‘Geen nut om besighede oop te hou op Khorixas nie’ - July 13, 2021

Besigheidseienaars op Khorixas sê hulle sal eerder hulle besighede sluit omdat hulle op die stadium amper niks inkomste het nie. Winkel-eienaars het aan nuusagentskappe gesê dat al koop hulle voorraad aan, daar is amper geen klante om die produkte te koop nie en dus, maak dit nie besigheidsin nie. Selfs informele handelaars stem saam en […]

Read More

Dis koud en nat op Noordoewer - July 13, 2021

Die eerste werklike koue van die winterseisoen het aangekom met ‘n yslike kouefront wat in die Kaap aangekom het. Dit is behoorlik bibberweer en die weerdiens sê die koue sal ook die sentrale noorde teen Donderdag bereik. Verskeie plekke het baie koue temperature vanoggend aangemeld met meer as -9 grade op Finkenstein oos van die […]

Read More

Onluste sal nie plaaslike tekorte veroorsaak nie - July 13, 2021

Onluste in Suid-Afrika het plaaslik kommer gewek veral in verband met ‘n onderbreking in waardekettings. Namibië voer die meerderheid van sy voedsel vanaf Suid-Afrika in en maak staat op die buurland om winkelrakke vol te hou. Maar, volgens die bekend Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher, sal daar nie ‘n wesenlik impak wees nie. En in […]

Read More

Okonjima sê jammer - July 13, 2021

Okonjima het deur middel van ‘n verklaring wat aan die Namibiese Professionele Jagtersvereniging gerig is, om verskoning gevra as hy enige lede van die jagbedryf aanstoot gegee het met sy fondsinsameling video. Napha het vroeër skerp gereageer op video’s wat Okonjima op sy Facebook-blad geplaas het om witrenosters te beskerm. Yanna Smith het die besonderhede.

Read More

Huurindeks krimp weer - July 13, 2021

Die vraag na eiendomme te huur word as staties beskryf en word volgens kenners gedryf deur die huidige resessie wat Namibië ervaar. Die residensiële huurindeks het in Maart met 3,1 persent op ‘n jaargrondslag ingekrimp volgens navorsing deur FNB. Die bank se bestuurder van navorsing Frans Uusiku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Lufthansa laat vaar ‘dames en here’ - July 13, 2021

Lufthansa het aangekondig dat hy nie meer passasiers met ‘dames en here’ sal groet nie. Internasionale nuusagentskappe berig dat die Duitse redery in ‘n verklaring sê dat hy eerder ‘n geslagsneutrale begroeting wil toepas. Bemanning word volgens die verklaring aangemoedig om eerder passasiers as geëerde gaste aan te spreek of om net goeie môre of […]

Read More

Noodtoestand nie nodig nie – Mapisa-Nqakula - July 13, 2021

Die buurland se minister van Polisie Bheki Cele, sê magte is ontplooi om te verseker dat die situasie op grondvlak nie verder verswak nie. Hy sê niemand sal toegelaat word om ‘n bespotting van die buurland se demokrasie te maak nie. Intussen het Suid-Afrika se minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, gesê die regering hersien voortdurend […]

Read More

Korrektiewe Dienste het met inentings begin - July 13, 2021

Inentings het reeds by korrektiewe fasiliteite regoor die land begin. Die hoof van die diens se personeel direktoraat kommissaris Sam Shalulange het dit aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig na navrae oor die uitstel van die Fishrot-verhoor as gevolg van Covid-vrese. Shalulange sê die diens se voorraad is op en hulle wag op die volgende besending.

Read More

Hauwei reik uit na SA - July 13, 2021

Die inligtingstegnologie-reus Huawei sê hy tref voorbereidings om die hernubare energiesektor in Suid-Afrika te betree met planne om hernubare kragsentrales in die land te vestig. Die Chinese maatskappy het by ‘n onlangse aanlyngeleentheid sy hernubare energiestrategie vir Afrika bekendgestel. Sy plaaslike hernubare energie-eenheid, die Huawei Suider-Afrika Digitale-krag-maatskappy, sê sy mikpunt is om te help bou […]

Read More

Gaza moet sy hulp in koopbewyse ontvang meet Bennett - July 13, 2021

Israel sê buitelandse hulp aan Gaza moet deur middel van ‘n koopbewysstelsel uitbetaal word om te verseker dat die fondse nie in die hande van Hamas beland nie. Dit is die mening van die premier Naftali Bennett wat die hulpstelsel so wil aanpas. Humanitêre agentskappe sê 500 miljoen Amerikaanse dollar is nodig om die strook […]

Read More