Napha vaar uit teen Okonjima - July 12, 2021
Aanmerkings deur die Okonjima Natuurreservaat het reaksie van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging ontlok. Okonjima het ‘n fondsinsameling vir sy renosters van stapel gestuur en gesê dat sy diere teen onder andere, jagters beskerm. Napha meen die plasing op Okonjima se sosiale media-platforms versprei vals inligting oor die bydrae van jag teenoor bewaring. Die president van […]
200 000 seervarende personeel gestrand - July 12, 2021
Meer as 200 000 seevarende personeel sit vas op skepe regoor die wêreld as gevolg van die pandemie. Internasionale nuusagentskappe berig dat die Internasionale Arbeidsorganisasie sê die jongste syfers is in Junie vanjaar vasgestel en dat geslote grense en kwarantyn-maatreëls verhoed dat die mense hulle skepe kan verlaat. ‘n Inspekteur by die organisasie Matt Purcell, […]
Conor is vir 6 weke op krukke - July 12, 2021
Die UFC-kampioen Conor McGregor sê hy gaan vir minstens ses weke op krukke wees voor hy kan terugkeer. Hy het ‘n video op sosiale media geplaas oor sy vordering nadat hy Saterdag sy been gebreek het tydens ‘n nie-titelgeveg teen Dustin Poirier in Las Vegas. McGregor het ‘n operasie van drie uur ondergaan om die […]
SA-geweld… dis faksies in ANC wat dit veroorsaak - July 12, 2021
‘n Politieke ontleder sê faksievorming in die ANC begin Suid-Afrika negatief beïnvloed deur die gewelddadige versetoptrede wat daarmee gepaard gaan. Betogers gaan voort om winkels te plunder en te verbrand en paaie met brandende bande te versper in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die betogings het sedertdien versprei na Gqeberha in die Oos-Kaap. Die betogers eis dat […]
Rassistiese kommentaar teen Britse sokkerspelers veroordeel - July 12, 2021
Engeland se Sokkervereniging het die rassistiese kommentaar op Marcus Rashford, Jadon Sancho en Bukayo Saka ná gister se Euro 2020-nederlaag teen Italië op Wembley-stadion ten sterkste veroordeel. Die drie spelers het strafdoele vir Engeland gemis in die 3-2-strafdoel nederlaag en is daarna op sosiale media aan rassistiese opmerkings onderwerp. Die vereniging sê diegene wat sulke […]
Geweld in SA is krimineel… - July 12, 2021
Spanning in dele van Suid-Afrika veral Gauteng en KwaZulu-Natal is steeds hoog nadat winkels oornag en vanoggend geplunder is. Die geweld het ná die gevangenisstraf van die voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma begin. Daar is ook reeds ‘n beroep op die buurland se regering gedoen om ‘n noodtoestand te verklaar. Volgens professor Andre Duvenhage, politieke […]
Bek- en klouseer is steeds ‘n uitdaging - July 12, 2021
Die beheer van bek-en-klouseer in die Zambezi-streek bly volgens die goewerneur van die streek ‘n uitdaging. Volgens Lawrence Sampofu, hou sommige veeboere nie by die reëls en voorskrifte van die ministerie in die verband nie. Hy verduidelik die situasie op die oomblik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Nanso reageer op aangepasde varsity-toelating - July 12, 2021
Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Namibiese onderwysministerie dat matrikulante wat universiteitstoelating wil bekom, vanaf 2022 ten minste 27 punte in vyf vakke moet behaal. Ester Shakela, die woordvoerder van die plaaslike studente organisasie Nanso, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Wees rustig, entstowwe is op pad - July 12, 2021
Lede van die publiek moet geen kommer hê oor die tekort aan entstowwe in die land nie. Dit is die mening van die Namibiese gesondheidsministerie. Die Khomas-lokaal by die Katutura verpleërsaal, wat die enigste inentingslokaal in die streek was, is ook reeds sonder voorraad. Die adjunk-uitvoerende direkteur van die ministerie Petronella Masabane het met Kosmos […]
Mense sal oor 30 jaar minder word – Ipsos - July 12, 2021
‘n Verslag deur die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, sê die wêreldbevolking sal oor ongeveer drie dekades begin afneem. ‘n Woordvoerder van Ipsos, Mari Harris, sê onlangse berekeninge toon die huidige wêreldbevolking van 7,8 miljard mense sal nog tot sowat 8,5 miljard toeneem, voordat dit sal begin daal. Die wêreldbevolking sal dan aan die einde van die eeu […]