Dundee Precious Metals skenk mediese suurstof - July 8, 2021
Dundee Precious Metals Tsumeb het mediese suurstof ter waarde van ‘n halfmiljoen Namibiese dollar geskenk. Sowat N$130 000 hiervan is aan die Tsumeb-distrikshospitaal geskenk en die res aan die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid deur die Namibiese Kamer van Mynwese.
Carl Niehaus in hegtenis geneem - July 8, 2021
Carl Niehaus wat Woensdag voorlopig as ANC-lid geskors is, is vandag buite die Estcourt korrektiewe sentrum in hegtenis geneem terwyl hy die media toegespreek het. Hy en ander het nie toestemming gehad om buite die tronk te vergader nie, berig Suid-Afrikaanse media.
Kamera-geheuekaart van Zuma gesteel - July 8, 2021
‘n Strafregtelike saak is geopen na die diefstal van ‘n kamera se geheuekaart met foto’s van die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma wat by ‘n gevangenis in KwaZulu-Natal opgeneem word. Korrektiewe Dienste sê die beeldmateriaal is gesteel van die kamera van die amptenaar wat opdrag gekry het om foto’s te neem vir liasserings-doeleindes. Die polisie én […]
Arbeidsonrus kan weens erge ekonomiese druk kom - July 8, 2021
Volgens arbeidskenners gaan vanjaar toenemende arbeidspanning en onrus sien weens die erge ekonomiese druk wat Namibië tans ervaar. Tydens die vorige jarige het werknemers bevorders, bonusse en so meer ontvang. Hierdie jaar sal dit egter nie dieselfde wees nie, maar meer afleggins sal eerder gesien word. Namibiese arbeidskenner Herbert Jauch verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Analiste hoopvol piek van derde vlaag bereik is - July 8, 2021
Volgens ‘n ekonoom by High Economic Intelligence in Windhoek, Robert McGregor, het nuwe Covid-gevalle in Namibië met 21 persent die afgelope week teenoor verlede week gedaal. Hy sê die aantal pasiënte wat vandeesweek herstel is 30 persent hoër as verlede week. Ander analiste is ook versigtig optimisties dat die derde vlaag se piek reeds bereik […]
Shangula bedank Duitsland vir mediese vooraad - July 8, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het die Duitsland bedank vir die mediese voorraad wat vandag met die Antanov AN-225-vliegtuig op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aangekom het. Ditt sluit 300 000 jurke, 60 beddens, 40 000 kitstoetse, 20 000 veiligheidsbrille en 500 000 maskers in. Francois Lottering is op die lughawe en doen verslag […]
Covid-19: 70 sterfgevalle in 12 distrikte - July 8, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 70 sterfgevalle in 12 distrikte aangekondig, asook 1 193 nuwe Covid-gevalle uit 2 856 resultate. In die groep is 125 leerders, 12 onderwysers en sewe elk studente en gesondheidswerkers. Daar is nou 23 328 aktiewe gevalle, waarvan 554 in hospitale en 105 in intensiewesorgeenhede is. Van al die bevestigde gevalle het […]
Toyota stig Ondernemingsklimaatfonds - July 8, 2021
Die voertuigvervaardiger, Toyota, sê hy is besig met grootskaalse pogings om sy doel van koolstofneutraliteit te bereik. As deel van hierdie pogings, het die maatskappy ‘n wêreldwye beleggingstrust, die Toyota Ondernemingsklimaatfonds gestig. Die maatskappy se hoof produksie-beampte, Masamichi Okada, sê hulle beoog om die maatskappy se fabrieke regoor die wêreld teen 2035 koolstofneutraal te hê […]
Stad Windhoek verhoog bustariewe - July 8, 2021
Stad Windhoek het ‘n verhoging in bustariewe vanaf 12 Julie aangekondig. Smart-kaarttariewe styg van sewe Namibiese dollar tot sewe dollar vyftig sent en kontanttariewe styg van agt Namibiese dollar tot agt dollar vyftig sent.
Geen konflik verwag met aanstelling van nuwe hoofmanne nie - July 8, 2021
Namibië verloor tans hoofmanne van verskeie tradisionele owerhede en nuwe hoofmanne sal op die regte tyd aangewys word. Kosmos 94.1 Nuus het aan Graham Hopwood, direkteur van die Insitituut van Openbare Beleidsnavorsing gevra of binnegevegte verwag kan word met die aanstelling van nuwe hoofmanne vir die verskillende tradisionele owerhede. Hopwood voorsien nie enige konfilk nie.