Covid se impak sal nou langer duur - July 13, 2021

Kundiges sê die impak van die geweld in Suid-Afrika kan verder uitbrei na die hele streek en ook buurlande soos Namibië negatief beïnvloed. Volgens professor Jannie Rossouw van die Wits-sakeskool in Johannesburg sê dit beteken dat die impak van Covid-19 langer sal duur. Hy verduidelik.

Read More

Rooilyn-heining hou, Otjozondjupa nog vry van bek- en klouseer - July 13, 2021

Met bek-en-klouseer wat weer in dele van die Zambezi-streek uitgebreek het, het die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat sy streek nog siektevry is. Inwoners in die streek het pogings aangewend om die veterinêre kordonheining te herstel om te keer dat beeste in hul streek inkom. Weens die groeiende […]

Read More

Nog ‘n ontploffing in hospitaal in Irak - July 13, 2021

Meer as 50 mense is dood en meer as 60 beseer in ‘n brand by ‘n hospitaal in Nassiriya in die suide van Irak. Volgens berigte het die brand uitgebreek nadat ‘n suurstoftenk in die Covid-saal ontplof het. Die saal is drie maande gelede gebou. Die eerste minister van Irak, Mustafa al-Kadhemi, het beveel die […]

Read More

Kuberveiligheid moet versterk met mense was tuis werk - July 13, 2021

Die Britse Finansiële Stabiliteitsraad sê finansiële maatskappye moet sekuriteit verskerp terwyl hulle werknemers van die huis af werk. Die raad sê kuberaanvalle het skerp toegeneem en rekenaarstelsels het nie vir die gebeurlikheid voorberei nie. Verskeie groot maatskappye het reeds aangedui dat al word inperkings verslap en later heeltemal gelig, sal werknemers steeds vir verskeie dae […]

Read More

Groot kommer oor Zim se vang van olifantkalwers - July 13, 2021

Lede van die Pro Elephant Network het ‘n brief aan president Emerson Mnangagwa van Zimbabwe geskryf ná hulle inligting ontvang het oor olifantkalwers wat binnekort na ‘n plek van aanhouding in China vervoer gaan word. ‘n Woordvoerder, Stephania Falcon, sê hulle is diep bekommerd oor die jong olifante wat binnekort gevang gaan word. Rachel Harris […]

Read More

Moenie SA na-aap… ons hou julle dop - July 13, 2021

Die Namibiese polisie het lede van die publiek gewaarsku dat wetteloosheid nie geduld sal word nie. Dit volg na beroepe deur lede van die Namibiese publiek op verskeie sosiale media platforms om op 16 Julie bymekaar te kom en ook soos in Suid-Afrika winkels te begin plunder. Die woordvoerder van Nampol Hoof Inspekteur Elifas Kuwinga […]

Read More

Onluste: Wes-Kaap is gereed - July 13, 2021

Die polisie in die Wes-Kaap sê gebeurlikheidsplanne is in plek indien die onrus in die res van die land na dié provinsie oorspoel. ‘n Woordvoerder, Andreé Traut, sê ten spyte van die ontplooiing van die provinsie se openbare orde polisie-eenheid in KwaZulu-Natal, is daar genoeg lede beskikbaar om te ontplooi indien onrus in die Wes-Kaap […]

Read More

VN vra skietstilstand in Sentraal-Afrikaanse Republiek - July 13, 2021

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres vra vir ‘n skietstilstand in die Sentraal-Afrikaanse Republiek en sê dit is van die uiterste belang ten einde lewens te red. Onrus heers in die oorloggeteisterde land sedert rebelle die regering in 2013 omvergewerp en sodoende 1,2 miljoen mense ontwrig het. ‘n Groepering van die vernaamste rebelle-groepe, […]

Read More

Produsente moet verseker brandmerke is sigbaar - July 13, 2021

Meatco doen ‘n beroep op produsente om te verseker dat brandmerke op hulle diere duidelik sigbaar is. Die maatskappy sê hy het op die oomblik verskeie uitdagings in die verband omdat die winterhaarkleed dikwels die brandmerke verbloem en dit is moeilik om diere by die uitvoerabattoir te identifiseer. Dit bemoeilik inspeksies deur veeartsenydienste en ook […]

Read More

Britte moet hulle verstand gebruik - July 13, 2021

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê hoewel bykans alle Covid-19-inperkingsregulasies aanstaande Maandag opgehef gaan word, moet mense steeds hul gesonde verstand gebruik. Die jongste regeringsinligting toon die Verenigde Koninkryk het meer as 34 471 nuwe gevalle oor die vorige 24-uur-verslagtydperk aangemeld. Johnson sê die realiteit is dat sterftes en hospitaliserings gaan toeneem wanneer inperkings […]

Read More