Zuma-saak: Uitspraak eers Vrydag - July 6, 2021

Uitspraak is voorbehou in die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma se aansoek om sy inhegtenisneming te voorkom. Uitspraak word Vrydagoggend om half-twaalf gelewer. Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Zuma se aansoek aangehoor om die lasbrief vir sy inhegtenisneming op te skort nadat hy in die Konstitusionele Hof tot 15 maande tronkstraf gevonnis is vir minagting van […]

Read More

Kaapstad kry massa-inentingskliniek - July 6, 2021

Die Wes-Kaap sal môre sy eerste massa-inentingskliniek in die Moederstad open. Die kliniek by die Kaapstad Internasionale Konvensie Sentrum sal een van ten minste drie massa-inentingssentrums wees. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.

Read More

Guptas nie meer op Interpol se rooilys - July 6, 2021

Die Nasionale Vervolgingsgesag het gister se aankondiging dat Interpol rooi kennisgewings uitgereik het vir die Gupta-broers, Atul en Rajesj, en hulle vroue teruggetrek. Hulle word in Suid-Afrika gesoek op aanklagte van bedrog en geldwassery. Die NVG-woordvoerder Sindisiwe Seboka sê die internasionale liggaam moet voorleggings van hierdie aard teen Interpol-vereistes meet voordat besluit kan word om […]

Read More

Gauteng betaal Microsoft in Amerikaanse dollar in plaas van rand - July 6, 2021

Die DA in Gauteng sê die provinsiale tesourie het byna 6,8 miljoen rand van belastingbetalers se geld weens nalatigheid verloor. Die departement het verkeerdelik 20,9 miljoen Amerikaanse dollar in plaas van 20,9 miljoen rand aan Microsoft-fooie betaal. Die grootste deel van die verskil van 318 miljoen rand is terugbetaal, maar weens wisselkoersverskille het die departement […]

Read More

Blou Bulle se wedstryd teen Britse en Ierse Leeus in gedrang - July 6, 2021

Die Blou Bulle se wedstryd Saterdag teen die Britse en Ierse Leeus is in gedrang na talle Bulle vandag glo positief vir Covid getoets is net voor hulle in ‘n bio-borrel sou bly tot die kragmeting. Die spelers is in self-isolasie.

Read More

Sommige Namibiese privaatskole het tot 4 Augustus wintervakansie - July 6, 2021

Privaatskole wat die Namibiese kurrikulum volg, sal ook die onderwysministerie se skoolkalender volg met pre-primêre skole wat aangesig-tot-aangesig-onderrig eers op 4 Augustus sal hervat. Eksterne eksamens vir graad 11, 12 en AS-vlakke sal op 15 November begin en tot 17 Desember duur.

Read More

Okahandja-gemeenskap staan by hul inwoners - July 6, 2021

Die Okahandja Community Covid Support-groep ondersteun inwoners van die dorp in hierdie die moeilike tyd van die Covid-pandemie. Die groep het hulself georganiseer om mede-inwoners van die dorp te help wat hulself in nood bevind. Hulle help ook dokters en hospitale met kos en ander benodigdhede. Hulle het ‘n suurstofmasjien gekoop wat al sedert Saterdag […]

Read More

SA navorsingspan deel van hoe dinosaurusse ontwikkel het - July 6, 2021

‘n Internasionale span wetenskaplikes het kragtige X-strale gebruik om te wys hoe ‘n uitgestorwe Suid-Afrikaanse dinosourus, Heterodontosaurus tucki, asemgehaal het. Die studie is vandag in elife gepubliseer. Wetenskaplikes van Wits-universiteit het na die Europese sinkroton-stralingsfasiliteit in Grenoble, Frankryk, gereis om die volledige skelet van ‘n klein plant-etende dinosourus te skandeer. Die geraamte van die dier […]

Read More

SA Presidentsie bestudeer verslag oor Digital Vibes - July 6, 2021

Die Suid-Afrikaanse Presidensie bestudeer tans die finale verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na ‘n kontrak tussen die departement van gesondheid en ‘n diensverskaffer, Digital Vibes. Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, is met spesiale verlof nadat hy by die ooreenkoms betrek is. Die Presidensie sê hy sal die publiek op hoogte van verwikkelinge […]

Read More

Bankiers-vereniging van Namibië veg ook teen pandemie - July 6, 2021

Die Bankiers-vereniging van Namibië het 2,3 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese gesondheidsministerie geskenk om die Covid-pandemie te beveg. Die voorsitter van die vereniging, Martha Murorua, het gesê hierdie skenking sal in die aanvraag van suurstof vir staatshospitale voorsien en lewens red.

Read More