SA-geweld: ekonomiese impak op streek is enorm - July 13, 2021
Die gewelddadige betogings en plundery wat tans in Suid-Afrika aangaan, sal ‘n ekonomiese impak op die buurland, asook op die Suider-Afrikaanse streek hê, sê Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt. Die rand het gister teruggesak na sy laagste vlak sedert einde April. Roodt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die ekonomiese impak weens die plundery, sal enorm […]
Diefstal en plundering is onaanvaarbaar sê Cyril - July 13, 2021
President Cyril Ramaphosa sê die buurland se regering gaan optree om elke persoon in die land teen die bedreiging van geweld, intimidasie, diefstal en plundering te beskerm. Openbare geweld teister KwaZulu-Natal en Gauteng die afgelope paar dae met winkels wat geplunder en in sommige gevalle aan die brand gesteek is. Ramphosa het die land toegespreek […]
Net een familielid vir sterfte-registrasie asb - July 13, 2021
Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het sy kommer uitgespreek oor die hoeveelheid familielede wat by sy kantore opdaag om ‘n sterfgeval te registreer. Volgens die ministerie se woordvoerder Margaret Kalo is daar tot sewe familielede vir een sterfgeval. Sy het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om net een persoon te stuur […]
Covid verhoed Fishrot-verskyning - July 13, 2021
Die aansoek om die twee Fishrot-sake saam te voeg het nie voor regter Christie Liebenberg voorgekom nie. Volgens die hoof van die Namibiese Korrektiewe Dienste kommissaris Raphael Hamunyela word alle verhoorafwagtende gevangenes nie op die oomblik uit fasiliteite gelaat nie en sake moet uitgestel word. Hamunyela sê Covid-gevalle neem in tronke toe en dit moet […]
Ons kan baie by die diere leer oor klimaatsverandering - July 13, 2021
Mens kan meer by diere, insekte leer oor uitwerking van klimaatsverandering. Indien ons meer aandag gee aan hoe voëls, hase en termiete hul plaaslike leefruimtes omvorm in reaksie op veranderende klimaatsomstandighede, sal ons beter kan voorspel watter uitwerking klimaatsverandering in die toekoms op hulle sal hê. Só meen ’n groep navorsers van die Universiteite van […]
NDF en inenting – minister sê veldtog word ontwikkel - July 13, 2021
Die amptelike bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se Covid-inentingsveldtog is uitgestel weens tegniese uitdagings. ‘n Woordvoerder van die weermag, Siphiwe Dlamini, het bevestig dat ten spyte van die uitstel van die bekendstelling, daar voortgegaan word met die inenting van lede in ander gebiede. Daar is 16 inentingspersele regoor die buurland waar lede in uniform, […]
Sama vra beskerming vir medici - July 13, 2021
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, Sama, het ‘n dringende beroep op die departement van gesondheid, die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gedoen om die veiligheid en sekerheid van dokters en ander gesondheidswerkers te waarborg tydens die uitvoer van hul pligte in gebiede wat deur die onlangse versetoptrede geraak word. Sama sê daar moet dringend aandag […]
SA-geweld… daar gaan die rand - July 13, 2021
Die Suid-Afrikaanse rand het tot sy laagste vlak in twee maande teen die dollar gesak sedert gewelddadige betogings uitgebreek het nadat oudpresident Jacob Zuma Vrydag tronk toe is. Die Suid-Afrikaanse geldeenheid het met sowat 1,4 persent gedaal tot 14 rand 47 sent teen die dollar, wat die swakste is sedert die einde van April. Kenners […]
Equal Rights Namibia nie ten gunste van hoër punte vir universiteitstoelating - July 12, 2021
Equal Rights Namibia het ook reageer op die aankondiging van die Namibiese onderwysministerie dat matrikulante wat universiteitstoelating wil bekom, vanaf 2022 ten minste 27 punte in vyf vakke moet behaal. Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia, het gesê dit is nie nou die regte tyd om toelatingspunte te verhoog nie, veral nie tydens […]
Namibiese sakeman sê onrus ruk hand-uit in SA - July 12, 2021
Die situasie in Suid-Afrika ruk hand-uit met die heersende onrus en protesoptogte. ‘n Namibiese sakeman in die vervoerbedryf, Stefan Terblance, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is nie ‘n nuwe probleem in Suid-Afrika nie. Hy sê dit moet ook nie ‘n Zuma-kwessie gemaak word nie, want korrupsie word al lankal in Suid-Afrika toegelaat. Terblanche […]