Agoa sal aandag geniet in Washington - May 20, 2025

Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa sien uit na ʼn suksesvolle vergadering môre met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, wat daarop gemik is om die verhouding tussen die twee lande te herstel. Die president het in Washington DC aangekom. Hy word vergesel van vier ministers, Ronald Lamola, Khumbudzo Ntshavheni, John Steenhuisen, Parks Tau, en die […]

Read More

Minstens 58 lyke in Tripoli-hospitaal na geweld gevind - May 20, 2025

Ten minste 58 ongeïdentifiseerde lyke is in die Abu Salim-hospitaal in Tripoli, wat onder beheer was van ‘n milisie wie se leier verlede week vermoor is, gevind. Foto’s van lyke met nommers en gesensorde gesigte is deur die gesondheidsministerie gedeel, wat oorskot in verskillende stadiums van ontbinding toon. Sommige van die oorskot is verbrand. ‘n Ondersoek […]

Read More

Finland help Oekraïne met wapens gekoop met gevriesde Russiese bates - May 20, 2025

Finland sal 90 miljoen euro, of 1,8 miljard Namibiese dollar, se ammunisie aan die Oekraïne verskaf deur die opbrengs van Russiese finansiële bates te gebruik wat deur die Europese Unie gevries is na Moskou se volskaalse inval in 2022. Die EU het beraam dat 210 miljard euro van die ongeveer 266 miljard euro se gevriesde […]

Read More

Jannie Nel, pa van die wêreld se sterkste man, Rayno, gesels met Kosmos 94.1 - May 20, 2025

Vir die eerste keer in die geskiedenis behoort die titel van die Wêreld se Sterkste Man aan Afrika. Rayno Nel, ’n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat ‘n sterkman geword het, het die 2025-kompetisie in Sacramento, Kalifornië, met sy debuut gewen. Dit is die eerste nuweling sedert 1997 wat die titel verower, asook die eerste wenner van […]

Read More

Nuwe redery: 16 maatskappye stel belang om betrokke te raak - May 20, 2025

Sestien Namibiese ondernemings het belangstelling uitgespreek om by te dra tot die vestiging van ‘n nuwe nasionale lugdiens. Dit is bevestig deur Julius Ngweda, woordvoerder van die vervoerministerie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat ‘n gespesialiseerde tegniese komitee aangestel is om toesig te hou oor die proses.

Read More

Nida maak groot beloftes oor 35 000 nuwe poste - May 20, 2025

Die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, wil 35 000 werksgeleenthede in die volgende vyf jaar skep, deur middel van sy nuwe strategiese besighedisplan wat duur tot 2030 en sy Volhoubare Besigheidsmodel. Nida se aankondiging kom ten spyte van sy talle mislukkings soos die gesukkel by die Naute Dadelprojek waar krag rekenings nie betaal word nie. Onlangs […]

Read More

Mike Bolhuis betrek in soektog na renosterstropers - May 20, 2025

‘n Reuse-beloning van 170 000 Namibiese dollar na die stroop van ‘n renosterkoei in die Suide verlede week, is aangebied. Haar kalf is eers twee dae later gevind maar sterk goed aan. Intussen is die bekende privaatondersoeker van die buurland Mike Bolhuis by die misdaadondersoek betrek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Franse polisie kom per abuis af op Jim Morrison se vermiste borsbeeld - May 20, 2025

Die Franse polisie het per toeval die lang-verlore borsbeeld van die Amerikaanse sanger Jim Morrison opgespoor, 37-jaar nadat dit van die graf van die ikoniese hoofsanger van The Doors gesteel is. Die beeld, wat sedert 1988 vermis was, is ontdek tydens ’n deursoeking wat verband hou met ’n bedrogsaak onder leiding van die Paryse openbare […]

Read More

Ouers soek aantwoorde na Delta-aansoeke in 7 minute gesluit het - May 20, 2025

Ouers is woedend nadat Delta DSW se graad 0-aansoekportaal net sewe minute ná opening gesluit het, wat daartoe gelei het dat baie ouers nie hul kinders kon registreer nie. Daar was 100 plekke beskikbaar. Die vinnige sluiting het vrae laat ontstaan oor billikheid en deursigtigheid, en ouers eis nou antwoorde van die skool en die […]

Read More

Suikerbedryf bly oor nuwe konsepregulasies - May 20, 2025

Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging verwelkom die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging se voorgestelde konsepregulasies wat kan help om die lewensbestaan van meer as 1 miljoen mense te beskerm. Die nuwe regulasies sal kleinhandelaars en voedselprodusente toelaat om regstreeks met suikerrietkwekers te onderhandel en voorkeur gee aan aankope van Suid-Afrikaanse suiker in plaas van invoere. Die […]

Read More