Afrika in volle derde vlaag - July 9, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die vasteland het die afgelope week die meeste Covid-19-gevalle ooit aangeteken. Die syfers vir die sewe dae tot en met Sondag het die hoogtepunt tydens die tweede vlaag verbygesteek. Altesaam meer as 5,8 miljoen bevestigde Covid-19-gevalle is tot dusver in Afrika aangemeld, terwyl 150 000 mense dood is. Matshidiso Moeti […]
DA sê dis alweer McBride en geheime - July 9, 2021
Die DA in Suid-Afrika sê hy het kennis geneem van die skorsing van die hoof van die Staatsveiligheidsagentskap se buitelandse tak, Robert McBride. Geen redes is vir sy skorsing is verskaf nie. Media het berig dat McBride en nog drie Suid-Afrikaanse agente is ná ‘n mislukte optrede teen insypelaars in Mosambiek se Cabo Delgado-provinsie gevang […]
Troepe sal onttrek – Biden - July 9, 2021
President Joe Biden het sy besluit om Amerika se soldate aan Afghanistan te onttrek, heftig verdedig. Amerika se militêre optrede in dié land loop op 31 Augustus ten einde. Hy sê om in dié land te bly, sal beteken dat nóg Amerikaners in ‘n oorlog sal sterf wat twee dekades gelede begin is. Biden sê […]
Paniek-aanvalle in die soeklig - July 9, 2021
Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs-groep het môre tot Paniek-bewusmakingsdag verklaar om bewusmaking te skep en ondersteuning te verskaf vir ‘n toestand wat maklik behandel kan word. ‘n Woordvoerder, Kayla van Nieuwenhuizen, sê paniekversteuring kan ‘n ontstellende siekte wees wat groot ongemak, afsondering en beperkings in ‘n mens se lewe tot gevolg kan hê. Sy sê […]
Mynwese-expo weer afgestel - July 9, 2021
Die Namibiese Kamer van Mynwese het weer die Mynwese-expo, wat op 1 en 2 September vanjaar sou plaasvind, afgestel. Volgens die kamer se hoof uitvoerende beampte Veston Malangu sal die expo ook nie deur middel van ‘n virtuele formaat aangebied word nie. Die gebruiklike Mynwese-konferensie wat saam met die expo gehou word, sal wel virtueel […]
Noa kry borg van N$10 000 - July 9, 2021
Die leerlingdokter Dennis Noa het borg van 10 000 Namibiese dollar in die Windhoek Landdroshof ontvang. Noa, wat daarvan verdink word dat hy ‘n manlike breinbeseerde pasiënt by die Katutura-hospitaal verkrag het, is sedert die naweek van 11 April in aanhouding. Landdros Esme Molefe het gesê Noa moet sy paspoort indien en nie die Windhoek-distrik […]
Eiendom: huise onder N$1m verkoop nog - July 9, 2021
Die eiendomsbedryf in Namibië het nog nie opgetel nie. Sedert die Covid-pandemie wat baie mense se sakke geraak het, is Namibiërs nie meer soos in die verlede gretig om miljoene op eiendom te bestee nie. Anne Thandeka Gebhardt, eienaar van National Estates en ‘n direksielid van die Namibië Eiendomsagente-raad het met Kosmos 94.1 Nuus oor […]
Britse troepe sal ook uit Afghanistan onttrek - July 9, 2021
Brittanje se eerste minister, Boris Johnson, sê die oorblywende Britse troepe in Afghanistan sal binnekort terugkeer huis toe. Die meeste van die oorblywende 750 troepe is reeds onttrek. Johnson het intussen belowe dat die onttrekking nie die einde beteken van Brittanje se verbintenis tot dié land nie. Dit volg 20 jaar ná die inval in […]
Daar is nie ‘n permanente reispermit nie – dis ‘n slenter - July 9, 2021
Die Namibiese ministerie van inligting het lede van die publiek gewaarsku dat bedrieërs bedrywig is met reispermitte tydens die inperking van die streke. Volgens ‘n verklaring is daar ‘n nuwe slenter wat kwansuis ‘n permanente reispermit verskaf, teen betaling. Die ministerie het nie gesê waarvoor die permitte verkoop word nie maar het weer beklemtoon dat […]
Boulter hoor op 15 Julie oor borgappèl - July 9, 2021
Harvey Boulter, die Britse miljardêr wat van moord aangekla word, sal volgende week Donderdag weet of sy appèlsaak teen die weiering van borg in die landdroshof suksesvol was of nie. Sy regsverteenwoordigers sê die Outjo landdros Immanuel Udjombala het fouteer toe hy borg geweier het. Die landdros het gesê die ernstigheid van die klagte en […]