Man in Noordwes vas oor ietermagôs - July 13, 2021
‘n Man het in die landdroshof in Ganyesa in die Noordwes-provinsie verskyn weens die besit van ietermagôs ter waarde van 60 000 Namibiese dollar. Die 42-jarige Onneile Monnanyane is in ‘n nedersetting by Morokweng aangekeer. Dit het gevolg na die spoedige optrede van ‘n multidissiplinêre span bestaande uit lede van die honde-eenheid en natuurbewaringsbeamptes. ‘n […]
SA Weermag ontplooi na brandpunte in KwaZulu-Natal - July 13, 2021
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is ontplooi na brandpunte in KwaZulu-Natal. Die polisie het reeds 304 verdagtes in hegtenis geneem in die provinsie. Die weermag is ontplooi om wetstoepassers te help om wet en orde te herstel te midde van plundering en gewelddadige versetoptrede in dele van die land. Altesaam 2 500 soldate is ook ontplooi […]
Internasionale Lughawe Hosea Kutako: Meer passasiers in Mei 2021 as vorige jaar - July 13, 2021
Salomo Hei, ekonoom van High Economic Intelligence, sê die Internasionale Lughawe Hosea Kutako het ondanks die enorme afname van passasiers sedert die Covid-inperkings, ‘n toename van passasiers tussen Mei 2020 en Mei vanjaar gehad. Die aantal passasiers wat arriveer het, het vanaf 381 in Mei verlede jaar tydens die aanvanklike Covid-inperking tot 11 217 in […]
Venaani sê SA onrus gaan erge impak op Namibië hê - July 13, 2021
Namibiërs voeg hul stem by die voortgaande politieke onstabiliteit in Suid-Afrika. Dit volg na die onrus en plundery ná oudpresident Jacob Zuma in hegtenis geneem is. Namibië kry sowat 70 persent van ons voedselitems en mediese voorrade van Suid-Afrika, sê die PDM-leier, McHenry Venaani. Venaani het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit gaan talle impakte […]
Noordwes-man vas oor ietermagôs - July 13, 2021
‘n Man het in die landdroshof in Ganyesa in die Noordwes-provinsie verskyn weens die besit van ietermagôs ter waarde van 60 000 Namibiese dollar. Die 42-jarige Onneile Monnanyane is in ‘n nedersetting by Morokweng aangekeer. Dit het gevolg na die spoedige optrede van ‘n multidissiplinêre span bestaande uit lede van die honde-eenheid en natuurbewaringsbeamptes. ‘n […]
SA Nasionale Weermag in Nelson Mandelabaai ontplooi - July 13, 2021
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in Nelson Mandelabaai ontplooi nadat premier Oscar Mabuyane dit as voorsorgmaatreël versoek het. Dit volg nadat geweld en plundery vandag in ander provinsies voortgaan. Soldate is vanmiddag buite die Motherwell-winkelsentrum opgemerk. Ten spyte van vrese dat oproer en geweld steeds mag opvlam, is daar vandag geen berigte van sulke voorvalle […]
Steve ‘Biko’ Booys môre weer in die hof - July 13, 2021
Die omstrede voormalige Okahandja-streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, verskyn môre weer in die landdroshof op die dorp. Booys is sedert 2 Februarie in aanhouding op klagte bloedskande en verkragting. Daar is bevind dat Booys geen voordeel vir geregtigheid in sy aansoek kon bewys nie en verder, daar is vrese dat hy kan inmeng in die ondersoek. Die staat het reeds bewys dat […]
Covid-19: 71 sterftes in 11 distrikte - July 13, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 71 Covid-verwante sterftes in 11 distrikte aangekondig, asook 1 176 nuwe Covid-gevalle uit 3 045 toetsuitslae. In die groep is 108 leerders, 20 onderwysers, 30 studente, 35 gesondheidswerkers, vyf gevangenes, agt werkers in die visserybedryf en drie in die mynbedryf. Daar is nou 27 046 aktiewe gevalle waarvan 552 in hospitale […]
Vinpro-studie toon 46% van wynhandelsmerke in swart besit gaan nie oorleef - July 13, 2021
‘n Onlangse studie deur Vinpro toon 46 persent wyn-handelsmerke en -ondernemings in swart besit gaan waarskynlik nie die jaar oorleef nie, aldus die DA in die Wes-Kaap. Die woordvoerder vir landbou en ogewingsake, Andricus van der Westhuizen, sê die voortslepende verbod op alkoholverkope bedreig hervormingspogings omdat die grootste deel van opkomende swart wynboere se inkomste […]
SA Weermag gemaan teen agressiewe optrede - July 13, 2021
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Dirk Kotzé sê die weermag en ander wetstoepassingsagentskappe moet selfbeheersing uitoefen wanneer hulle die huidige geweld en plundering onderdruk. Dit volg nadat die weermag ontplooi is teen skares in KwaZulu-Natal en Gauteng wat betoog nadat oudpresident Jacob Zuma tronk toe is. Kotzé waarsku dat aggressiewe optrede die situasie kan vererger. […]