld of plundery - July 13, 2021

Daar is tot dusver nog geen voorvalle van geweld of plundery in die Wes-Kaap aangemeld nie. Die Wes-Kaapse premier Alan Winde het vroeër vandag met verskeie rolspelers in die Moederstad vergader om die provinsie se reaksieplanne uiteen te sit, vir as die geweld wel na die Wes-Kaap sal oorspoel. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is […]

Read More

‘Privaatskole moet nasionale regulasies volg’ - July 13, 2021

Verskeie privaatskole in die Otjozondjupa-streek het die Namibiese onderwysminsiterie genader rakende die nuwe skoolkalender. Hulle wou weet of hulle die ou privaatskoolkalender moet volg, of die nuwe een wat deur die onderwysministerie voorsien is. Hulle het egter nie terugvoering van die onderwysministerie ontvang nie en sal die nuwe kalender van die ministerie volg. Ayesha Wentworth, […]

Read More

Namibiese ekonoom: Impak van SA onrus dadelik gevoel - July 13, 2021

Namibië is afhanklik van Suid-Afrika van goedere en met die onrus en plundery, gaan dit ‘n erge impak op Namibiërs se lewens hê. Namibiese ekonoom Salomo Hei van High Economic Intelligence, het gesê Namibiërs gaan onmiddellik die impak voel met die invoer van produkte, veral met goedere wat per pad vanaf Suid-Afrika na Namibië vervoer […]

Read More

Botswana raai burgers af om na SA, Eswatini te reis - July 13, 2021

Botswana het sy burgers vandag afgeraai om na Suid-Afrika en Eswatini te reis. Die land se departement van internasionale betrekkinge en samewerking waarsku teen onnodige reise na sommige dele van Suid-Afrika, veral KwaZulu-Natal en Gauteng, weens die voortslepende onrus. Botswana waarsku ook sy burgers in veral Durban en Johannesburg om nie onnodig te reis nie […]

Read More

Lufthansa-vlugte tussen Frankfurt en Windhoek gesny - July 13, 2021

Met Namibië wat in Duitsland as ‘n virusvariant-gebied deur die Robert Koch-instituut verklaar is, het die Lufthansa-groep aangekondig dat hul vlugte tussen Frankfurt en Windhoek vanaf vandag van vyf vlugte na drie vlugte per week verminder word. Dr. André Schulz, Lufthansa se bestuurder van Suider- en Oos-Afrika, het in ‘n mediaverklaring gesê vlugte uit Windhoek […]

Read More

Geen voorspellings oor nuwe Covid-regulasies - July 13, 2021

Die 14 dae van die nuwe Covid-regulasies is byna verby en verstryk Donderdag. As na die Covid-statistieke van die afgelope paar dae gekyk word, word gewonder of die huidige inperking verleng sal word. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, het nie voorspellings met veranderde regulasies gewaag nie, maar het aan Kosmos 94.1 […]

Read More

Meer as 100 babas in 91 uur in Texas-hospitaal gebore - July 13, 2021

Altesaam 107 babas is verlede maand binne 91 uur by ‘n hospitaal in Texas gebore, berig internasionale media. Die vorige rekord was 48 geboortes binne 41 uur. Die hospitaal sê die span het baie hard gewerk, maar het baie pret gehad met om al die gesinne tydens hierdie besige tye te versorg.

Read More