Niehaus beboet, verskyn volgende maand - July 9, 2021

Die geskorste ANC-lid Carl Niehaus is vrygelaat en ‘n boete van 3 000 Suid-Afrikaanse rand opgelê. Die 61-jarige is in hegtenis geneem weens die oortreding van die Covid-19-inperkingsregulasies nadat hy ‘n byeenkoms van ongeveer 100 mense buite die Estcourt Korrektiewe Sentrum in KwaZulu-Natal gereël het. Dit is die gevangenis waar oudpresident Jacob Zuma tans aangehou […]

Read More

Baie groot uitdagings op Wêreldbevolkingsdag - July 9, 2021

Wêreldbevolkingsdag word vandag gevier met die wêreldbevolking wat teen 2050 meer as nege miljard mense gaan hê. Sowat 2,5 miljard sal op die Afrikavasteland bly. Biodiversiteit krimp en die afval wat deur miljarde mense gegenereer word, groei geweldig. Die verlies aan biodiversiteit regoor die wêreld is ‘n groot probleem en dit is lewensnoodsaaklik dat dit […]

Read More

McBride geskors - July 9, 2021

Die Staatsveiligheidsagentskap in die buurland wou nie redes verskaf oor die besluit om die hoof van sy buitelandse tak, Robert McBride, te skors nie. Woordvoerder, Mava Scott, sê die agentskap is nie in ‘n posisie om besonderhede te bespreek nie, as gevolg van ‘n vertroulikheidsooreenkoms tussen werkgewer en werknemer. Die skorsing volg ná berigte die […]

Read More

GIPF: eis so begrafnisvoordele - July 9, 2021

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds het sy lede daaraan herinner dat eise vir begrafnisvoordele as ‘n nooddiens beskou word. Eise kan of self of per koerier ingedien word maar moet vergesel word met die volgende gesertifiseerde dokumente: doodsertifikaat, oorsaak van dood, ID van die oorledene, huweliksertifikaat indien nodig, en ‘n bevestiging van die bank rekening nommer. Eise […]

Read More

How to locate the Ideal Western european Wife - July 9, 2021

If you have decide to marry a ecu woman, then you certainly have probably arrive to the proper place. These females are gorgeous and toned, have green or green eyes, and speak a similar dialect as you do. It is also conceivable to find a Western european woman who addresses your local language. Not necessarily […]

Read More

‘Sluipmoord op President van Haïti ongehoord’ - July 8, 2021

Die sluipmoord op die President van Haïti, Jovenel Moïse, het die Karibiese nasie geskok. Die 53-jarige Moïse is doodgeskiet en sy vrou, Martine, ernstig beseer toe gewapende mans gister hul huis in Port-au-Prince binne gestorm het. Die polisie in Haïti het vier verdagtes doodgeskiet wat met die sluipmoord op president verbind word. Nóg twee is […]

Read More

Wes-Kaapse plaasgemeenskap kan ingeënt word - July 8, 2021

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid in die Theewaterskloof-gebied het uitgevind dat ‘n groot deel van die plaasgemeenskap in die gebied vir inenting kwalifiseer. Die departement het plaaseienaars gekontak en ‘n forum gestig. Agri Wes-Kaap se uitvoerende hoof, Jannie Strydom, sê hulle is dankbaar dat die plaaslike gesondheidspan nou al meer as 500 mense in die […]

Read More

Namibiese gesondheidsministerie: 578 mense het van Covid herstel - July 8, 2021

Tydens die Namibiese gesondheidsministerie se aankondiging van die jongste Covid-verslag het die adjunkminister, dr. Esther Muinjangue, gesê ondanks die 23 328 aktiewe Covid-gevalle is daar 578 mense wat herstel het. Muinjangue is aan die woord.

Read More

WGO waarsku oor groot sportbyeenkomste - July 8, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het lande waar mense nou in groot getallle by sportbyeenkomste saamdrom, en nie meer maskers dra nie, gewaarsku om nie te vinnig selfvoldaan te raak nie. Die organisasie sê dis veral in Europese-lande waar Covid-infeksies oor die volgende paar weke drasties sal toeneem. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, doen verslag.

Read More

Okahandja Community Covid Support Group skenk suurstofmasjiene - July 8, 2021

Die Okahandja Community Covid Support Group is ‘n groep toegewyde inwoners wat die gemeenskap in die Covid-pandemie bystaan. Die groep het 25 suurstofmasjiene beskikbaar gestel en ry dit aan na hospitale, private praktyke en individue. ‘n Lid van die ondersteuningsgroep, Hardus Maritz, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is ‘n gewldige suurstofnood op Okahandja. […]

Read More