Zuma se regspan sê hy kan nie tronk toe sonder verhoor - July 6, 2021
Oudpresident Jacob Zuma se regspan sê hy behoort nie sonder verhoor tronk toe te gaan nie. Die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, hoor tans Zuma se appèl aan vir die opskorting van die lasbrief vir inhegtenisneming teen hom. Hy vra die hof om die Konstitusionele Hof se bevel dat hy môre moet tronk toe gaan, te […]
Oekraïne: Soldoedies moet in hoë hakke marsjeer - July 6, 2021
In die Oekraïne noem plaaslike wetgewerlede dié land se ministerie van verdediging se besluit dat vroulike soldate in hoë hakke moet marsjeer as strydig met soldate se gevegsvermoë. Die soldate het hulle stewels vir hakke verruil terwyl hulle elke dag oefen vir volgende maand se parade om die 30ste herdenking van onafhanklikheid van die Sowjet-Unie […]
Namibiese uitvoere daal sterk - July 6, 2021
Namibië het goedere ter waarde van 5,4 miljard Namibiese dollar in Mei uitgevoer. Dit is ‘n afname van 5,8 miljard Namibiese dollar of 51,6 persent, in vergelyking met die 11,2 miljard Namibiese dollar die vorige maand. As dit met Mei 2020 se 7,4 miljard Namibiese dollar vergelyk word, het uitvoere met 26,5 persent geval.
Covid: 28 sterfgevalle, 1 435 nuwe gevalle aangekondig - July 6, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 28 sterfgevalle en 1 435 nuwe COVID-gevalle uit 3 939 toetsuitslae aangekondig. In die groep is 216 leerders, 50 gesondheidswerkers, 28 onderwysers en 17 studente. Daar is nou 25 303 aktiewe gevalle met 506 mense in hospitale en 103 in intensiewesorgeenhede.
Oekraïne: Vroulike soldate marsjeer in hoë hakke - July 6, 2021
In die Oekraïne noem plaaslike wetgewerlede dié land se ministerie van verdediging se besluit dat vroulike soldate in hoë hakke moet marsjeer as strydig met soldate se gevegsvermoë. Die soldate het hulle stewels vir hakke verruil terwyl hulle elke dag oefen vir volgende maand se parade om die 30ste herdenking van onafhanklikheid van die Sowjet-Unie […]
SA navorsingspan deel van hoe dinosaurusse ontwikkel het - July 6, 2021
‘n Internasionale span wetenskaplikes het kragtige X-strale gebruik om te wys hoe ‘n uitgestorwe Suid-Afrikaanse dinosourus, Heterodontosaurus tucki, asemgehaal het. Die studie is vandag in elife gepubliseer. Wetenskaplikes van Wits-universiteit het na die Europese sinkroton-stralingsfasiliteit in Grenoble, Frankryk, gereis om die volledige skelet van ‘n klein plant-etende dinosourus te skandeer. Die geraamte van die dier […]
Swak padinfrastruktuur knou landbousektor - July 6, 2021
Met die goeie reënval wat Namibië vanjaar ontvang is, sal die oes van landbouproukte goed wees. Ondanks goeie oeste wat voorspel word, wat sou die landboubedryf laat struikel om produkte in en uit voer? Afrika se swak padinfrastruktuur belemmer onder meer die graanuitvoerbedryf. Ian Collard, uitvoerende hoof van Namib Mills, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus […]
SA mieliepryse styg - July 6, 2021
Suid-Afrika se mieliepryse is vanjaar hoër as die vorige jaar. Volgens die Suid-Afrikaanse oesskattingskomitee se voorspelling word die hoër vlakke toegeskryf aan ‘n wêreldwye skerp styging in mieliepryse en nie plaaslike tekorte nie. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse landbou-sakekamer, Wandile Sihlobo, sê die mieliepryse is op uitvoer-gelykheidsvlakke terwyl die land sy tweede grootste graanoes op […]
Talent Factory – jy kan nog tot 16 Julie aansoek doen - July 6, 2021
Die Multichoice Talent Factory doen jaar na jaar ‘n beroep op Namibiërs wat ‘n loopbaan in die filmbedryf wil volg, om in te skryf vir ‘n beursprogram. Inskrywings het amptelik op 1 Junie 2021 geopen en is nou verleng tot 16 Julie vir belangstellendes om hul aanlyn-aansoeke in te dien. Die bestuurder van korporatiewe sake […]
Zuma-aansoek: van die partye hoort nie hier nie - July 6, 2021
Oudpresident Jacob Zuma se advokaat, Dali Mpofu sê die staatskapingskommissie en die Helen Suzman-stigting het geen reg om deel te wees van sy kliënt se aansoek vir ‘n interdik van die bevel van die Konsitusionele Hof. Die hof het beslis hy moet vandag gearresteer word. Sy aansoek word op die oomblik aangehoor in die hof […]