Wêreld kospryse daal, maar onbekend wanneer ons dit voel - July 9, 2021

Nuus dat wêreld voedselpryse vir die eerste keer in 12 maande in Junie effe gedaal het is verwelkom. Die VN se voedselagentskap sê vette en olies, grane en suiwelprodukte het die grootste daling getoon maar, dit is nie bekend wanneer die dalings Namibiese verbruikers sal bereik nie. Dr. Omu Kakujaha Matundu het met Kosmos 94.1 […]

Read More

Bouplanne: wonings groei stewig - July 9, 2021

Meer inligting is ontvang oor die goedgekeurde bouplanne vir die hoofstad. Die syfers word maandeliks deur IJG Sekuriteite saamgestel en bekend gemaak. Josh Mansfield van die makelaarsfirma sê die mark vir wonings groei teen ‘n stewige tempo maar kommersiële eiendomme onderpresteer.

Read More

Ruimte toe… wie’s eerste? Branson of Bezos? - July 9, 2021

Die eerste ‘burgerlike’ ruimtevaart sal binnekort plaasvind met die Britse miljardêr Richard Branson wat sy eerste vlug met Galactic voorlopig Sondag sal onderneem. Intussen het Amazon se eienaar, Jeff Bezos ook sy Blue Origin gereed om te vertrek maar geen datum is tot dusver bevestig nie. Die twee het albei belowe dat kaartjies vir vlugte […]

Read More

Weinig sake by die mosiehof - July 9, 2021

Die mosiehof was vanoggend in regter Marlene Tommasi en die adjunk-regterpresident Hosea Angula se kamers gehou, in absentia. Daar was weinig aansoeke op die rol met 57 in totaal. Elf was reël 108 aansoeke en kommersiële banke het 19 aansoeke op die rol gehad. Twaalf eiendomme met uitstaande skuld van 12,36 miljoen Namibiese dollar is […]

Read More

Gradering van diere verminder verliese vir boere - July 9, 2021

Die Suid-Afrikaanse Rooivleisprodusente-organisasie en die Nasionale Wol-kwekersvereniging het bekend gemaak dat veeprodusente se verliese beduidend afgeneem het danksy die gradering van slagdiere. Die syfers volg uit ‘n opname wat die twee organisasies op meer as 1 100 plase gedoen het. Volgens Denene Erasmus van die Farmers Weekly-publikasie is die vordering tussen 2008 en 2020 gemonitor. […]

Read More

Wynbedryf op die rand van ineenstorting - July 9, 2021

Die wynbemarkingsliggaam Vinpro sê ‘n nuwe opname toon dat die bedryf die jongste verbod van twee weke op drankverkope weens die Covid-19-inperkings moes absorbeer ná 19 weke se verlies aan inkomste die afgelope 15 maande. Vinpro sê die situasie het ‘n vernietigende uitwerking op die wyn- en toerismesektore wat meer as 269 000 mense in […]

Read More

Zim ent nie in op die platteland nie - July 9, 2021

Zimbabwe het Woensdag sy hoogste getal nuwe Covid-infeksies aangeteken, met 2 264. Dit is die hoogste daaglikse syfer sedert Maart verlede jaar maar kenners sê die syfers kan baie hoër wees omdat Zimbabwe nie genoeg toets nie. Net 723 812 toetse is op ‘n bevolking van meer as 15 miljoen gedoen. President Emmerson Mnangagwa se […]

Read More

Kritiese tekorte aan bloedvoorraad - July 9, 2021

Die tekort aan bloed voorraad in Namibië word as kritiek beskryf en ‘n beroep word op lede van die publiek gedoen om te skenk. Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het oor die naweek skenkerlokale wat oop is, soos Titus Shivute van die diens aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

Read More

Zuma bly eers in die tronk - July 9, 2021

Die voormalige president Jacob Zuma sal in die tronk moet bly. Regter Bhekisisa Mnguni het sy uitspraak in een reël gelewer en gesê dat die aansoek om ‘n interdik teen sy arrestasie te bekom van die hand gewys is. Die Konstitusionele Hof sal Maandag Zuma se aansoek om sy skuldigbevinding te hersien, aanhoor.

Read More

Otji-boere moet uit sê dorpsraad - July 9, 2021

Veertig boere wat net buite Otjiwarongo op munisipale grond boere het opgeruk na die dorp se munisipaliteit nadat hulle elk ‘n uitsettingsbevel vroeër die week ontvang het. Die boere, meeste van hulle pensioenarisse, sê hulle het geen ander heenkome nie. Die munisipaliteit wil die grond ontwikkel en die dorpsraad het beslis die boere moet gaan. […]

Read More