Vreemde reënval in September - October 17, 2025
Volgens die jongste klimaatbulletin het vreemde reënval in September vanjaar voorgekom in sommige gebiede in die noorde, en intense reën in die suide. Aroab in die Karas-streek het 83,6mm binne 24 uur gekry, byna die helfte van sy jaarlikse reënval. Dit is ‘n nuwe rekord vir September in die afgelope 112 jaar. La Niňa het […]
Mchunu sê hy’t eers onlangs van taakspan vir politieke moorde gehoor - October 17, 2025
Die polisieminister, Senzo Mchunu, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê dat hy het eers bewus geraak van die besonderhede rondom die taakspan vir politieke moorde nadat hy verlede jaar sy ampstermyn begin het. Mchunu het aan die komitee wat korrupsie in die strafregstelsel ondersoek, gesê dat hy teen die einde van verlede jaar […]
Drie dood na stormloop by Odinga-roudiens - October 17, 2025
Die polisie in Kenia het geweerskote en traangas afgevuur op ‘n groot skare rouklaers in ‘n stadion in Nairobi waar hulle gewag het om die liggaam van die voormalige premier Raila Odinga te sien. Drie mense is dood toe veiligheidsbeamptes probeer het om die groeiende skare uiteen te jaag. Later kon hoogwaardigheidsbekleërs en staatsamptenare, insluitend […]
Trump en Putin sal vergader, na telefoongesprek - October 17, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het Donderdagaand op sy Truth Social sosiale media-platform geskryf dat hy ‘n telefoongesprek met Russiese president Vladimir Putin gehad het, en dat hulle in Hongarye sal ontmoet vir meer samesprekings oor die beëindiging van die oorlog in Oekraïne. Die gesprek was voordat die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky Trump vandag besoek. Die […]
257 huise in Karibib kry elektrisiteit - October 16, 2025
Die elektrifisering van 257 huise in Karibib is vandag deur die adjunk-eerste minister en energieminister Natangue Ithete ingehuldig. Hy het by die seremonie gesê 133 huise het krag gekry onder die diensvlakooreenkoms tussen sy ministerie en ErongoRED, terwyl kragvoorsiening aan 124 huishoudings deur die Navachab-myn gefinansier is in samewerking met die Karibib-dorpsraad. Hy het gesê […]
Omusati-streek assesseer weiding-, ander skade na Etosha-brand - October 16, 2025
Wydverspreide veldbrande wat onlangs weivelde in die Otamanzi-kiesafdeling van die Omusati-streek verwoes het, is onder beheer gebring, maar plaaslike veeboere staar nou ‘n ernstige weidingskrisis in die gesig. Die brand, wat van Etosha Nasionale Park na dele van die Omusati- en Oshana-streke versprei het, het groot stukke weiveld vernietig en verskeie heinings beskadig. Kosmos 94.1 […]
SA-China steenvrugte-handelsprotokol ‘deurbraak vir landbou’ - October 16, 2025
Die DA verwelkom die ondertekening van ʼn belangrike steenvrugte-handelsprotokol tussen Suid-Afrika en China en sê dis ʼn deurbraak vir die landbousektor. Die ooreenkoms maak die Chinese mark toeganklik vir vyf soorte Suid-Afrikaanse steenvrugte, naamlik appelkose, perskes, nektariens, pruime en pruimedante. Willie Aucamp van die DA sê oop deure na Asië en ander streke met groot […]
George Ford sê nee vir R360, wil vir Engeland speel - October 16, 2025
Rugby: Die Engelse losskakel George Ford het onthul dat hy ‘n aanloklike aanbod van die nuwe wegbreekkompetisie, R360, van die hand gewys het om steeds vir sy land te kan speel. Hy het sy kontrak met Sale Sharks met nog drie jaar verleng. Engeland se rugby-unie het vroeër gewaarsku dat spelers wat by R360 aansluit, […]
Namibies-Duitse ‘People of Song’ se wêreldpremière by NTN - October 16, 2025
Vrydag en Saterdag sal die Nasionale Teater van Namibië die wêreldpremière van die Namibies-Duitse musiekteaterproduksie, People of Song, aanbied. Die produksie, wat ook deel vorm van die 25ste herdenking van die tweelingverbond van Windhoek en Berlyn, beoog om die verhaal van koloniale geskiedenis te vertel deur ‘n storie wat stemme van beide lande saamsmelt. Na […]
Jong stoeiers bring 22 medaljes huis toe, 7 goud - October 16, 2025
Die Namibiese Stoeivereniging se jeugspan het ‘n merkwaardige prestasie by die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe behaal. Die span het bestaan uit 16 seuns en drie meisies tussen die ouderdomme van agt en 15, en het na drie dae van intense kompetisie ‘n totaal van 22 medaljes huis toe gebring. Sewe daarvan was goud, ses was silwer […]