Midas Minerals mik na goud, koper in Suid-Otavi-projek - May 20, 2025

Midas Minerals het sy oog op Namibië, en het ‘n opsie-ooreenkoms onderteken om moontlik ‘n groot belang in die Suid-Otavi-projek te bekom om sy fokus op goud en koper te versterk. Midas het vir ‘n aanvanklike sowat 360 000 Namibiese dollar ‘n eksklusiewe opsie van 12 maande verseker om hierdie belowende terrein te verken, met […]

Read More

Neem deel aan belangrike huishoudelike opname, dis vertroulik - May 20, 2025

Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni het meer inligting gegee oor die huishoudelike inkomste en uitgawes opname wat tans aan die gang is. Respondente is soms huiwerig om deel te neem omdat die vrae redelik privaat is. Shimuafeni verduidelik. Alle inligting is vertroulik en die data is uiters belangrik vir die land om sy totale en gemiddelde […]

Read More

ActionSA juig oor Omotoso se verbanning uit land - May 20, 2025

ActionSA het die omstrede Nigeriese tele-evangelis, Timothy Omotoso, se verbanning uit Suid-Afrika verwelkom. Die pastoor wat verlede maand vrygespreek is op aanklagte insluitend verkragting en mensehandel, is ʼn ongewenste persoon verklaar. Hy mag vir vyf jaar nie na die land terugkeer nie. ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die vyfjaar-verbanning moet tot lewenslank verleng word […]

Read More

Owerhede soek na miniatuur-selfone in 66 Franse tronke - May 20, 2025

Owerhede in Frankryk het ‘n reuse-operasie van stapel gestuur om die gebruik van miniatuur-selfone in gevangenisse landwyd te stop, en 66 gevangenisse in die land deursoek in ‘n poging om beslag te lê op duisende sulke toestelle. Die operasie, genaamd “Prison Break”, is daarop gemik om ‘n stokkie te steek voor die gebruik van die […]

Read More

Mumbai Indians kontrakteer Bairstow, Gleeson, Asalanka - May 20, 2025

Krieket: Die Mumbai Indians het kontrakte met die Engelse paar Jonny Bairstow en Richard Gleeson en ook Charith Asalanka van Sri Lanka gesluit. Die drie is in die plek van Will Jacks, Ryan Rickelton en Corbin Bosch, wat almal na hul tuislande terugkeer ná die laaste ligawedstryd in Mumbai. Indien Mumbai kwalifiseer, sa die plaasvervangers […]

Read More

Stoel- en Lessenaar-inisiatief 2025 geloods - May 20, 2025

Old Mutual Namibië het die 2025-uitgawe van sy Stoel- en Lessenaar-inisiatief van stapel gestuur. Rondom 1 miljoen Namibiese dollar is bewillig hiervoor. Skole kan van 15 tot 30 Mei aanlyn aansoek doen en twee skole per streek sal gekies word. Die hoof van bemarking en openbare betrekkinge by Old Mutual, Mignon du Preez.

Read More

SA verwag drasties laer dieselpryse - May 20, 2025

Dieselpryse kan volgende maand met tot 94-sent-per-liter daal, wat dit moontlik die laagste vlakke in drie jaar sal laat bereik. Die Sentrale Energiefonds sê die verwagte daling kan toegeskryf word aan dalende wêreld-oliepryse en die rand wat sedert middel April met meer as tien-persent versterk het. Daar word verwag dat die prys tussen 74- en […]

Read More

VN verwelkom aflewering van Gaza-hulp, al is dit min - May 20, 2025

Die Verenigde Nasies se hoof van Humanitêre Sake, Tom Fletcher, verwelkom Israelse owerhede se besluit om na 11 weke weer beperkte hulp aan Gaza toe te laat. Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu, sê die aflewering van kos sal slegs voortgaan tot die weermag en privaat maatskappye sentrums opgerig het om hulp ingevolge ʼn Amerikaans-gesteunde […]

Read More

Omvattende opknapping kom vir Amerikaanse Ope-terrein - May 20, 2025

Tennis: Die Amerikaanse Tennisvereniging sê die Billie Jean King Nasionale Tennissentrum waar die Amerikaanse Ope plaasvind, gaan teen ʼn koste van 14,47-miljard Namibiese dollar opgeknap word. Dis die grootste enkele belegging in die geskiedenis van die Amerikaanse Ope. Dit sluit in die modernisering van die Arthur Ashe-stadion, ʼn nuwe, hipermoderne spelerprestasiesentrum, en twee nuwe vlakke […]

Read More

Nampol help soek na vermiste canyon-stapper - May 20, 2025

Kharas se streekskoördineerder vir misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Nicodemus Mbango, het bevestig dat die 63-jarige Suid-Afrikaner Jacobus Linteeze vermis is in die Visrivier-canyon. Hy laas op 16 Mei gesien is toe hy saam met ‘n groep van 12 lede in die canyon gaan stap het maar was nie daar toe hulle die roete voltooi het nie. Polisielede […]

Read More