Spele: Lid van Israelse span is Covid+ - July 9, 2021

Na die aankondiging dat daar geen toeskouers by die Olimpiese Spele in Tokio toegelaat sal word as gevolg van die noodtoestand in die stad nie, berig internasionale nuusagentskappe dat ‘n lid van die Israelse span wat in Japan aangekom het, positief getoets het vir Covid. Dit volg nadat lede van die Ugandese span oor vroeër […]

Read More

Tronke verskerp Covid-maatreëls - July 9, 2021

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het maatreëls in verband met Covid verskerp. Daar sal geen verdere verplasings tussen fasiliteite wees nie en alle nuwe gevangenes moet vir sewe dae isoleer voor hulle by die algemene bevolking in die fasiliteit kan aansluit. Familielede moet verkieslik telefonies kontak maak omdat geen besoeke op die huidige tydstip toegelaat word […]

Read More

Geen stam is meer of minder vatbaar vir Covid nie - July 9, 2021

Fopnuus oor Covid-19 is volop in Namibië en die jongste is dat die virus het sekere stamme in die land doodmaak. Die spesialis en voorsitter van die tegniese raadgewende komitee vir MIV/Vigs in Namibië dr. Ismael Katjitae sê daar is geen data wat aandui dat enige stam meer of minder kwesbaar is vir Covid nie.

Read More

SAKP sê Zuma-sage herinner aan die oppergesag van die wet - July 9, 2021

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het die boodskap van sy 100ste herdenking herhaal na die opsluiting van oudpresident Jacob Zuma. Die party sê die land se Grondwet is nie goedsmoeds aan Suid-Afrikaners gegee nie en was die gevolg van ‘n dekades-lange vryheidstryd. ‘n Woordvoerder, Alex Mashilo, sê Zuma se oorgawe aan die polisie bring ‘n belangrike […]

Read More

Plaaslike entstof tekorte terwyl SA meer as genoeg het vir elke Namibiër - July 9, 2021

Terwyl talle inentingslokale regoor Namibië gesluit is as gevolg van entstof-tekorte sê die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid daar is op die oomblik 3,6 miljoen Covid-19 entstowwe in voorraad in die buurland. Dit is die Johnson en Johnson- en Pfizer-entstowwe. Dr. Nicholas Crisp van die departement sê as die huidige tempo van daaglikse inentings en beskikbare […]

Read More

Vraag na grafte plaas druk op Stad Windhoek - July 9, 2021

Berigte lui dat Stad Windhoek nie kan bybly met al die aansoeke wat hy ontvang vir grafte nie. Die gesondheidsministerie het maatreëls in verband met begrafnisse vir Covid-slagoffers verslap van sewe na tien dae, maar geliefdes sê daar is steeds vertragings. Windhoek het daagliks die hoogste getal sterftes en tot dusver is meer as 1 […]

Read More

NaTIS in noordelike indstrieel vandag gesluit - July 9, 2021

Die Namibiese Paaie-owerheid sê sy NaTIS-kantoor in die noordelike industriële gebied is vandag gesluit om gereinig te word. Die owerheid sê hy het groot uitdagings met Covid-infeksies, ook as gevolg van talle lede van die publiek wat die kantoor moet besoek. Die kantoor in Talstraat is oop vir die publiek en die kantoor in die […]

Read More

Zuma – dis nie die einde van die ANC se agteruitgang nie - July 9, 2021

Die opsluiting van voormalige president Jacob Zuma is nie die einde van die storie vir die ANC se agteruitgang deur hul eie toedoen nie. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Zuma dien sy 15 maande vonnis uit by die Korrektiewe Dienste-fasiliteit in Estcourt in KwaZulu-Natal, nadat hy Woensdag nag in aanhouding […]

Read More

Kom die maatreëls na, of ons help julle om dit te doen – Ndeitunga - July 9, 2021

Dit is vandag die tweede Vrydag dat die verkoop van alkohol by drankwinkels verbied is. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, waarsku Namibiërs om die Covid-regulasies te gehoorsaam en nie op Vrydae en tydens naweke drank te verkoop nie. Ndeitunga praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Kuba se tweede entstof ook uiters doeltreffend - July 9, 2021

Kuba het aangekondig dat sy tweede Covid-inenting, Soberana 91,2 persent effektief is teen die virus. Die inenting word in twee spuite toegedien met ‘n ekstra spuit later, Soberana-plus. Die nuus kom kort na die aankondiging dat die land se ander entstof, Abdala 92,28 persent effektief is. Die land het besluit dat hy geen entstowwe sal […]

Read More