Inkatha verwelkom ontplooiing van SA Weermag - July 12, 2021

Die President van die Inkatha-Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, het die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verwelkom om die polisie by te staan wat oorweldig is en onder geweldige druk verkeer in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng. Hulle glo die wydverspreide plundering en chaos het die land tot op die punt van ‘n nasionale krisis gebring. […]

Read More

Grootste sterrekunde-museum open in Sjanghai - July 12, 2021

Die wêreld se grootste sterrekunde-museum open Vrydag in Sjanghai in China. Die Sjanghai Sterrekunde-museum is byna 3 700 vierkant meter groot en is ‘n tak van die stad se wetenskap- en tegnologie-museum. Dit sal ‘n sterrewag, planetarium, verskeie uitstallings en ‘n hoë son-teleskoop van 24 meter insluit. Die museum is só ontwerp dat dit die […]

Read More

Twintig jongmense in Indië deur weerlig doodgeslaan - July 12, 2021

Minstens 20 mense is in die Rajasthan-staat in Indië deur weerlig doodgeslaan. Dit sluit 11 mense in wat selfies geneem het op ‘n wagtoring by die Century Amer Fort, ‘n gewilde toeristebestemming in Jaipur. Volgens die polisie was die meeste slagoffers jongmense. Sowat 2 000 Indiërs word jaarliks deur weerlig doodgeslaan. Statistieke van die Indiese […]

Read More

‘SA boere en plaaswerkers moet ingeënt word’ - July 12, 2021

Die African Farmers Association of South Africa in Limpopo sê dit is van kardinale belang dat boere en plaaswerkers ingeënt moet word om voedselsekerheid te verseker. Dit volg nadat Agri-SA ‘n beroep op die regering gedoen het om die inentings van beide boere en plaaswerkers voorop te stel. Afasa se direkteur in Limpopo, Tshianeo Mathidi, […]

Read More

Wes-Kaapse premier doen beroep op kalmte - July 12, 2021

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde het ná die openbare geweld ‘n beroep gedoen op kalmte en respek vir die oppergesag van die reg in die provinsie en die res van die land. Winde sê die misdadige optrede van ‘n paar mense ondermyn die regte van medeburgers. Baie landsburgers word hulle reg ontneem op mediese sorg […]

Read More

Ramaphosa spreek later SA oor protesoptrede toe - July 12, 2021

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal na verwagting later vandag die land toespreek oor die aanhoudende gewelddadige protesoptrede in verskeie streke en dorpe. Die presiese tyd van sy toespraak moet nog aangekondig word. Die Suid-Afrikaanse weermag is reeds ontplooi.

Read More

Namibiese se totale damvlakke staan op 86,2% - July 12, 2021

Namibiese damvlakke verskil gering teenoor verlede week se vlakke. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin staan die sentrale streek se totale damvlakke op 81,1 persent teenoor verlede week se 81,8 persent. Gobabis se damme is 36,2 persent vol en die Suide se totale damvlakke staan op 88,3 persent met die Nautedam wat 95,2 persent vol is.

Read More

Kanada kondig noodmaatreëls af oor hittegolf - July 12, 2021

Die hittegolf wat die weste van Noord-Amerika getref het, is steeds in volle swang met Kanada wat noodmaatreëls afgekondig het. Treindienste is teruggeskaal omdat treine glo tot brande lei. Volgens internasionale nuusagentskappe is 298 brande in Brits-Columbië in Kanada aangemeld.

Read More

Durbanse Handelskamer vra ingryping van SA Weermag - July 12, 2021

Dit volg ná die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid ‘n beroep gedoen het op President Cyril Ramaphosa om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in KwaZulu-Natal te ontplooi. Openbare geweld het in dele van die provinsie uitgebreek het met winkels wat geplunderis en meer as 20 vragmotors is aan die brand gesteek by die N3 Mooiriver […]

Read More

Kragskuld: Okahandja kom ooreenkoms na - July 12, 2021

NamPower het vroeër die jaar verskeie dorpsrade kennis gegee van die opskorting van dienste weens wanbetaling. Een van die munisipaliteite was Okahandja wat ter elfder uur ‘n afbetalings ooreenkoms beklink het. Volgens Cenored se skakelbeampte Charlie Matengu word die ooreenkoms nagekom en daar is geen risiko van enige onderbrekings nie.

Read More