Townships se ekonomie gaan swaar kry na geweld - July 13, 2021
Die buurland se politieke ontleder, Daniel Silke, sê gewelddadige protesoptrede in dele van Suid-Afrika is ‘n groot terugslag vir die township-ekonomie wat nog jare gaan voortduur. Wydverspreide protesoptrede het ontaard in winkels en vragmotors wat in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng geplunder en aan die brand gesteek is. Silke sê sakeondernemings in townships was ‘n […]
Verkoop van Safari Hotel goedgekeur - July 13, 2021
Die Namibiese Mededingingskommissie het die verkoop van die Safari Hotel en Konferensiesentrum goedgekeur. Kasada Capital Management, ‘n internasionale beleggingsgroep wat veral in die gasvryheidsektor in Afrika suid van die Sahara belê, is in Mauritius gesetel en het nie die aankoopprys van die hotel bekend gemaak nie. Kasada het vroeër gesê meer as 100 miljoen Amerikaanse […]
Zuma-uitspraak voorbehou - July 13, 2021
Die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika het uitspraak voorbehou in die voormalige president Jacob Zuma se tersydestellingsaansoek. Die 79-jarige dien tans ‘n vonnis van 15 maande uit vir minagting van die hof. Zuma se prokureur, Dali Mpofu, het gister in dié hof aangevoer dit is wreed en vernederend om die voormalige president agter tralies te hou […]
Rekord hittegolf, brande in VSA - July 13, 2021
Terwyl Namibiërs bibber ervaar die weste dele van die VSA rekord-temperature. Brandbestryders in Amerika sukkel om verwoestende veldbrande in Kalifornië te bestry terwyl temperature tot bo 50 grade Celsius styg. Groot dele van die weste van Amerika beleef sedert die naweek uiters hoë temperature en in Death Valley was dit Vrydag 54 grade. Daar word […]
Skep spesiale howe vir oproeriges - July 13, 2021
Die president van ActionSA, Herman Mashaba, het ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om spesiale howe te skep vir die verhoor van sake van geweld en wetteloosheid in Gauteng en KwaZulu-Natal. ‘n Totaal van 166 verdagtes is tydens oproer in KwaZulu-Natal en 323 in Gauteng in hegtenis geneem. Mashaba sê alle vredeliewende en wetsgehoorsame […]
Erongo werk onverpoosd om toerisme te herstel - July 13, 2021
Met die erge ekonomiese impak weens die Covid-pandemie, werk leiers in verskillende posisies onverpoosd om verskeie sektore van die ekonomie te laat herleef. Een van die sektore wat die hardste getref is, is die toerismebedryf. Die Erongo-streek is een van die streke wat talle toeriste lok. Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, het aan […]
Kubane is braaf meen Biden - July 13, 2021
President Joe Biden sê Amerika staan by die mense van Kuba en hulle oproep tot vryheid. Dit volg na die Karibiese eiland sy grootste teen-regeringsbetogings in bykans 30 jaar ondervind het. Kubane is volgens berigte woedend oor die ineenstorting van die ekonomie, voedsel en medisyne, prysverhogings en die regering se hantering van Covid-19. Biden sê […]
VN het kommer oor plaaslike voedelsekerheid - July 13, 2021
Die Wêreldvoedselprgram het sy kommer uitgespreek oor voedselsekerheid in Namibië en sê die hoofoorsake hiervan moet dringende aandag geniet. Volgens die program moet die veerkragtigheid van gemeenskappe versterk word en volhoubaarheid moet geskep word. Dit sal alleenlik bewerkstellig word as voedselstelsels aangepas word. Die program is tans besig met ‘n steekproef in die Kunene- en […]
Weermag moet weg meen EFF - July 13, 2021
Die gewelddadige plundery en protesoptogte in Suid-Afrika duur steeds voort teen die tronkstraf van oudpresident Jacob Zuma. Die plundery deur Zuma-ondersteuners het sy tuisprovinsie, KwaZulu-Natal begin en na Gauteng versprei. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is ontplooi en die opposieparty EFF sê hulle soek nie soldate in die strate nie. Vuyani Pambo, EFF se woordvoerder, het […]
ANC het geen plan nie! - July 13, 2021
Die ANC het die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om stabiliteit in KwaZulu-Natal en Gauteng te bewerkstellig, verwelkom. President Cyril Ramaphosa het die land toegespreek en die gewelddadige protes, plundering en verwoesting van eiendom ten sterkste veroordeel. Maar die leier van die DA, John Steenhuisen, sê Ramaphosa het nie enige nuwe of beduidende maatreëls […]