Parlement toe, wetgewing sloer - July 8, 2021
Die Namibiese parlement bly weens die Covid-pandemie en ander redes die datum uitstel wanneer hulle weer hul sittings gaan hervat. Daar is verskeie wetsontwerpe soos die inligtingswetsontwerp, dierebeskerming ensovoorts wat vertraag word. Volgens Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum sê daar sal vir volgende jaar gewag moet word. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus […]
Kenner sê SAPD se magsvertoon by Nkandla was nie tevergeefs - July 8, 2021
Die Suid-Afrikaanse polisiediens het gister ‘n reuse-operasie van stapel gestuur vir oudpresident Jacob Zuma se inhegtenisneming om sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof te begin uitdien. Die polisie was volgens berigte voorbereid op enigiets, maar Zuma het homself uiteindelik sonder slag of stoot oorgegee. Baie mense het gewonder of so ‘n […]
Begrafnisondernemers in Wes-Kaap moet genoeg doodskiste bestel - July 8, 2021
Die Undertakers United Front in die Wes-Kaap sê hy het voorsiening gemaak dat die provinsie genoeg doodskiste beskikbaar sal hê tydens die derde Covid-vlaag wat die provinsie tans teister. Hy sê meer kiste is bestel en sal na verwagting volgende week ontvang word. Die organisasie het klein begrafnisondernemers aangeraai om seker te maak hulle het […]
SAPD-lede se inenting verloop goed - July 8, 2021
Die Suid-Afrikaanse polisiediens het 3 500 polisielede en ondersteuningspersoneel by die Orlando-stadion in Soweto en die SAPD se Tshwane-akademie vrywillig laat inent op die derde dag van die nasionale Covid-inentingsprogram. Die provinsiale veldtog het vandag in sewe provinsies afgeskop en duur tot die eerste week van volgende maand. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die meeste […]
WGO bekommerd oor verslapping van Covid-maatreëls - July 8, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het sy kommer uitgespreek oor lande wat Covid-inperkings wil verslap of totaal en al wegdoen mee. Engeland wil feitlik al sy beperkings teen 19 Julie ophef. Mike Ryan van die WGO bestempel die idee dat mense liewer vroeër as later die Covid-19-virus moet opdoen, as epidemiologiese dwaasheid:
Zuma-uitspraak in hooggeregshof kan sy tronkstraf beïnvloed - July 8, 2021
Die uitspraak môre in die hooggeregshof in Pietermaritzburg rakende Jacob Zuma se aansoek om sy inhegtenisneming tersyde te stel, kan ‘n uitwerking op sy gevangenisstraf hê. Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, sê niemand weet wat môre se uitspraak sal wees nie, maar die departement is gereed daarvoor. Zuma sal ook in […]
Rekordbedrag van Leonardo da Vinci-skets verwag - July 8, 2021
‘n Nuwe rekordbedrag vir ‘n tekening deur Leonardo da Vinci word vandag verwag wanneer ‘n sketsie van ‘n beer se kop by ‘n veiling van Christie’s in Londen onder die hamer kom. Die skets sal na verwagting byna 238 miljoen Namibiese dollar haal. Die Beer se Kop is net sewe by sewe sentimeter groot en […]
Private sektor skenk groot om Covid te takel - July 8, 2021
Die private sektor het hande gevat om die Covid-krisis te takel. Agra, Woermann Brock in die binneland en langs die kus, in samewerking met Elite Star Trading Africa, het kragte saamgesnoer om die inisiatief Breathe Namibia te stig. Breathe Namibia het 150 suurstofkonsentreerders ter waarde van 2,5 miljoen Namibiese dollar geskenk om gemeenskappe te ondersteun. […]
Lugreus Antanov AN-225 land op Hosea Kutako met noodvoorraad - July 8, 2021
Die Antonov AN-225-vliegtuig het pas op die Internasional Lughawe Hosea Kutako geland. Die reuse-vliegtuig bring mediese voorraad en ander skenkings vanaf Duitsland as deel van hul bystand aan Namibië tydens die pandemie. Die vlug het gister vanaf Leipzig in Duitsland vertrek en eers op Accra in Ghana en daarna in die Angolese hoofstad, Luanda, geland. […]
Antonov word binnekort verwag - July 8, 2021
‘n Antonov An225-vliegtuig word enige oomblik verwag op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe met mediese voorraad en ander skenkings as deel van Duitsland se bystand aan Namibië tydens die pandemie. Die vlug het gister vanaf Leipzig in Duitsland vertrek. Francois Lottering is by die lughawe.