Strenger maatreëlsl by Namibiese Korrektiewe Dienste - July 9, 2021
Die Namibiese Korrektiewe Dienste het strenger maatreëls by sy gevangenisse landwyd ingestel om die verspreiding van Covid-19 tussen gevangenes te voorkom. Verskuiwing van gevangenes tussen geriewe is opgeskort en nuwe gevangenes sal eers vir sewe dae in isolasie wees. Alle besoeke aan gevangenes is ook opgeskort. Families en prokureurs van gevangenes word aangemoedig om liewer […]
Namibia Wildlife Resorts beskerm werksgeleenthede - July 9, 2021
Die afgelope 16 maande was die mees uitdagende tydperk wat enige toerismemaatskappy ooit beleef het. Elke maatskappy het verskeie maatreëls in plek gestel om die bedryf en personeel se werksgeleenthede te beskerm. Namibia Wildlife Resorts as ‘n Namibiese maatskappy in staatsbesit moes basiese salarisse van hul direksie, besturende direkteur en senior bestuurslede met 25 persent […]
Grafgrawers in Windhoek bly nie voor weens Covid - July 9, 2021
Stad Windhoek staar ‘n groot uitdaging in die gesig met die ongewone hoë aanvraag na plek in begraafplase weens die hoë sterftesyfer van die Covid-pandemie. Voorheen was begraafplase slegs oor naweke besig, maar tans is begraafplase selfs tydens weeksdae besig met verskillende families wat hul geliefdes ter ruste moet lê. Die woordvoerder van Stad Windhoek, […]
Hittegolf in Kanada ‘kook’ mossels, seesterre - July 9, 2021
‘n Marienebioloog het duisende mossels, seesterre en gapermossels op ‘n strand in Vancouver in Kanada gevind wat gekook is weens die hittegolf wat die weste van Noord-Amerika getref het. Chris Harley beraam een miljard is dood.
Keniaanse dokter ontwerp antivirale sjirurgiese masker - July 9, 2021
‘n Keniaanse wetenskaplike en dokter by die Kenyatta Nasionale Hospitaal in Nairobi het ‘n antivirale sjirurgiese masker ontwerp wat virusse tydens kontak doodmaak. Die nuwe uitvinding wat ‘n nano-masker genoem word, is deur dokter Joseph Nderitu geskep in reaksie op substandaard persoonlike beskermingstoerusting. Slegs ‘n paar van die maskers is tot dusver vervaardig weens die […]
Olifante pas goed aan op Marula Game Ranch - July 9, 2021
Die plaasbestuurder van Marula Game Ranch naby Dordabis, Johan Kotze, sê dit gaan baie goed met die trop van 13 olifante wat ‘n maand en ‘n half gelede vanaf die die Erindi-wildreservaat naby Omaruru verskuif is. Marula Game Ranch behoort aan die Russiese oliegarg, Rashid Sardarov. Kotzé sê die grootvoete is gesond, het die plaas […]
Koperpype van N$30 miljoen by Charlotte Maxeke-hospitaal glo gesteel - July 9, 2021
Die DA in Gauteng sê daar is berig dat koperpype ter waarde van 30 miljoen Namibiese dollar by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gesteel is, sowel as ander items insluitend televisies in die pediatriese onkologie-saal. Die DA sê dit is ‘n hartseer geval oor onbekwaamheid op vele vlakke en dit frustreer dokters en verpleegkundiges wat […]
Malema buite politieke chaos in SA uit - July 9, 2021
Julius Malema die situasie uitbuit. Malema het voorgestel dat Ace Magashule homself van Carl Niehaus moet distansieer wat ook uit die ANC geskors is. Die uitgesporke Malema het ook gesê President Cyril Ramaphosa het vandag twee hofsake gewen en lei nou met ‘n 2-0 op die telbord.
Hoër brandstofpryse slaan landbousektor - July 9, 2021
‘n Styging in brandstofpryse verhoog die landingsprys van ingevoerde items en die koste van binnelandse landbouwaardekettings, volgens die Namibiese Landbou-unie. Daarom word verwag dat landbouprodusente en ander waardekettingspelers, asook verbruikers, meer sal betaal vir items soos veevoer, toerusting en onderdele, voedsel- en vervoerdienste. Vir produsente beteken ‘n styging in insetpryse verhoogde uitgawes op die plaas, […]
Vlieënier, 8 valskermspringers sterf in Swede - July 9, 2021
Agt valskermspringers en die vlieënier van ‘n klein skroef-aangedrewe vliegtuig is dood toe dit kort na opstyging vanaf die Orebro-lughawe sowat 160 kilometer wes van Stockholm in Swede neergestort het. ‘n Plaaslike valskermklub het die DHC-2 Beaver volgens berigte vir ‘n somerbyeenkoms gehuur. Premier Stefan Lofven het sy hartseer en meegevoel uitgespreek. Nege mense is […]