Britse atleet draf dwarsoor Australië, verpletter rekord - May 20, 2025
‘n Britse atleet sê hy het ’n nuwe wêreldrekord opgestel nadat hy regdeur Australië gehardloop het. Hy het die ekwivalent van 90 marathons in 35 dae voltooi. William Goodge het die 3 860-kilometer op 15 April in Wes-Australië begin, en deur woestyne, oor plase en in woude gedraf voordat hy by die beroemde Bondi-strand in […]
Mondesa jeug, Erongo-polisie spreek misdaad aan - May 20, 2025
Die Erongo-polisie en Mondesa Youth Against Crime het ’n uitreikprogram in Swakopmund aangebied om gemeenskapslede in te lig oor buurtwagte, misdaadvoorkoming, reserviste en meer. Die geleentheid het ook gesprekke oor ontvoerings- en mensehandelkwessies gefasiliteer, met deelnemers wat groter ouerbetrokkenheid en meer polisiesigbaarheid geëis het. Kosmos 94.1 Nuus het met Senior Inspekteur Judith Shomongula van die […]
VF Plus-raadslid tart glo pro-Palestynse betogers - May 20, 2025
‘n VF Plus-raadslid, Paul Jacobson, word beskuldig dat hy pro-Palestynse betogers uitgetart het tydens protesoptrede by die V&A-waterfront in Kaapstad. Die voorval het plaasgevind te midde van verhoogde spanning oor die Israel-Palestynse konflik. Jacobson het na bewering met die betogers gespot wat kritiek van verskeie gemeenskapslede en politici uitgelok het. Die VF Plus het nog […]
Ikoniese drakebloed-bome kan uitsterf - May 20, 2025
Drakebloed-bome wat slegs op Jemen se Socotra-eiland voorkom, word bedreig deur klimaatsverandering, indringer-bokke en voortslepende konflik. Die sambreelvormige bome wat noodsaaklik is vir die eiland se ekostelsel en toerisme, word vernietig deur toenemend erge siklone. Wetenskaplikes waarsku die bome kan sonder dringende ingryping, binne eeue verdwyn. Socotra, ʼn UNESCO-wêrelderfenisgebied, het meer as 825 unieke plantspesies […]
Danny Jordaan prys Amajita, SA sokker - May 20, 2025
Sokker: Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, sê Amajita se 1-0 oorwinning oor Marokko in Kaïro, Egipte, om hul eerste Afrikabeker-titel vir onder-20-spelers te verower, was ‘n ongelooflike prestasie. Hy het afrigter Raymond Mdaka geprys vir sy langtermynwerk met die span en sê stabiele afrigting het ‘n groot rol in hul sukses gespeel. […]
Help bye beskerm, hulle verseker ons voedsel - May 20, 2025
Vandag is Wêreld-byedag, wat jaarliks op 20 Mei gevier word. Bye en ander bestuiwers is noodsaaklik vir die gesondheid van ekosisteme en voedselsekuriteit. Hulle help om biodiversiteit te handhaaf en verseker die produksie van voedsame kos. Die dag se doel is om bewustheid te kweek oor die belangrikheid van bestuiwers, die bedreigings wat hulle in […]
Cuca Tops gerelegeer uit Premierliga, Rundu Chiefs beweeg op - May 20, 2025
Cuca Tops se relegasie uit die Debmarine Namibië Premierliga is sonder twyfel gelaat na die span 3-1 teen Tigers in Windhoek verloor het. Tops het ook die vorige dag met 4-0 teen Ongos verloor. Die span het sover 18 van hul 25 wedstryde verloor. Hul enigste oorwinning was ‘n sege van 1-0 teen Julinho Sporting […]
NNN lê in Zim klem op Trans-Kalari Korridor se ontwikkeling - May 20, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het samesprekings met Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa in Harare gevoer, as deel van haar besoek aan lande in die SAOG-streek. Sy het na die gesprek met die media gepraat en privaatsektor deelname aan ontwikkeling van die Trans-Kalari Korridor beklemtoon.
Goedgekeurde bouplanne styg in Swakopmund, daal in hoofstad - May 20, 2025
Die aantal goedgekeurde bouplanne het in April in die hoofstad met 28 persent op ‘n maandelikse basis gedaal, volgens Simonis Storm se jongste verslag. Dit het afgeneem van 205 planne in Maart na 146 in April. In teenstelling hiermee het Swakopmund ‘n klein toename in goedkeurings aangeteken, van 63 tot 64. Jaar-tot-datum-neigings beklemtoon ‘n verskil […]
ACC moet ingryp by Nida-projekte, hoor Nasionale Raad - May 20, 2025
Tydens ’n sitting van die Nasionale Raad het die Swapo-LP Gerhard Shiimi sy teleurstelling uitgespreek oor die stand van landbou-verwerkingsprojekte onder die Namibia Industrial Development Agency, Nida. Hy het verwys na ’n verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge en die Ekonomie ná oorsigbesoeke aan vyf streke. Shiimi wil weet waarom die Teenkorrupsie-kommissie nie […]