Covid-19: 71 sterftes in 9 distrikte - July 9, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 71 sterfgevalle in 9 distrikte aangekondig, asook 1 372 nuwe Covid-gevalle uit 3 347 uitslae. In die groep is 186 leerders, 36 gesondheidswerkers, 25 onderwysers en 15 studente. Daar is nou 24 377 aktiewe gevalle, waarvan 582 in hospitale en 113 in intensiewesorgeenhede is.
Vissermanne by ses maatskappye op Walvisbaai heraangestel - July 9, 2021
Altesaam 1 577 vissermanne is heraangestel wat deel was van ‘n onwettige staking in 2014, en diegene wat in 2017 afgelê is. Volgens die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, is hulle by ses vissery-maatskappye van Walvisbaai aangestel. Die leier van die opposisieparty PDM, McHenry Venaani, was een van die wat die vissermanne tydens hierdie […]
Buitelanders ook in Namibië ingeënt - July 9, 2021
In die stryd om beheer oor die Covid-pandemie te kry, moet Namibiërs ingeënt word, sê die Namibiese gesondheidsministerie. Kosmos 94.1 Nuus het aan die uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, gevra of die regering ook buitelanders in Namibië sal inent. Daar word spesifiek na die Angolese burgers verwys wat tans in die Omusati-streek kamp. Nangombe het só […]
Reuse-pandas nie meer bedreigde spesies - July 9, 2021
Reuse-pandas is nie meer ‘n bedreigde spesies nie ná hul getalle tot 1 800 toegeneem het, maar hulle is steeds kwesbaar, sê Chinese owerhede. Die Internasionale Bewaringsunie het die pandas ‘n jaar gelede van sy lys van bedreigde spesies verwyder.
Sluipmoordaanvallers op Haïti-president is ‘beroepsmoordenaars’ - July 9, 2021
Twee Amerikaanse burgers en afgetrede lede van die Colombiaanse weermag was volgens berigte deel van die gewapende groep wat president Jovenel Moise van Haïti Woensdag in die vroeë oggendure in Port-au-Prince vermoor het. Owerhede beskryf die groep as beroepsmoordenaars en het tot dusver 17 verdagtes vasgetrek en soek na nog agt. Drie verdagtes is Woensdag […]
Mynwese moet aanpas en innoveer om te vorder - July 9, 2021
Die gewilde Namibiese mynwese-expo is weer gekanselleer. Die geleentheid sou op 1 en 2 September plaasgevind het maar net die konferensie sal virtueel op 1 September gehou word. Die expo is belangrik vir beleggings en die bekendstelling van nuwe tegnologie en volgens die plaaslike ekonoom Jason Kasuto sal die industrie, sowel as talle ander sektore, […]
Staatsbegrafnisse: ‘die virus moet ons nie bankrot maak nie’ - July 9, 2021
In die laaste paar weke het die Namibiese regering 14 staatsbegrafnisse tydens die Covid-pandemie aangekondig wat reeds ‘n groot impak op die Namibiese ekonomie het. Kosmos 94.1 Nuus het aan politieke analis, Ndumba Kamwanyah, gevra hoe belangrik is staatsbegrafnisse en hoe dra dit by tot die ekonomiese krisis. Kamwanyah het só geantwoord.
Mej. SA het eerste transgender finalis - July 9, 2021
Mej. Suid-Afrika het hierdie week die top-30 deelnemers bekend gemaak wat meeding om vanjaar se gesogte titel. Die 24-jarige Lehlogonolo Machaba is een van die top-dertig en die eerste openlike transgender-deelnemer wat meeding om die titel. Machaba, afkomstig van Noordwes, werk as ‘n bespreker vir modelle en het ‘n diploma in modeontwerp. Hierdie jaar se […]
Jhb burgemeester Geoff Makhubo sterf weens Covid - July 9, 2021
Die burgemeester van Johannesburg, Geoff Makhubo, het gesterf as gevolg van Covid-19-komplikasies. Hy was 53. Makhubo het op die 20ste van verlede maand positief getoets en het dadelik in afsondering van die huis af begin werk. Hy is verlede naweek in die hospitaal opgeneem. Makhubo is in 2019 tot burgemeester van die metro verkies.
Ministerie verskaf meer inligting oor reispermit-slenter - July 9, 2021
Meer inligting is bekend oor die jongste slenter waar daar kwansuis ‘n permanente reispermit te koop is om in die land te gebruik terwyl die streke ingeperk is. Die Namibiese ministerie van inligting het lede van die publiek gewaarsku dat geen permanente permitte bestaan nie en dat die uitreik van permitte gratis is. Die woordvoerder […]