Agt mense sterf ná Chinese hotel ineengestort het - July 13, 2021
Minstens agt mense het gesterf toe ‘n gedeelte van ‘n hotel in Suzhou, China ineengestort het. Nege mense word vermis terwyl reddingswerkers steeds in die puin van die hotel na oorlewendes soek. Plaaslike media berig 14 mense is gered en daar word reeds ondersoek ingestel na die oorsaak van die voorval. Die bekostigbare hotel is […]
Blou diamant vir meer as N$576 miljoen verkoop - July 13, 2021
Die blou diamant van meer as 39 karaat wat in April vanjaar by Petra Diamonds se myn op Cullinan opgediep is, is nou vir meer as 576 miljoen Namibiese dollar verkoop. Dis een van die beste pryse nóg vir ‘n ongeslypte diamant.
Comair se vlugte tot 31 Augustus op die grond - July 13, 2021
Comair sal die opskorting van geskeduleerde kulula.com en British Airways-vlugte verleng tot die 31ste van volgende maand. ‘n Woordvoerder sê die verbod op alle nie-noodsaaklike reise van en na Gauteng, sowel as min of geen vraag na sakereise nie, en die internasionale reisverbod het daartoe gelei dat Comair alle geskeduleerde vlugte vanaf die vyfde Julie […]
Amerikaanse ambassade in Namibië help 13 000 vroulike sekswerkers - July 13, 2021
Tussen April 2020 en Maart vanjaar het die Amerikaanse ambassade in Namibië se KP-STAR-program sowat 13 000 vroulike sekswerkers bereik, wat MIV-toetse en –voorkoming, en antiretrovirale terapie insluit. Die program identifiseer ook kinders wat saam met die sekswerkers woon en verskaf sielkundige hulp, maatskaplike welsyn en programme aan hulle. Die woordvoerder van die Amerikaanse ambassade […]
Tuberkulose-pasiënte bevrees oor haglike toestand van hospitaal - July 13, 2021
Tuberkulose-pasiënte in die Orsmond Tuberkulose-hospitaal in Uitenhage vrees nie weens die siekte waarteen hul veg vir hul lewe nie, eerder oor die haglike toestand van die hospitaal. Dit is volgens ‘n DA-lid in die wetgewer, Jane Cowley, wat byvoeg sy het onlangs ‘n toesigbesoek by die hospitaal afgelê. Volgens haar is sekere afdelings in ‘n […]
Verwarring oor heropening van privaatskole - July 13, 2021
Daar heers verwarring oor die datum van die heropening van privaatskole in Namibië en of hulle op dieselfde datum as staatskole heropen. Colette Riekert, voorsitter van die Privaatskole-verening het gesê privaatskole heropen in dieselfde week as staatskole, maar is steeds besig met aanlyn-onderrig.
Kaapse damvlakke hoër as verlede jaar - July 13, 2021
Met Namibiese damvlakke wat op ‘n totaal van 86,2 persent staan, is die damvlakke in die Wes-Kaap is tans 20 persent hoër as dieselfde tydperk verlede jaar, met die gemiddeld wat tans op 71,5 persent staan. Dit word aan die goeie reënval die afgelope twee weke in die provinsie toegeskryf. Die grootste dam in die […]
Warriors byt vas in Cosafa - July 13, 2021
Die Brave Warriors se derde Cosafa wedstryd het 1-1 teen Malawi geëindig. Die span het vir die volgende ronde gekwalifiseer. Die Warriors sal ten minste een punt in hulle volgende wedstryd nodig hê om in die toernooi te bly. Hulle volgende wedstryd is môremiddag 12-uur teen Mosambiek. Die leier van die PDM-party McHenry Venaani het […]
AgriSA vra vir noodtoestand - July 13, 2021
Agri SA doen ‘n beroep op die Presidensie om ‘n nasionale noodtoestand te verklaar om die wetteloosheid wat in die land wortel geskiet het, te beëindig. Die uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê paaie wat versper word hou ‘n ernstige bedreiging vir die landbousektor in. Hy verduidelik hierdie soort kriminele optrede beïnvloed die uitvoer […]
Entstof: so lyk stand van sake in die land - July 13, 2021
Die adjunk-uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van gesondheid Petronella Masabane het bevestig dat Oshakati, Windhoek en Rehoboth se entstof-voorraad van beide produkte, op is. Sy voeg by dat Swakopmund, Okahandja, Grootfontein, Katima Mulilo en Mariental geen meer AstraZeneca voorraad het nie maar dien nog Sinopharm spuite toe. Distrikte wat nie genoem is nie het […]