Ontsouting: NamWater sê oor die pad vorentoe - July 12, 2021
Die hoof uitvoerende beampte van NamWater Abraham Nehemia het meer inligting bekend gemaak oor die stappe wat hulle sal neem in verband met die kabinet se opdrag. Kabinet het beslis dat fase een van die ontsoutingsaanleg van stapel gestuur word. Die opdrag volg na die lewensvatbaarheids ondersoek wat deur SLR omgewingskonsultante vir NamWater voltooi is. […]
Geen meer Gangnam-style in Suid-Koreaanse gimnasiums nie - July 12, 2021
Liefhebbers van aërobiese oefeninge in Suid-Korea sal nie meer Gangnam-style kan rondspring nie. As gevolg van ‘n skerp styging in Covid-gevalle het owerhede in daardie land nuwe maatreëls bekend gemaak en een is dat musiek in gimnasiums mag nie meer as 120 tromslae ‘n minuut bevat nie. Owerhede meen stadiger oefen beteken minder spoeg en […]
Eskom waarsku oor kragbronne tydens koue - July 12, 2021
Eskom waarsku die koue front in sommige dele van die land sal die vraag na elektrisiteit verhoog en sodoende die stelsel onder druk plaas. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê winderige, koue toestande word verwag in dele van die land. Eskom sê daar was geen beurtkrag sedert die 13de van verlede maand nie, weens ‘n geringe verbetering […]
Laat Zuma toe om te getuig ter versagting van sy vonnis - July 12, 2021
Oudpresident Jacob Zuma se regspan vra dat hy sy regte moet gegun word tydens ‘n potensieel uitgerekte strafregtelike verhoor en appèlproses. Hierdie pleidooi is deur advokaat Dali Mpofu gelewer, terwyl die Konstitusionele Hof vandag ‘n aansoek aanhoor om Zuma se tronkstraf te hersien. Mpofu vra dat Zuma die geleentheid kry om getuienis ter versagting van […]
Uitstel op wapenwet in SA verwelkom - July 12, 2021
Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het die verlenging van die sperdatum verwelkom om voorleggings oor die Vuurwapen Wysigingswetsontwerp te doen. Die sperdatum is 2 Augustus. Fritz se woordvoerder, Wade Seale, sê die LUR is gekant teen die wysigings wat die wettige eienaarskap van vuurwapens beperk. Hy voeg by daar is geen bewyse dat […]
Namibië vaar baie goed in bekamping van korrupsie - July 12, 2021
Afrika het, nes die res van die wêreld, uitdagings met korrupsie en in Namibië ag lede van die publiek dit as algemeen in regeringstrukture. Die Afrika-unie het 11 Julie as Afrika Teenkorrupsie-dag verklaar en poog om bewustheid oor die uitdaging te skep. Volgens die plaaslike Teenkorrupsie-kommmissie het Namibië groot vordering gemaak in die bekamping van […]
Weermag ontplooi in SA - July 12, 2021
Die Suid-Afrikaanse weermag is in beide Gauteng en KwaZulu-Natal ontplooi om die geweld en plundering wat tans in die buurland plaasvind, te help hanteer. Die protes is net voor die naweek begin deur ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma teen sy opsluiting. Dit het ontaard in geweld en plundering met verskeie inkoopsentrums wat ook aan die […]
Brandstof – jy gaan nog duurder betaal - July 12, 2021
Gedurende die afgelope paar maande het ons brandstofpryse sien styg. Volgens Robert McGregor, ‘n plaaslike ekonoom van Cirrus in Windhoek, moet ons in die maande wat kom verdere brandstofverhogings verwag as gevolg van verskillende redes wat hy aan Kosmos 94.1 Nuus genoem het.
William reageer ook op rassisme na Euro 2020 - July 12, 2021
Brittanje se prins William het hom aangesluit by diegene wat hulle ten sterkste uitgespreek het oor die aanlyn rassistiese aanmerkings teenoor spelers in die Engelse sokkerspan wat nie strafdoele in die Euro 2020 finaal kon aanteken nie en gelei het tot die span se nederlaag teen Italië. Volgens William is dit uiters ontstellend en onaanvaarbaar […]
Sonneblom produksie daal, daarom die hoë prys - July 12, 2021
Die prys van sonneblom-olie het aansienlik gestyg in die afgelope jaar. Landbou-ekonome in Suid-Afrika sê die verhoging in verbruikerspryse is as gevolg van ‘n afname in sonneblomproduksie. Verbruikers betaal 30 persent meer vir sonneblom-olie as verlede jaar hierdie tyd. Denene Erasmus van Farmer’s Weekly sê produksie is wêreldwyd geraak: