Covid-slagoffer het twee variante gehad - July 12, 2021

Internasionale nuusagentskappe berig dat ‘n 90-jarige Belgiese vrou wat in Maart vanjaar dood is aan Covid, was met twee variante terselfdertyd besmet. Die bevindings is by ‘n wetenskaplike kongres, die Europese Kongres vir Kliniese Mikrobiologie en Aansteeklike Siektes, bekend gemaak. Dit is die eerste geval waar ‘n persoon besmet was met twee variante van Covid.

Read More

Haïti – Amerikaners is op pad - July 12, 2021

‘n Amerikaanse afvaardiging is onderweg na Haïti om die veiligheidsituasie te beoordeel en hulp te verleen in die ondersoek na die sluipmoord op president Jovenel Moïse. Die 53-jarige Moïse is verlede Woensdag in sy huis in Port-au-Prince doodgeskiet. Die Amerikaanse span bestaan uit lede van sy Departement van Binnelandse Veiligheid en die FBI. Die owerhede […]

Read More

Poging om N$730 000 te steel misluk - July 12, 2021

‘n Werknemer van Bank Windhoek op Opuwo het volgens die Namibiese polisie oor die naweek vlug ingeslaan nadat hy amper 730 000 Namibiese dollar oorbetaal het in verskeie rekenings. Die fondse is volgens berigte deur verskeie besighede inbetaal. Hy het ook volgens wat berig word ‘n onbekende hoeveelheid kontant by hom gehad toe hy die […]

Read More

Galactic draai om op 86 kilometer in die lug - July 12, 2021

Die miljardêr Richard Branson het gister suksesvol aan boord van sy Virgin Galactic-vuurpylvliegtuig na die rand van die ruimte gereis en na die planeet Aarde teruggekeer. Galactic het omgedraai op ‘n hoogte van 86 kilometer. Branson het hoog bo Nieu-Meksiko in die VSA gevlieg in die tuig wat sy onderneming 17 jaar geneem het om […]

Read More

Dit is wel die Kaap van Storms - July 12, 2021

Die Kaap van Storms doen weer sy naam gestand. Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n waarskuwing uitgereik vir die Wes-Kaap en die kusgebiede. Ongure weerstoestande word voorspel. James-Brent Styan, woordvoerder van die Wes-Kaapse regering.

Read More

Ontsouting – NamWater moet begin - July 12, 2021

Die Namibiese kabinet het opdrag aan NamWater gegee om, in samewerking met die ministerie van finansies, fase een van die ontsoutingsaanleg van stapel te stuur. Die opdrag volg na die lewensvatbaarheids ondersoek wat deur SLR omgewingskonsultante vir NamWater voltooi is. Die plan sal watertoevoer vir die kus en sentrale gebied versterk. Die projek sal volgens […]

Read More

Fishrot sake sal na verwagting saamgevoeg word vandag - July 12, 2021

Die aansoek om die twee sake teen die Fishrot-verdagtes saam te voeg sal vandag deur regter Christie Liebenberg aangehoor word. In die eerste saak is die verdagtes in hegtenis geneem in November 2019 in verband met die omkoop skandaal van meer as 150 miljoen Namibiese dollar in verband met die visvang-kwotas vir die Yslandse vismaatskappy […]

Read More

SA verleng inperkings met twee weke - July 12, 2021

Die ANC-regering het die uitgebreide vlak-vier-inperkingsmaatreëls met nog 14 dae tot die 25ste van dié maand verleng, terwyl Covid-gevalle steeds toeneem. President Cyril Ramaphosa het die land toegespreek en gesê alle sosiale, politieke, godsdienstige en ander byeenkomste bly verbode, terwyl die aandklokreël van 9-uur saans tot 4-uur soggens in plek bly. Die verkoop van alkohol […]

Read More

Whk se bustariewe styg vandag - July 12, 2021

Die Stad Windhoek het hul bustariewe van vandag af verhoog. Verskeie redes het volgens Lydia Amutenya van Stad Windhoek aanleiding gegee tot die verhoging. Sy het die besonderhede van die nuwe tariewe aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

Read More

Miami-dodetal styg tot 86 - July 12, 2021

In Amerika het die dodetal in die woonstelblok in Florida wat ineengestort het, tot 86 gestyg terwyl opruimingswerk weens weerlig vir ‘n kort rukke onderbreek is. Media berig soekspanne kon liggame van slagoffers nou vinniger opspoor nadat ‘n deel van die gebou wat nog staande was, gesloop kon word en nie meer ‘n bedreiging van […]

Read More